Page 1 of 1
Gong plate - Waar te koop?
Posted: Wed Nov 28, 2018 4:18 pm
by Rem
Middag Manne,
Soos bo genoem is ek opsoek na gong plate teen n billike prys in my area (Kaap area)
Groete
Re: Gong plate - Waar te koop?
Posted: Wed Nov 28, 2018 4:24 pm
by joe rocket
Koop byJacques "Stompe" hier op Jaracal hy stuur dit deur postnet.
Re: Gong plate - Waar te koop?
Posted: Wed Nov 28, 2018 4:42 pm
by Harambe
Ek het gongs by Wildman Cape Gate gekoop. Moet tog net nie vra wat die prys was nie want ek weet nie nou meer nie.
Re: Gong plate - Waar te koop?
Posted: Wed Nov 28, 2018 5:17 pm
by SakoTrippel2
Winkel Gongs is geneig om verskriklik duur te wees het ek al gesien.
Soos oom Jason hierbo sĂȘ... Just Shooting Africa (Jacques (Stompe) Theron) se pryse is mooi en ek glo met PostNet en al sal mens nog 'n Winkle Prys kan klop.
Groete
Frans
Re: Gong plate - Waar te koop?
Posted: Wed Nov 28, 2018 5:24 pm
by JohanvB
Ja...wens meer manne wil hul eie gonge bring...verlede saterdag skiet die manne op my gonge, hulle het darem eers gevra, want hulle kan skiet...kos my nuwe rame sweis die week..rame moer toe geskiet!!
Re: Gong plate - Waar te koop?
Posted: Thu Nov 29, 2018 7:20 am
by Toyrsi
Gaan na VRN(Macsteel) en plaas jou bestelling by hulle. Ons skietklub laat sny al ons VRN500 gonge by hulle.
Re: Gong plate - Waar te koop?
Posted: Thu Nov 29, 2018 8:15 am
by Rem
Dankie manne vir die hulp!
Re: Gong plate - Waar te koop?
Posted: Thu Nov 29, 2018 3:15 pm
by THOMAST
JohanvB wrote:Ja...wens meer manne wil hul eie gonge bring...verlede saterdag skiet die manne op my gonge, hulle het darem eers gevra, want hulle kan skiet...kos my nuwe rame sweis die week..rame moer toe geskiet!!
Johan, jy moet dalk 'n kleiner gong ophang, dan word hy minder raakgeskiet.
Ek het gesien my raam was ook gekwes toe ek myne afhaal
Re: Gong plate - Waar te koop?
Posted: Thu Nov 29, 2018 8:35 pm
by Sean3006
@JohanvB - ek het 4 skote op Thomas se gong geskiet op die 500m merk. Waar was joune op gewees?