Page 1 of 1
Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Sun Oct 23, 2011 3:17 pm
by Pvdw
Manne ek is besig on my 223 aanmekaar te sit. Ek wil eers die knaldemper laat opsit voor die ringe en basis opkom.
Ek het egter solank gekyk wat kom waar en hoe pas dit.
Hier is so foto of 2 van die ringe met die stawe in om te kyk of hulle oplyn.
Van bo lyk dit heel goed.
[img width=560 height=420]
http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_4147.jpg[/img]
Van die kant af let ek op dat die kamera se flits nie mooi ooreenkom op die stawe nie. Net met die oog kan ek dit wel optel met so bietjie verbeelding maar dis nie diudelik nie.
[img width=560 height=420]
http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_4138.jpg[/img]
Sou julle aanbeveel dat ek daai laaste bietjie nog lap of is dit reg so

. Dis my eerste keer wat ek dit doen en enige raad is welkom.
Laastens. Die hoogte van die scope kan nog sak as dit moet. Sou julle s? ek moet so laag moontlik of is dit OK soos dit nou is?? Ek kan die ringe nou omriul as dit beter so sal wees. Ek kan nog maklik vanaf Medium na Lae ring verander.
[img width=560 height=420]
http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_4151.jpg[/img]
Enige hulp/raad sal wardeer word.
Peet
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Sun Oct 23, 2011 3:29 pm
by Monrique (SJ)
Dagse Peet
Die roer lyk sommer netjies, geluk met die liksens. Ek sou se dat jy die scope so laag monteer as moontlik met slegs n 1mm-2mm clearence tussen die scope en loopindien dit haalbaar is. Dan het ek gevind met my lapping tool dat die belyning stawe met die skerp punte jy nie 100% met sekerheid kan se dat die belyning reg i, en jy die plat vlakke nodig het om dit te verifieer.
My beskeie mening.
Sterkte
Groetnis
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Sun Oct 23, 2011 3:37 pm
by Pvdw
Dankie SJ. As daai met die stomp punte beter werk dan draai ek so 'n stel stawe ook.
Dankie vir die raad.
Peet
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Sun Oct 23, 2011 5:11 pm
by Christo
As jy Point blank Range gaan gebruik is die amper beter op effe hoer scope ringe te he. Die wat jy het gaan beter werk en jy mag 'n verder PBR he as wanneer jy laer gaan.
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Sun Oct 23, 2011 5:35 pm
by Pvdw
As jy Point blank Range gaan gebruik is die amper beter op effe hoer scope ringe te he. Die wat jy het gaan beter werk en jy mag 'n verder PBR he as wanneer jy laer gaan.
Christo, hier gaan jy moet help asb. Ek verstaan nie kop of gat nie
Peet
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Sun Oct 23, 2011 6:00 pm
by Hein M.
Moes ook gou weer gaan kyk...
point-blank
adj.
1. Aimed straight at the mark or target without allowing for the drop in a projectile's course.
Dit lyk my dit is die plek in die koeel se vlug wanneer hy begin val - soos ek dit verstaan.
As jou scope op daardie hoogte bly, het jy meer opsies om die PBR verder te maak - soos wat Christo daar gese het.
Mooiloop!
Hein
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Sun Oct 23, 2011 7:11 pm
by Christo
Boere taal verduidelik, so moenie skiet nie.
Ek het 'n ballistiese tabel wat jy die parameters invoer en dan bepaal hy die afstand waarop jy die geweer Zero.
Ek het bv. vir Jakkalsjag gesluit dat ek 'n 4" kol het wat ek kan raakskiet vooordat dit kwes of mis raak. Daar is nog ander faktore soos jou groep grote op 100m wat die tabel ook gebruik. Maar kom ons se dat vir die oefening bepaal die tabel dat jy dan nooit meer as 2" hoog of 2" laag tot by PBR sal skiet nie. Vir iets soos 'n Eland sal dit seker selfs 8" kan wees.
Dan gee die tabel jou die afstand waarop jy Zero en ook die MAX afstand. Daarna moet jy net seker maak die teiken is nie verder as die max afstand nie, en kan jy net dood korrel sonder om toe te gee, ens.
Hoop dit verduidelik.
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Sun Oct 23, 2011 7:47 pm
by Pvdw
Dankie Christo en Hein. As ek an reg verstaan is dit die maks afstand wat jy die teiken/kol/vitals gaan tref sonder om te kompenseer vir die koe?l wat op daai stadiun of bo of onder die siglyn is?
Sal ho?r ringe die PBR (dis nou binne perke aanvaar ek) dan verleng?
Wel ek beplan om nie te "dail" as ek skiet nie so ek aanvaar dat PB maar my skiet tegniek sal wees.
SJ ek het gou stawe op die draaibank gemaak met plat punte. Sal hulle beproef as ek die lapping doen.
Dankie
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Sun Oct 23, 2011 7:51 pm
by Christo
Pvdw wrote:
Sal ho?r ringe die PBR (dis nou binne perke aanvaar ek) dan verleng?
Ek verstaan so.
Die geweer van jou se eerste skoot is deur my hart, hy's mooi
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Sun Oct 23, 2011 7:54 pm
by Pvdw
Dankie Christo, ek moet s? ek is self heel opgewonde oor die stukkie plank en staal
Peet
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Mon Oct 24, 2011 9:45 am
by Jassie
Peet
Wat praat jy nou "plank en staal". Lyk meer na wat die dokter presies en spesifiek voorgeskryf het.
Hoe lekker "groen" is ek sommer nou.
Groete
JAS
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Mon Oct 24, 2011 1:53 pm
by Rooies
Peet
Watse mounts en ringe het jy op die Howa?
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Mon Oct 24, 2011 2:48 pm
by Pvdw
Rooies dis basis en ringe gemaak deur LYNX. Dit pas blykbaar op alle Remington 700 aksies.
http://www.lynx.co.za/products/mounts/mounts-2p.asp
Jassie dis juis die geweer wat ek wil kom toets op daai Springbokke van jou
Peet
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Mon Oct 24, 2011 3:25 pm
by Jassie
Peet
Ons trek nie so mooi aan as ons gaan jag nie so die roer gaan besonders uitstaan tussen ons klomp "bladvere"....
..... en hy gaan verskriklik stofferig word. Hmmmmm ...... nie goed nie ons sal vir hom 'n jas moet aantrek.
Groete
JAS
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Mon Oct 31, 2011 5:34 pm
by projag
Peet
Die blote feit dat die stawe se punte mooi na mekaar wys beteken nie dat alles reg is! Maak seker dat die stawe self waterpas tot mekaar is.
Re: Hoe om teleskoop te monteer.
Posted: Mon Oct 31, 2011 10:33 pm
by Pvdw
Maak seker dat die stawe self waterpas tot mekaar is.
Projag hier het ek jou verloor
Peet