Page 1 of 1

.22 long rifle match trainer? (Swartklip)

Posted: Mon Oct 24, 2011 10:34 pm
by James Wilson
se nou maar my seun kry by een van die lede van jaracal,    500 swartklip match trainer patrone,  hoe kan ek vir hom verduidelik, hoe vergelyk DIE patrone met standaard velocity of sub-sonic?  ek meen ek ken gladnie die soort produk nie. 

Re: .22 long rifle match trainer? (Swartklip)

Posted: Tue Oct 25, 2011 12:48 pm
by 243Songdaug
Jagbehep -

Die match trainers is baie akkuraat, is met solids gelaai en val nader aan die sub-sonics as aan die standards.  Hul spoed is oor die algemeen baie konstant ne hulle groepeer baie netjies.

Ek het nog 'n klompie waarop ek baie heilig is - hulle word net geb?re vir kompitisies - uit my CZ452 kan ek op 50 die 10.1 kolletjie tot vervelens toe sit en uitskiet.

Sal nie aanraai om enigiets met hulle te skiet nie - het op 'n stadium meerkatte met hulle geskiet, maar die probleem is dat hulle dwarsdeur die meerkatte skiet en dan hardloop die meerkat en loop dood in sy gat.  as jy die meerkat se bene tref kry jy nog maande later meerkatte met ontsteekte ledemate - wat wreed is.

Groete.
Songdaug

Re: .22 long rifle match trainer? (Swartklip)

Posted: Tue Oct 25, 2011 7:39 pm
by James Wilson
Dankie, ek vanmiddag gou gaan toets met die patrone, en dis soos jy se hulle werklik akuraat, dit kan so wees dat ek 500 verniet gekry het, as dit so is sal ek maar ook baie heilig op hulle wees.


dis die eerste keer dat ek hoor van die cz van jou, ek het hon gegoogle, dit lyk of hy baie ooreenkoms het met die Bruno model 2?

Re: .22 long rifle match trainer? (Swartklip)

Posted: Tue Oct 25, 2011 8:50 pm
by Dawid
Jagbehep, soos die kinders gese het toe hulle nog klein was....Lekke vir jou... Hel jy kry goud verniet en ek moet koop, eks skoon jaloers op al jou trainer patrone......dis eerlikwaar baie goeie amminusie. Wat ek opgetel het selfs met my Made in China Norinco, skiet hulle baie akkuraat en konstant. Geniet hulle.

Re: .22 long rifle match trainer? (Swartklip)

Posted: Tue Oct 25, 2011 9:28 pm
by 243Songdaug
Jagbehep

Die CZ452 is die nuwer weergawe van die Bruno soos jy se.  Baie lekker geweertjie en dodelik akkuraat.

Baie geluk met jou Match Trainers - hartseer dat hulle nie meer vervaardig word nie.

Groete
Songdaug

Re: .22 long rifle match trainer? (Swartklip)

Posted: Tue Oct 25, 2011 9:41 pm
by JACQUES BOTHA
JAGBEHEP MOE TEK OU DALK RUIL --
MOET NIE NA JACO LUISTER NIE DAAI GOED IS VERVUIL BAIE EN SPOTGOEDKOOP,
EK SAL JOU RUIL VIR 500 INGEVOERDE .22 KOELE..
HULLE IS NOG SO VARS DIE GRIES SIT OP HULLE VAS...
EN DIE BESTE NUUS IS DIS INTERNATIONALE PATRONE--HULLE SKIET DIE WERELD VOL..
HOU HULE PAS HULLE OP...
jACQUES