Page 1 of 1

Rudolph V1 teleskoop?

Posted: Tue Jan 08, 2019 1:11 pm
by Neels Louw
Goeiemiddag almal.

Het iemand al die nuwe Rudolph V1 teleskope onder hande gehad om n bietjie terugvoering vir ons te gee?

Re: Rudolph V1 teleskoop?

Posted: Tue Jan 08, 2019 1:15 pm
by Malan123
Een van my pelle het hom gekoop. Ek het hom nog nie self onder oe gehad nie, maar volgens hom is hy goed vir sy prysklas. Track reg, maar glas raak redelik dof op 25 vergroting. Op 20 vergroting werk hy mooi.

Re: Rudolph V1 teleskoop?

Posted: Thu Feb 21, 2019 10:39 am
by Vlakvark Soldaat
Ek het ook nouriedag deur een gekyk in n winkel, lyk goed, en bou kwaliteit is stewig.
Maar ek sal ook graag meer oor die scope wil hoor...

Re: Rudolph V1 teleskoop?

Posted: Thu Feb 21, 2019 12:20 pm
by Hein M.
Ek het Novembermaand een gekoop. Ek het dit op my plank gesit, maklik ingestel en 'n bietjie rondgespeel. Die paralaksverstelling is so styf dat ek op 'n stadium die waterpomptang oorweeg het... Ek sukkel my vrek om die ding gefokus te kry, maak nie saak wat ek doen nie. Ek skiet op x15 vergroting, wat met 'n groter vergroting is dit soos om met die Hubble teleskoop na die anderkant van die heelal te kyk.

Die afmikmerkies maak wel verder skote makliker. Ek kon wel op 450m gedurende klaarstaan 'n 200mm ghong raakskiet,,,

Ek beveel hom wel nie aan nie. Sy helderheid en beeldkwaliteit steek skerp af by die ou Nikon Monarch wat op die geweer was.

Ek moet die 7k gehou het en liewer gespaar het vir 'n tweedehandse Viper of so-iets.

Sorry, ek is blatant eerlik en probeer nie aspris varklik wees nie

Re: Rudolph V1 teleskoop?

Posted: Thu Feb 21, 2019 3:57 pm
by airhunter
Hein M. wrote:Ek het Novembermaand een gekoop. Ek het dit op my plank gesit, maklik ingestel en 'n bietjie rondgespeel. Die paralaksverstelling is so styf dat ek op 'n stadium die waterpomptang oorweeg het... Ek sukkel my vrek om die ding gefokus te kry, maak nie saak wat ek doen nie. Ek skiet op x15 vergroting, wat met 'n groter vergroting is dit soos om met die Hubble teleskoop na die anderkant van die heelal te kyk.

Die afmikmerkies maak wel verder skote makliker. Ek kon wel op 450m gedurende klaarstaan 'n 200mm ghong raakskiet,,,

Ek beveel hom wel nie aan nie. Sy helderheid en beeldkwaliteit steek skerp af by die ou Nikon Monarch wat op die geweer was.

Ek moet die 7k gehou het en liewer gespaar het vir 'n tweedehandse Viper of so-iets.

Sorry, ek is blatant eerlik en probeer nie aspris varklik wees nie

Hein.

Ek vat jou nie vlak nie. Jys n ou hand maar is jou ringe nie effens te styf vas nie? My V1 het dieselfde gedoen tot ek die ringe effens laat skiet het.

Re: Rudolph V1 teleskoop?

Posted: Thu Feb 21, 2019 4:30 pm
by Hein M.
airhunter wrote:

Sal kyk mater ;)

Groetnis!

Re: Rudolph V1 teleskoop?

Posted: Sun Mar 03, 2019 11:33 pm
by Vlakvark Soldaat
Ek het toe een bestel vir n pel se Howa 243 bull barrel. Ek was baie beindruk met die scope toe hy by my aangekom het. Pel het hom gemount en gaan skiet, netso beindruk. Ek dink ook mens moet appels vergelyk. Vir om en by R8k gaan jy nie sommer beter koop nie. Ons sal binnekort daai 243 se bene gaan rek en die scope ook deur die dans passies sit...