Page 1 of 1

Plasing van roeper

Posted: Mon Jan 07, 2019 6:57 am
by NicoSmit
Ek praat nou die dag met 'n ou plaasboer oom oor jakkalse en peste toe vra hy my die vraag .Hoekom sit ons die roeper so ver van die bakkie en nie bo op of by die bakkie nie ?My verduideliking het nie die oom beindruk nie toe vra hy my nog een maar voor ek sy ander vraag hier gee hoekom dink julle hoekom so ver?

Re: Plasing van roeper

Posted: Mon Jan 07, 2019 7:17 am
by Geno
2 redes.

1- Om die jakkals se aandag en reuksintuig van die bakkie af te kry.
2- Sodat ek jakkalse kan hoor antwoord wanneer die roeper skrou.

Re: Plasing van roeper

Posted: Mon Jan 07, 2019 7:50 am
by Cobus(Cobb)
More

Soos Geno sĂȘ ja....
Wat was jou antwoord aan die oom?

En wat was say 2e vraag?

Re: Plasing van roeper

Posted: Mon Jan 07, 2019 7:53 am
by NicoSmit
Selfde trant as Geno se antwoord
Sy 2de vraag was nou wat van as jy 'n fluitjie gebruik dan sit jy mos op die bakkie ek kon hom nie antwoord nie

Plasing van roeper

Posted: Mon Jan 07, 2019 10:04 am
by BeesBreet
NicoSmit wrote:Selfde trant as Geno se antwoord
Sy 2de vraag was nou wat van as jy 'n fluitjie gebruik dan sit jy mos op die bakkie ek kon hom nie antwoord nie
Soos Geno se hy gaan werk na die roeper toe so hy moet jou nie ruik sien of hoor nie.

Fluitjie saam met roeper werk baie goed saam maar jy moet probeer om sy aandag by die roeper te hou.

Beduie vir die oom dat n man selde slegs met die fluit werk bv ek gebruik juis fluitjie om aandag na my toe te trek soos wanneer die eerste jak le en no2 hol weg...


Sent from my iPhone using Tapatalk