Page 1 of 1
FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 9:23 am
by Malan123
Ek weet ons het hierdie al vantevore bespreek, maar wil graag die topic revive vir my eie doeleindes. Vir jag en gonge skiet, wat verkies julle manne? FFP of SFP?
Dan my 2de vraag, ek skiet huidiglik 'n Swarovski z5 op my jag geweer, maar kyk ook hard na die Vortex gen2. Vir die manne wat al met albei gewerk het, wat verkies julle en hoekom?
Re: FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 9:43 am
by AJ Botha
Ek dink ek kan dalk hier inspring, ek kom nie van "long range" background af soos baie mense hier nie, ek jag nog my lewe lank so het tot onlangs net 'n Duplex-kruis tipe scopes geken in die tipiese 3-9 vergroting sonder parralaks.
Ek het onlangs vir die eerste keer 'n FFP (6-24x50) scope gekoop omdat gonge skiet vir my baie lekker is en ek nou so paar van hulle 'n jaar bywoon, en ek gevoel het my scope my meer terughou as enige iets anders.
As dit kom by jag dink ek nie daar is 'n groot voordeel in FFP nie, in teendeel en as jy 'n "long range" scope koop in FFP is sy kruis baie fyn (moelik om op te tel) as jy hom op lae vergroting wil gebruik. Waar dit nou weer baie goed werk is as jy mis skiet en jou kruis op jou teiken kan hou, en dan 'meet' op jou reticle hoe vêr jy mis geskiet het, bv 0.5 MIL links. Dan kan jy dadelik die knoppe draai met 0.5 Mil, of net 0.5 Mil afmik, selfs as jy aan die vergroting wil karring vir jou opvolg skoot.
Ek het juis om vir myself dieselfde vrae te antwoord hierdie jaar eenkeer met my 243 rondgeloop op lae vergroting, en toe die vlakvark 30m voor my onder 'n bos uit hardloop en vir 'n oomblik gaan staan om terug te kyk, hom neergesit in die oogwink wat ek gehad het om te skiet sonder enige probleme.
Re: FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 10:26 am
by Capt. Yoda
Ek het SFP en FFP en al 2 werk vir my lekker op verskillinde maniere, vir ver skiet verkies ek elke keer n SFP scope met n baie fyn kol/kruis en dan vir naby en nader jag werk n FFP vir my weer baie lekker veral as hy illuminated is. Ek het nooit gedink ek sal n FFP scope in die bos geburik nie maar as jy hom op sy laagtse stel en die "lig" aan sit is dit bitter lekker in die bos, as jy deur die scope kyk sien jy net die rooi kruisie en jy kan basies net die rooi sit waar jy wil skiet en laat waai, op max vergroting is meerste vir my bq duk maar vir jag en gonge skiet werk hulle lekker, ek gebruik wel maar n range finder om afstande te bepaal en nie die scope se kruis nie
Re: FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 10:36 am
by Forester
Ek dink een aspek wat min mense beklemtoon is dat jy 'n SFP se reticle kan kalibreer vir spesifieke jagafstande deur met die vergroting en Strelok te speel.
Re: FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 10:46 am
by Philip J
Forester wrote:Ek dink een aspek wat min mense beklemtoon is dat jy 'n SFP se reticle kan kalibreer vir spesifieke jagafstande deur met die vergroting en Strelok te speel.
Ek gebruik myne so. Met die vergroting op 11, is elke afmik merkie mooi in 100m inkremente opgedeel
Dit werk vir my baie lekker in die veld. Ek weet watter merkie is gelyk aan watter afstand en dis vir my heelwat vinniger as om knoppe te draai. Op die skietbaan het mens mos lekker baie tyd om te stel en so aan, maar as die skoot aan is in die veld, is hy net vir n baie kort tydjie aan. Vir die langafstand manne, is dit seker n heel ander speletjie, maar ek weet te min daarvan om n opinie te hê.
Re: FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 10:51 am
by AJ Botha
Forester wrote:Ek dink een aspek wat min mense beklemtoon is dat jy 'n SFP se reticle kan kalibreer vir spesifieke jagafstande deur met die vergroting en Strelok te speel.
Ek hou daarvan, as jy in die jagveld is kan jy meestal inelkgeval nie teen maksimum vergroting werk soos waarop jou kruisdraad gekalibreer is nie.
Re: FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 3:23 pm
by B Five
Wat lekker van ffp is dat jy baie lekker afstande kan bepaal.bv. As jy gonge skiet en ons weet die meeste is 20cm in deursnee, dan kan jy bloot jou merkies gebruik om te bepaal of die gong verder of nader as 200 meter is. 1 Mil op 200meter is 20cm. Met ander woorde as die gong groter is as jou 1mil merkies, dan is hy nader as 200 meter en andersom. As die gong net n half mil is, dan weet jy die gong is 400 meter en as die gong 1.5 mils op jou merke is dan is dit 150 meter,
Baie lekker vir gong skiet.
Re: FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 4:16 pm
by Capt. Yoda
Nous ek lus vir gong skiet
Re: FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 6:09 pm
by Malan123
Nou vir my applikasie en meestal ver skiet as ek jag, watter 1 van die 2 sou jy kies? Swarovski z5 sfp of die vortex gen2 ffp? Albei is 5-25
Re: FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 6:23 pm
by Capt. Yoda
Hoeveel interne verstelling het die swaro, dit is die enigste plek waar die swaros gewoonlik bq sukkel
Re: FFP vs SFP
Posted: Tue Nov 27, 2018 6:29 pm
by Malan123
43moa dink ek
Re: FFP vs SFP
Posted: Wed Nov 28, 2018 7:54 am
by Capt. Yoda
Met 43moa moet jy maar kyk of jy genoeg gaan kan stel as jy n 20moa rail of iets op sit. Ek glo jy sal n end kan skiet met hom, my 30.06 vat net oor die 30 moa om tot op 1000y te kom waar ons skiet. Met n 20moa rail sal jy seker naby 30/35moa oor he om te stel en met die kleiner vinniger kalibers behoort jy nog verder te kom
Hoe die swaro se turrets stel en hoe akuraat hulle stel weet ek glad nie
Re: FFP vs SFP
Posted: Wed Nov 28, 2018 8:58 am
by Jaco v Zyl
Ek hou baie swarovski en het ook van hulle.
Behalwe vi die x5 is hul nie dial scopes nie, die z8 is meer veelsydig as die z3/5/6 reeks en met hom sou ek se kan jy nog regkom.
Die zreeks is baie nice jagscopes en ek verkies hul vi jag al het ek ander dial scopes.Hul is bloot net nie ontwerp om te dial nie.As jy ernstig wil ghonge skiet of Lr moet jy ma n dial scope vat, met die regte kruis.
My 2c
Re: FFP vs SFP
Posted: Wed Nov 28, 2018 9:42 am
by 6.5/284Norma
Daai Z5 kan verder verstel as wat enige mens redelik 'n skoot in die jagveld behoort te skiet.
Onthou met die BRX kruisdraad het jy nog afmik opsies ook.
Re: FFP vs SFP
Posted: Wed Nov 28, 2018 11:09 am
by Malan123
Ek stem saam oor die verstelling van die swaro vir jag doeleindes - ek sal nie so ver skiet nie. Ons het nou ook vasgestel dat FFP fine is vir jag en party manne reken dit is beter as SFP vir gongskiet.
So as ons die SFP en FFP uit die debat onttrek, en ons vergelyk die 2 scopes, watter een sou jy kies en hoekom?
Is daar niemand wat al met albei scopes te doen gehad het nie?
Re: FFP vs SFP
Posted: Wed Nov 28, 2018 12:45 pm
by SakoTrippel2
Ekt nie ondervinding met een van die Scopes nie MAAR ek kom so stuk stuk reg en is basies in dieselfde situasie (een scope vir alles) ...en is dus bereid om my kommentaar te lewer.
Die rede vir my stelling is ekt maar myself aangeleer om amper ALS met my 1 Scope op my hoofgeweer te doen. Dis 'n NXS (lees groot taktiese scope dedicated vir LR en dial werk soos die Vortex in die geval)
1)Nag Jag.. Sit op minimum vergroting (8x) en Dial na 200m en stel Parallax reg. Raak nie aan die scope vir die res van die aand nie. Sal bitter selde na 12X gaan.
2) Vlakte Jag. Range en Dial vir afstand. 16X tot 22X.
3) Skietkompetisie
- Veldskiet : Dial vir geskatte afstand. Meestal op 22X kom soms af na 16X Behalwe met Gonge doen ek die 300m Zero benadering op 22X
- LR Gong Skiet : Dial vir Afstand en gebruik ook meestal 22X.
Die Swaro sal uitblink in 80% van die verskillende situasies hierbo genoem met 'n lekker BRX/BRH kruis. Maar sal ongelukkig minder presteer by die laasgenoemde waar mens baie moet dial (behalwe as mens die BT model kry) maar vir LR Gonge gaan hy nie deug nie.
Ek sou gaan vir die Gen2 PST en eerder bietjie van als kan doen met hom as wat ek vir die Swaro moet gaan wat beter is vir jag en algemene skiet MAAR dan weer LR Dial/Skiet moet opoffer.
Maar net my opinie en 2c
Groete
Frans
Re: FFP vs SFP
Posted: Wed Nov 28, 2018 3:53 pm
by Malan123
Frans my kop werk dieselfde as joune. Ek voel die vortex is 'n meer veelsydige scope as die z5, maar ek wil nie oorhaastige besluit maak nie. Ek sal maar in die winkel moet gaan kyk na daai vortex