Page 1 of 1
Nog 'n 6mm vraag
Posted: Tue Nov 27, 2018 9:31 pm
by geelslang
My 243 se loop staan nou einde se kant toe en ek begin uitkyk vir wat ek dan met die roer wil doen. Ek skiet tans 75 Vmax @ 3350fps uit my 1:10 Walther loop. Howa aksie. My vraag is dus, indien ek 70 tot 75gr punte teen 'n spoed van +/- 3400fps wil skiet, watter van die 6mm's sal vir my die beste looplewe gee as ek die spoed skiet uit 'n 24" loop?
Groete Geelslang
Re: Nog 'n 6mm vraag
Posted: Tue Nov 27, 2018 9:49 pm
by SakoTrippel2
Hys nou al lekker bekend vir al sy voordele maar ek dink 'n Dasher behoort daai spoed te haal of baie naby te kom....hele klomp jakkals manne wat 70gr Varmagedons skiet in Howa Dashers. (loop gewoonlik so raps korter as 24duim agv die Her Kamer)
Groete
Frans
Re: Nog 'n 6mm vraag
Posted: Wed Nov 28, 2018 8:33 am
by Capt. Yoda
Die Dasher gaan moontlik vir jou gee wat jy soek soos ons beleerde student hier bo ook gese het, kry maar net laat hy mooi voer uit die magasyn.
Re: Nog 'n 6mm vraag
Posted: Wed Nov 28, 2018 12:34 pm
by geelslang
Dankie manne, hoeveel skote dink julle behoort ek te kry?
Re: Nog 'n 6mm vraag
Posted: Wed Nov 28, 2018 2:50 pm
by Capt. Yoda
Dit is maar n moeilike vraag, as jy hom nie deur jou propenjorts trek nie behoort jy seker 3000 minute of jakals te kry