Page 1 of 1

Nuwe lid

Posted: Sat Dec 08, 2018 9:36 am
by Rowan
Goeie dag,

Ek lees al 'n gruime tyd hier en gedink dit is hoogtyd dat ek myself voorstel. My naam is Rowan en bly tans in Oudtshoorn in die Weskaap.

Dankie vir die inligting wat julle hier deel, ek het alreeds baie geleer en hoop om nog meer te leer soos die tyd verloop.

My belangstelling tans en die rede hoe ek op hierdie forum afgekom het is in lading ontwikkeling, en hoop om binnekort 'n veilige en akkurate lading vir my geweer te ontwikkel. Ek steel maar so met die oog en ek dink ek het 'n redelike begrip van waar ek kan begin en waar ek sal moet briek met die lading vir my geweer.

Groete
Rowan

Re: Nuwe lid

Posted: Sat Dec 08, 2018 8:41 pm
by Blitzzz
Welkom Rowan. Ek is net oor die berg van jou in Mosselbaai. Vertel ons bietjie meer van jou wapens.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Dec 09, 2018 7:07 am
by Rowan
Hallo Blitzzz,

Baie dankie.

My wapens tans is 'n Lee Enfield No4 Mk2 303 wat bietjie mooi gemaak is met 'n nuwe kolf en scope, en wat dan ook ge-Epps is. Dit is die geweer waarvoor ek binnekort 'n lading wil ontwikkel, op die oomblik skiet ek normale 303 Brit ammunisie. Ek het ook 'n 9mm Tanfoglio pistool wat ek in 1993 gekoop het. Soos jy kan sien is dit tyd vir my op 'n bietjie opgradering te doen.

Daarom is daar 3 aansoeke waarmee ek nou besig is. Dit is 'n Glock 42 vir my vrou, 'n Glock 19 en ADC 223 M5 vir my. Die papier oorlog is uitputtende werk! :(

Die beplanning vir 2019 is 'n geweer vir teiken skiet, maar ek kan nie op 'n kaliber besluit nie. Dalk in 308 of 6.5mm CM, of dalk 'n 260 Remington, of wat van 'n 7mm-08, of selfs 'n 24" 223, suiwer vir ammunisie koste? Soos jy kan sien, "the struggle is real!" ;D

Die wapen self sal seker iets wees soos 'n Remington Precision Rifle, of dalk 'n Howa aksie in 'n Boyds At One kolf, iets in daai lyn. Ek is oop vir voorstelle as iemand 'n bietjie raad wil gee.

Ek skiet maar gewoonlik saam met die SA Jagters manne, hulle skietbaan is tussen Oudtshoorn en George. Jy moet eendag 'n plan maak en saam met ons kom skiet.

Groete

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Dec 09, 2018 12:43 pm
by Heinz Petersen
Welkom. Ja, daar wag groot besluite vir jou.