Page 1 of 1

Lever action gelukkie

Posted: Mon Oct 24, 2011 5:08 pm
by .::Alwyn-U::.
Hi Manne

Ek wil net baie dankie se aan 222 op die forum (AKA Gerrie).. Ek het 'n post opgesit maande terug van ek soek 'n lever action wat te koop is. Gerrie het my verwys na een van sy friende. Ek het toe in kontak gekom met die man, n prys onderhandel wat baie billik is! R1000 later en ek het aansoek gedoen vir die geweertjie ;D

3,5 Maande later is my lisensie goed gekeur en ek het die geweertjie gaan afhaal by my handelaar nadat ek hom laat courier het van Petrus Steyn na waar ek bly.

Hier is 'n foto van hom, dis 'n 357/38 spl Rossi Puma:
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... C00352.jpg[/img]

Die geweer is baie goed opgepas soos julle kan sien, hy het minder as 100 skote deur sy loop.

Weer eens baie dankie aan Gerrie, jy het werlik een van my drome laat waar word!

Ek geniet die geweertjie baie! En beplan om december bloed te trek met hom..


As julle mooi kyk sien julle die rooi kudu pakkie PMP koels wat daar le ;D Dit is letwel 303 petrone...

Groete
Alwyn Uys

Re: Lever action gelukkie

Posted: Mon Oct 24, 2011 5:12 pm
by BLOK
Mooi cowboy roer daai, lyk of mens al te lekker met hom kan speel. Jy sal nou net daai wiy perd (hilux) moet ruil vir n cowboy perd en saal en jouself sommer bederf met n hoed en paar stewels ook. ;) ;D ;D

Geniet hom