Page 1 of 1
Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vs LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Mon Jan 21, 2019 6:27 pm
by Murray
Die twee scopes kos basies dieselfde, watter een van hulle sal die beste perform? Beste waarborg? Beste naverkopediens? Watter een van die twee stel die beste? Gaan grootensdeel vir baanskiet gebruik word tot so 800m en so klein bietjie vir jag.
Dankie
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Mon Jan 21, 2019 6:56 pm
by wlm
Murray
My bydrae is nie baie wetenskaplik nie.
Albei is telescope wat baie goeie teugvoer op gegee word. Ek glo egter ons almal se sig is nie dieselfde nie en daarom ervaar ons die helderheid van beeld, ensovoort nie dieselfde nie. gaan kyk deur albei en kyk of een dalk nie beter vir jou is bloot op sig nie.
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Mon Jan 21, 2019 7:34 pm
by henk.spioenkop
Ek sou sê die Vortex. Is die Gen 2 se vergroting nie 5-25x50 nie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Mon Jan 21, 2019 8:00 pm
by Murray
henk.spioenkop wrote:Ek sou sê die Vortex. Is die Gen 2 se vergroting nie 5-25x50 nie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy is reg, vingers verkeerd gedruk
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Mon Jan 21, 2019 9:10 pm
by Sangoma (IAN)
Delta Titanium 3-24x56 ED
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Tue Jan 22, 2019 8:07 am
by LoopSoosStroop
Vortex
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Tue Jan 22, 2019 8:25 am
by figjam
Ek besit nie een nie maar het deur beide gekyk, die Vortex is net vir my baie makliker om 'n teiken te kry as die Leupold. Daar is gewoonlik 'n redelike prysverskil tussen hierdie 2. LRP's gaan gereeld vir onder R15k, so as jy 'n PST gen 2 vir daai prys kan kry sou ek sê dat jy hom moet koop!
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Tue Jan 22, 2019 8:43 am
by Arnold
Die PST se turret lyk vir my beter

Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Tue Jan 22, 2019 10:33 am
by Langeraat
Ek het redelik deur albei gaan gekyk voor ek gekoop het en die Vortex het dit vir my gedoen. Het sedertdien ook suksesvol met hom gaan jag tot op so 350m en is baie tevrede met my keuse. Mense verskil maar so ek sou ook se dat jy maar eerder self moet gaan kyk en vergelyk as jy geleentheid het. My 2c.
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Tue Jan 22, 2019 5:03 pm
by Toffie@2
Murray wrote:Die twee scopes kos basies dieselfde, watter een van hulle sal die beste perform? Beste waarborg? Beste naverkopediens? Watter een van die twee stel die beste? Gaan grootensdeel vir baanskiet gebruik word tot so 800m en so klein bietjie vir jag.
Dankie
Dagse Murray
Ek het laasjaar na Safari gegaan en deur al die teleskope gaan kyk waarin ek belangstel. Dit was verseker die moeite werd om almal so voor jou te kan sien en vergelyk, jy moet dit ook vir jouself doen. Hier is my opinie soos ek dit op die dag neergeskryf het. Jy sal wel sien die foto's van die LRP is die 25x sin. Ek het albei gevra in MOA verstelling met SFP kruishaar.
Leupold VX3i LRP Reeks
Die 25x LRP was heelwat swaarder in die bell en op selfde vergroting was die 25x se beeld vir my beter as die 20x sin. Die zoom werk baie glad en jy kan hom op en af stel sonder om jou kop uit skiethouding te neem. Die verlengstuk wat jy by kry is ook 'n groot bonus. Die parallaks knop draai baie glad en sonder moeite.
Elevasie turret het 15MOA per rotasie. Die verstellings was vir my "mushy"of vaag en die klik nie baie duidelik nie. Die model wat ek getoets het se strepies op die elevasie het ook nie presies op mekaar gepas nie.
Vortex Viper PST Gen 2
Die mees taktiese voorkoms. Vergroting is styf en greep nie so grof soos wat ek van sal hou nie. Beide turrets werk baie lekker. Nie onooglik hoog nie, lekker dik. Mens vat hul maklik vas. Klik is baie duidelik en die Zero stop werk baie goed. 25 MOA per rotasie op die elevasie. Die IR word baie helder sonder om te weerkaats of beeld te verswak. Die kruishaar trek die oog baie goed en die glas is baie helder reg deur die vergroting, was wel die swaarste.
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Tue Jan 22, 2019 5:39 pm
by Cbird
Dankie Toffie moet se ek is n Leupold man maar tussen die twee sal ek verseker die Vortex kies. Sy kruishaar voel goed op die oog hy lyk ook vir my mooier en is tog belangrik.
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Tue Jan 22, 2019 5:56 pm
by Murray
Toffie@2 wrote:Murray wrote:Die twee scopes kos basies dieselfde, watter een van hulle sal die beste perform? Beste waarborg? Beste naverkopediens? Watter een van die twee stel die beste? Gaan grootensdeel vir baanskiet gebruik word tot so 800m en so klein bietjie vir jag.
Dankie
Dagse Murray
Jissie Toffie, dit was nou n goeie review daai gewees. Ek het nogals gewonder oor die Vortex se zero stop. Ek ook eintlik n Leupold fan, maar op die einde van die dag wil mens die beste waarde vir geld hê.
Ek sal verseker eers na hulle gaan kyk, maar dit is altyd lekker om ander manne se opinie te hoor.
Baie dankie
Ek het laasjaar na Safari gegaan en deur al die teleskope gaan kyk waarin ek belangstel. Dit was verseker die moeite werd om almal so voor jou te kan sien en vergelyk, jy moet dit ook vir jouself doen. Hier is my opinie soos ek dit op die dag neergeskryf het. Jy sal wel sien die foto's van die LRP is die 25x sin. Ek het albei gevra in MOA verstelling met SFP kruishaar.
Leupold VX3i LRP Reeks
Die 25x LRP was heelwat swaarder in die bell en op selfde vergroting was die 25x se beeld vir my beter as die 20x sin. Die zoom werk baie glad en jy kan hom op en af stel sonder om jou kop uit skiethouding te neem. Die verlengstuk wat jy by kry is ook 'n groot bonus. Die parallaks knop draai baie glad en sonder moeite.
Elevasie turret het 15MOA per rotasie. Die verstellings was vir my "mushy"of vaag en die klik nie baie duidelik nie. Die model wat ek getoets het se strepies op die elevasie het ook nie presies op mekaar gepas nie.
Vortex Viper PST Gen 2
Die mees taktiese voorkoms. Vergroting is styf en greep nie so grof soos wat ek van sal hou nie. Beide turrets werk baie lekker. Nie onooglik hoog nie, lekker dik. Mens vat hul maklik vas. Klik is baie duidelik en die Zero stop werk baie goed. 20MOA per rotasie op die elevasie. Die IR word baie helder sonder om te weerkaats of beeld te verswak. Die kruishaar trek die oog baie goed en die glas is baie helder reg deur die vergroting, was wel die swaarste.
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vc LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Wed Jan 23, 2019 8:33 am
by LoopSoosStroop
Ja nee daai Leupold se turrets lyk soos 'n e-Bay scope sin.
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vs LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Wed Jan 23, 2019 11:46 am
by Dirkvh
Het beide, verkies PST
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vs LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Thu Jan 24, 2019 6:21 pm
by Sangoma (IAN)
Daai Delta kos dieselfde as bogenoemde scopes mar is in n ander klas.
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vs LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Thu Jan 24, 2019 8:12 pm
by Dewitt
Sangoma (IAN) wrote:Daai Delta kos dieselfde as bogenoemde scopes mar is in n ander klas.
Wat maak die Delta soveel beter in jou opinie?
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vs LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Fri Jan 25, 2019 8:34 am
by LoopSoosStroop
Dewitt wrote:Sangoma (IAN) wrote:Daai Delta kos dieselfde as bogenoemde scopes mar is in n ander klas.
Wat maak die Delta soveel beter in jou opinie?
En waar koop mens een? En vir hoeveel?
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vs LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Fri Jan 25, 2019 8:44 am
by Capt. Yoda
Ek gaan nou nie vir Ian praat nie maar ek is n groot Vortex fan en daai Delta is n bul van n scope.
Stroop CMH sal jou seker kan help
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vs LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Sat Jan 26, 2019 12:32 pm
by Sangoma (IAN)
Yip, ED glas en betroubaarheid met verstelling maak dit n fantastiese scope. Ekt my Delta nou al n hele ruk en ook een saamgebring NZ toe.
Kontak vir CMH hier en chat bietjie met daai manne.
Ek glo sy prys is ver onder R20k, mar CMH kan bevestig.
Ek het nou al met n hele klompie scopes gewerk en Delta produkte is def bitter goeie waarde vir geld.
Ek het ook n R2000 se verkyker gekoop. Julle sal nie glo hoe helder is daai outjie nie. Volgende dag terug gery en een vir my vrou ook gaan koop.
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vs LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Sun Jan 27, 2019 9:42 am
by wlm
Die Kruitvat adverteer Delta.
Re: Vortex Viper PST gen2 5-20x50 vs LeopoldLRP 6.5 -20X50
Posted: Sun Jan 27, 2019 12:28 pm
by ChristoK
Die ding wat vir my uitstaan van Vortex is die VIP waarborg, teleskope is nie meer goedkoop nie.