Page 1 of 1
Meeste jakkalse per aand
Posted: Mon Jan 21, 2019 8:23 pm
by Eduard Venter
Naand aan al die jakkals jagters. Ek het gedink dit sal interessant wees as almal hulle meeste jakkalse en rooikatte per aand opsit. Foto's en stories is natuurlik ook welkom. Selfs die manne met minder roep ondervinding kan ook gerus deelneem.
My meeste is maar 'n skamele 4 op 'n aand (2 keer). Ek skiet wel meeste van die tyd my eie jakkalse wat vir my skade maak en ek is bly vir elke probleembier wat bakkie ry.
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Mon Jan 21, 2019 9:16 pm
by Cobus(Cobb)

, weetnie hoeveel manne gaan antwoord nie....seker maar the usual bunch...
myne nou nie veel nie, maar ek was tweekeer gelukkig met 12, eerste keer was al 12 volwasse, tussen 1 en 4 jaar oud
tweede keer was paar volwassenes en klomp kleintjies wat al lekker rondhol......was ook n reenerige aand in Januarie as ek reg onthou.
Cheers
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Mon Jan 21, 2019 10:14 pm
by naas222
Cobus... jy sê gelukkig om 12 te kry.. dis nie geluk nie.. jy doen dit reg.
Myne is 7...
6 jonges op een stand binne 9 min.. ekt net 4 patroontjies in die magesyn gehad die res voor in bakkie.. nogal n geskarrel as jy oëgies sien kom en die koele is klaar.. laater n oue op n ander staanplek.
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 7:49 am
by NicoSmit
5 waarvan ek net 3 kon kry Die boer het die ander 2 die volgende dag opgetel omtrent 20 tree van waar ek hulle raak geskiet het
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 7:52 am
by Geno
My meeste is 40 jakkalse in 'n aand nou Desember. Voor dit was 27.
Daar is manne wat ek van weet wat 49 geskiet het (Foxhound en Arno Pienaar) en 65 (Francois Marais). Ek dink Francois het in 10 dae iets soos 310 jakkalse geskiet een slag.
https://i.imgur.com/90H1avH.jpg
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 7:54 am
by Joe13
Goeie bl!ks3m Geno. Dit is woes
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 7:58 am
by NicoSmit
Geno wrote:My meeste is 40 jakkalse in 'n aand nou Desember. Voor dit was 27.
Daar is manne wat ek van weet wat 49 geskiet het (Foxhound en Arno Pienaar) en 65 (Francois Marais). Ek dink Francois het in 10 dae iets soos 310 jakkalse geskiet een slag.
https://i.imgur.com/90H1avH.jpg
Ek sal nie so baie kan skiet nie ek het nie eers soveel rondtes nie As ek oot so gelukkig kan wees sal ek op 'n stadium moet afspring en hulle begin dood d@@der met die wheel spanner
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 8:11 am
by Eduard Venter
NicoSmit wrote:Ek sal nie so baie kan skiet nie ek het nie eers soveel rondtes nie As ek oot so gelukkig kan wees sal ek op 'n stadium moet afspring en hulle begin dood d@@der met die wheel spanner
Haha ek het al met 'n sekelbos stomp agter 'n gekweste jakkals aangehardloop nadat my rondtes op geraak het. Nodeloos om te sê dit het nie gewerk nie en gelukkig het ek hom weer gekry later die aand na ek weer ammunisie gaan haal het.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 8:13 am
by Eduard Venter
Geno wrote:My meeste is 40 jakkalse in 'n aand nou Desember. Voor dit was 27.
Daar is manne wat ek van weet wat 49 geskiet het (Foxhound en Arno Pienaar) en 65 (Francois Marais). Ek dink Francois het in 10 dae iets soos 310 jakkalse geskiet een slag.
https://i.imgur.com/90H1avH.jpg
Dit is erg baie jakkalse Geno. Julle manne mag maar! Net vir interessantheid, hoeveel rondtes vat jy saam op 'n aand?
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 8:14 am
by Geno
Ek vat 2 roere saam met elk minstens 100rds as ek vir 4 nagte of so gaan jag in die Transvaal.
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 8:26 am
by cassie_calvinia
Geno wrote:Ek vat 2 roere saam met elk minstens 100rds as ek vir 4 nagte of so gaan jag in die Transvaal.
Daai is geoeg vir maande in die karoo.
ek het 14 op een aand.
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 1:31 pm
by James Wilson
As ek reg onthou het ek op 11 Januarie 2011, 11 jakkalse geskiet. Dit is maar hoe ek dit onthou.
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 1:44 pm
by Eduard Venter
Ek dink nou daaraan, dit sal nogal interessant wees as almal die omgewing ook bysit waar hulle hul besigste aand gehad het. Ek skiet maar amper al my jakkalse in Dwaalboom en dis waar ek my meeste geskiet het ook.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 1:47 pm
by Danie01
Myne was maar 5 in een aand.
Ek moet bysê dat ek net in die karoo of kom ons sê kleinvee areas jag, wat ek glo die jakkalse per hektaar aansienlik minder is as daar waar jakkalse nie beheer word nie.
As daar 40 jakkalse op 1 aand op ons plaas geskiet word, glo ek my pa sal sy tassies pak, hehe.
Geno, hoe merk jy so klomp jakkalse vir die optel slag? Dit skiet en als moet kophou wees, welgedaan. Sal self daarvan hou om so aand te beleef, net nie op ons plaas nie,hehe.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Jan 22, 2019 8:10 pm
by BeesBreet
15 Jakkalse Mei 2018, voor dit was dit 14 Jakkalse April 2017 en voor dit 12 Jakkalse en een kat in April 2017
Alles natal middelande
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Mon Jan 28, 2019 7:53 am
by Hackerman
Myne is 11 Jakke en net na dit 10 jakke tot 23:30 en toe breek my stoel ek is seker as dit nie gebeur het en n paar ander simpel foute wat ek gemaak het nie sou dit baie meer gewees het,maar dit is alles te danke aan geduld en ure ini veld en die regte inligting van die regte mense wat my help met baie goeie raad!!
Vrystaat en Noordwes
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Sat Feb 09, 2019 8:02 pm
by Henrie_270
Een aand 9 in Maartmaand geskiet op n wildsplaas in Merweville distrik. Het hul eers 2-uur die oggend opgespoor as dit vroeer was het daar meer geval.
Meeste groot jakkalse was 6 in Julie in die Moordenaarskaroo.
Groete
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Tue Feb 12, 2019 11:55 pm
by HunterB
IMG_20190212_234758.jpg
Naand almal,
So ek het gisteraand en vanand my meeste gekry, nie self geskiet nie maar ek en vriend het gaan soek.
Eerste aand 8 geskiet, 7 soos op foto en nog een oppad huistoe.
IMG_20190212_235209.jpg
IMG_20190212_234856.jpg
Vanand weer gegaan en 10 geskiet.
Is in Frankfort omgewing geskiet
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Wed Feb 13, 2019 8:05 pm
by Cobus(Cobb)
HunterB wrote:IMG_20190212_234758.jpg
Naand almal,
So ek het gisteraand en vanand my meeste gekry, nie self geskiet nie maar ek en vriend het gaan soek.
Eerste aand 8 geskiet, 7 soos op foto en nog een oppad huistoe.
IMG_20190212_235209.jpg
IMG_20190212_234856.jpg
Vanand weer gegaan en 10 geskiet.
Is in Frankfort omgewing geskiet
Frankfort??Vrystaat????...10????
goeie genade

Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Sat Oct 19, 2019 4:37 pm
by Leatherhead
Blikslim maar ek wil nie boer daar by julle wereld waar so baie in n aand geskiet is. Ek gaan uit slegs as ek spore op die plaas kry wat toe is met krag blokke, en die routiene is dat die drade eers toe gepak is (varke) voor ek uitgaan. Kaanse is jakkie het die gaat gevat al, en om n lee kamp te roep het ek meer keer as nie gedoen. Baie frustreerend! Die paar keer wat ek buite by ver plekke geroep het (Komga) was daar so baie jakkies dat hulle nie eers hulle gesteur aan die nieweling tussen hulle, en die boer het kallers gehad wat le, so kos het ook nie gewerk nie. Gras was ook hoog genoeg om Beeste weg te steek. My x buurman het goed gedoen met Reservaat langsaan, maar ek kon nie saam nie, want hulle wou dit nie publiek maak nie. Dit was voor "Sylvester"
Ek geniet maar die "challenge" van jakkies wat deur bure geleer is met slegte gewoontes, en wat tot twee jaar gevat het om bakkie te ry. Die geval was dit middag al en het hom in n gaat met 3 jak russels uit gehaal. So wat ek wil se is die omgewing en opleiding wat jakkie kry is n groot faktoor as jy wil begin tel. enige iemand kan teiken skiet op n skietbaan. Een man se jakkals is n ander man se tien.
dit gese...... roei hulle pappie! Daar is nie n mooier photo as een met rye vlekkies en n man met n glimlag. Julle doen meer vir die ekonomie van die land as al die ministers saam.
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Sat Oct 19, 2019 10:52 pm
by BeesBreet
Leatherhead wrote:Blikslim maar ek wil nie boer daar by julle wereld waar so baie in n aand geskiet is. Ek gaan uit slegs as ek spore op die plaas kry wat toe is met krag blokke, en die routiene is dat die drade eers toe gepak is (varke) voor ek uitgaan. Kaanse is jakkie het die gaat gevat al, en om n lee kamp te roep het ek meer keer as nie gedoen. Baie frustreerend! Die paar keer wat ek buite by ver plekke geroep het (Komga) was daar so baie jakkies dat hulle nie eers hulle gesteur aan die nieweling tussen hulle, en die boer het kallers gehad wat le, so kos het ook nie gewerk nie. Gras was ook hoog genoeg om Beeste weg te steek. My x buurman het goed gedoen met Reservaat langsaan, maar ek kon nie saam nie, want hulle wou dit nie publiek maak nie. Dit was voor "Sylvester"
Ek geniet maar die "challenge" van jakkies wat deur bure geleer is met slegte gewoontes, en wat tot twee jaar gevat het om bakkie te ry. Die geval was dit middag al en het hom in n gaat met 3 jak russels uit gehaal. So wat ek wil se is die omgewing en opleiding wat jakkie kry is n groot faktoor as jy wil begin tel. enige iemand kan teiken skiet op n skietbaan. Een man se jakkals is n ander man se tien.
dit gese...... roei hulle pappie! Daar is nie n mooier photo as een met rye vlekkies en n man met n glimlag. Julle doen meer vir die ekonomie van die land as al die ministers saam.
Ons dra krag is baie hoër... ek wil ook nie boer daar in die woestyn nie.”
“Different strokes, for different folks”
“To each his own”
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Sat Oct 19, 2019 10:53 pm
by BeesBreet
BeesBreet wrote:15 Jakkalse Mei 2018, voor dit was dit 14 Jakkalse April 2017 en voor dit 12 Jakkalse en een kat in April 2017
Alles natal middelande
Sent from my iPhone using Tapatalk
17 Jakkalse in een aand Mei 2019
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Sun Oct 20, 2019 4:55 am
by Ds J
Ek het darem al twee jakkalse geskiet in my lewe.
Is ek nog welkom op die forum?

Re: Meeste jakkalse per aand
Posted: Sun Oct 20, 2019 10:12 pm
by jankraay
Die is nou nie die meeste jakkalse nie maar daar is niks wat my so verpes soos n buurman se voorman wat weet jy is besig om te roep en halfpad deur die roep sien jy die lig en daar klap die skoot.
Hy kan vrek bly wees die skoot is nie in my rigting nie anders was hy nou saam daai een jakkals op die bakkie.
Sent from my iPhone using Tapatalk