Page 1 of 1

Beste patrone van die rak af.

Posted: Tue Oct 25, 2011 12:54 pm
by Arnold van Wyk
Manne help asb, ek skiet nie genoeg, om self laai t? regverdig nie, wat is die beste patrone van die rak af, 308 Sako.

Dankie

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Tue Oct 25, 2011 1:00 pm
by Arnold van Wyk
Vir jag, springbok tot kudu, max 250m.

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Tue Oct 25, 2011 1:05 pm
by Raven
Bywoner,

Vir daai Sako, sal SAKO patrone goed werk of Norma.
As jy hulle kan bekostig sal 10 pakkies jou herlaai stel betaal  ;)

Raven

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Tue Oct 25, 2011 1:05 pm
by Raven
Ek hoor Federal is ook goed.

R

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Tue Oct 25, 2011 2:00 pm
by Lourens
Federal Vitalshock gelaai met 165gr Barnes TSX of 165gr Trophy Bonded Tip  ;D

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Tue Oct 25, 2011 6:31 pm
by Blackie Swart
Naand Bywoner.Ek het self n sako 308 en wil se met prys gewys gaan jy nie beter kry as Highland AX 165gr nie.Hulle groepeer perfek en ek skiet al my kudus en springbokke met dit.Al my bokke het net daar in hulle spore neergesak en vleisskade is nie so erg nie.
Groete
Blackie

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 12:23 am
by Nuweseun
Probeer gerus Winchester supreme elite, gelaai met XP3 koels. Baie baie akuraat en ongelooflike performance.
Groete

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 6:46 am
by Sam Kelbrick
Ek weet darem nie van Highland nie?  :(

As jy waarde vor geld soek, dink ek PMP PRO-AMM is 'n baie goeie opsie.

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 7:44 am
by VdWalt
;D ;D Met 'n 308 kan mens seker maar enige iets skiet wat akkuraat is - ek glo nie hy kan
enige koeel laat op breek met daai spoed nie ....  :angel:

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 7:47 am
by Geno
More manne.

Is dit regtig nodig vir ultra-premium koeels in 'n .308?
In die gewigte bo 150gr sal ek s? nee, want die tromp- en impaksnelhede van die ou kleilat is mos nie so hoog nie?
As mens afkom na die ligter koeels soos 110, 125, 130gr ens. waar die koeels teen 3000+fps geskiet word, ja, daar kan 'n man kyk na die Barnes Vor-tx ammo ens.......
Ek het vir baie lank Federal Powershok 150gr in my .308 geskiet, en hulle het bitter mooi gewerk.


Groete,
Eugene

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 7:48 am
by Geno
VD Walt,
VdWalt wrote: ek glo nie hy kan enige koeel laat op breek met daai spoed nie
Juis wat ek van praat.

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 8:13 am
by Arnold van Wyk
Ek gaan maar by Norma bly, nou net om n supplier te-kry, S&O dra geen stock nie.

Dankie vir julle hulp.

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 8:18 am
by VdWalt
Goeie Keuse  - Probeer Camdix 011 660 2398

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 8:19 am
by axe942
Uit beginsel uit will ek hulle nie ondersteun nie maar die blou pakkie 180gr. werk uitstekend op iets soos die .308

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 8:23 am
by Lourens
As jy Norma soek gee vir Rosenthals in die kaap 'n lui, hulle is die invoerders....

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 8:26 am
by VdWalt
axe942 wrote: Uit beginsel uit will ek hulle nie ondersteun nie maar die blou pakkie 180gr. werk uitstekend op iets soos die .308
Ek is met jou op die een, sal hulle nie self koop nie, maar my swaer skiet die blou pakkie 180gr (vandat hulle uitgekom het) in sy 308 ... as die
skoot klap kan die bakkie maar kom.

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 9:51 am
by Arnold van Wyk
Rosenthals, het geen Norma patrone in "stock" eers weer in 2012, dis pateties, hulle is die agente en invoerders. >:(

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 3:43 pm
by Rooies
Arnold

Probeer Guns&Bows, Parow Arms, of die Koop daar in Parow.

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Wed Oct 26, 2011 3:57 pm
by Lourens
Bywoner ek dink die meeste ouens is maar hierdie tyd van die jaar bietjie laag op ammo stock met die seisoen wat ge-eindig het. Meeste van hulle se nuwe shipments vir die volgende seisoen land so tussen November en Februarie weer.

Groete,
Lourens

Re: Beste patrone van die rak af.

Posted: Sun Oct 30, 2011 7:50 pm
by Machann
Hi Bywoner. Is jy erens naby Pta? Ek skiet self 308 en as j tyd het een aand vir laai sal ek j help. PM my as j belangstel. Teen die prys wat j gaan betaal vir 40 Norma behoort jy omtrent 100 te kan laai met wat j wil.