Page 1 of 1
Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 11:45 am
by Wouter Roets
Hallo Manne
Ek is opsoek na n goeie geweersmid in Pretoria om n pad mee te begin stap vir die toekoms. Ek het huidglik so bietjie werk wat ek wil laat doen aan die gewere wat ek vir my seuns gekoop het en ek glo die meeste wapensmede sal dit kan doen, maar ek wil sommer van die geleentheid gebruik maak om n pad saam met n smit te begin stap vir al die ander werk wat in die toekoms nog gedoen moet word. Nou my behoeftes is wyduiteenlopend van fyn werk met langafstand roere tot houtwerk op die klasieke gewere. So die man moet darem weet waarvan hy praat en nie net n draaibank mamparra wees nie.
Ek hou nog altyd van n persoon waarmee jy n pad kan stap en een wat bereid is om daai ekstra myl vir n gewaardeerde klient ook te loop. Is hier so n persoon/instansie in Pretoria waarmee julle al n pad gestap het?
Groetnis
Wouter
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 11:58 am
by Frederik
Wouter, dink jy gaan sukkel om alles onder een dak te kry die manne hier in PTA wat alles kan doen is so besig jy gaan lank wag.
Daar is definitief 'n plek vir 'n goeie geweersmid wat baseis alles kan doen in PTA en tyd daarvoor het.
Probeer dalk Arms hulle is nie ver van jou af in Koedoe str nie.
Ken nie self Morkel en Crouse nie nog nooit by hulle iets laat werk nie.
Oom Ginger te oud.
Thinus van Formalitto dink net te besig en weet nie of die long range en houtwerk in sy werke is nie.
Danie Joubert goeie werk net vrek besig en dink ook nie long range is sy game nie.
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 12:01 pm
by DWB
Kolwe is daar oom Steve Fourie en Faan de Vos
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 12:11 pm
by Rasmus
Wouter
Alles onder een dak gaan jy waarskynlik nie kry nie.
Wat houtwerk aanbetref is Steve Fourie se werk waarskynlik onder die bestes ban die beste. Veral wat klassieke werk betref. Hy kan ook help as daar grafeer werk gedoen moet word. Hy doen dit egter nie self nie.
Lang Afstand gewere kan jy by Chrisjan op die forum aanklop. Hy is egter nie in Pretoria nie maar iewer in JHB.
Lance Stevens bou ook gawe lang afstand gewere. Of hy op bestaande gewere werk weet ek nie.
Andries Moller is ook iewers in Pretoria dink Centurion area, en dan ook oom Piet Welgemoed.
Mens moet dalk maar by almal draai en kyk by wie mens aanklank vind.
Dit geld seker nie vir almal nie, maar my ervaring met geweer smede is dat persoonlikheid en mense verhoudinge nie die hoof kriteria is vir hulle beroep nie

........
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 12:18 pm
by Finder20
Wat van Gun Warrior nog net goeie goed van hulle gehoor..
Sent from my ANE-LX2 using Tapatalk
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 12:20 pm
by jdpretorius
Frederik wrote:
Probeer dalk Arms hulle is nie ver van jou af in Koedoe str nie.
Nee, groot asseblief, moet nie die Arms roete gan nie. Hulle het met my "hond" gemors ... 3 keer se terug vat en baie stories, op die uo ent my gekos om die brou werk self reg te maak. Gelukkig het Hercules gehelp om te wys waar die voute le.
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 12:22 pm
by Koos Barnard
As jy kolwe wil laat doen is Steve Fourie die man.
Ek ken nie die ander manne se werk wat langafstandgewere bou nie maar vir Lance stevens van Sasolburg wel. Hy is pyn-in-die-gat presies en bou vir 'n hele aantal bekende skuts langafstandgewere. Hy het ook die regte toerusting vir presisiewerk. Hom sal ek enige dag, enige plek, enige tyd aanbeveel. Hy doen egter nie algemene herstelwerk nie en doen nie tradisionele jaggewere nie. Lance is 'n baie nice persoon.
Net Danie Joubert werk aan my jaggewere maar hy doen ook nie algemene herstelwerkies nie. Baie nice persoon, ons kerk se mense.
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 12:26 pm
by Wouter Roets
Manne
Ek ken die meeste manne waarvan julle praat, maar dit is my probleem ek ken nie n man/instansie wat ek al van gehoor het wat so half alles kan doen as dit kom by gewere nie. n Mens is eintlik opsoek na n lekker young and upcoming smid wat n passie het vir gewere waarmee jy dan natuurlik n pad saam kan stap. Ek weet ek is eintlik nou opsoek na n maagd in n bordeel!
Hopelik kry ek so n lekker PM vanaf iemand. Dankie vir die terugvoer kerels.
Groetnis
Wouter
PS. Rasmus daai laaste sin van jou is groot waarheid! Die meeste van hulle is amper so wanaangepas soos hulle kliente!

Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 12:50 pm
by Frederik
Wouter as jy so iemand raak loop laat weet asb.
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 1:21 pm
by Wouter Roets
Frederik wrote:Wouter as jy so iemand raak loop laat weet asb.
Freek, die maagd of die smid?
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 1:35 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote:Frederik wrote:Wouter as jy so iemand raak loop laat weet asb.
Freek, die maagd of die smid?
Al 2 kan n gesukkel wees
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 1:36 pm
by Frederik
Wouter Roets wrote:Freek, die maagd of die smid?

Skerp baie skerp.
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 1:54 pm
by Joe13
Waar kan mens in kontak kom met die Steve Fourie kêrel? Het so bietjie hout werk wat ek moet laat doen.
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Thu Nov 22, 2018 2:00 pm
by jdpretorius
Joe13 wrote:Waar kan mens in kontak kom met die Steve Fourie kêrel? Het so bietjie hout werk wat ek moet laat doen.
Die nommers wat ek het is 012 54nege40nege7, 08twee46twee59twee45, maar weet nie of hulle nog werk nie
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Fri Nov 23, 2018 9:21 am
by Lapua
Ek kan met baie vetroue Marksman Arms voorstel. Julle bou van die mooiste swaar kalibers en puik lang afstand roere. Ek het al self daar n .404, .338 Lapua laat bou en hy is tans besig om vir my n 6.5 ook te bou. Jy kry werklik persoonlikke diens daar. Laat weet maar as jy kontak besonderhede soek.
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Fri Nov 23, 2018 11:18 am
by Wouter Roets
Lapua
Baie dankie, dit sal gaaf wees as n mens hulle besonderhede kan kry. Ek het nog nooit gehoor van hulle nie.
Het toe gou vanmore my seuns se gewere gaan afgooi by Andries Moller. Hy is n baie aangename persoon en in die kort tydjie wat ons gepraat het het hy my beindruk met sy kennis. Hy is n kranige Bisley skut met groot passie vir die sport. Nogmaals dankie vir julle manne se raad en terugvoering.
Groetnis
Wouter
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Fri Nov 23, 2018 12:00 pm
by Eugene
Wouter, 'n one-size-fits-all gaan jy moeilik kry. Ek kan vir Chrisjan Diedericks as geweersmid met gemoedsrus vir jou aanbeveel. Hy is in Roodepoort.
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Fri Nov 23, 2018 12:56 pm
by Wouter Roets
Hallo Eugene
Ja dit is die waarheid wat jy se. Ek het laas vir Chrisjan op daai eerste herlaai naweek van ons gesien toe n mens hom nog moes leer watter gedeelte die voorkant van die geweer is. Soos ek verstaan maak die man absoluut uit van roere en is daar nie sommer n gelyke op sy vakmanskap nie. Moet se dit is verblydend om te sien as iemand n sukses van sy passie kan maak. Ek sal verseker nog n draai by hom ook moet maak, die probleem is net ek hoor die man is ontsaglik besig. Stuur asb vir hom groete as jy weer met hom praat.
Groetnis
Wout
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Mon Jun 15, 2026 11:15 am
by Dash431
Goeie more julle.
Ek ‘revive’ bietjie hierdie thread. Ek is opsoek na n geweersmid wat kan kyk na my Vektor 300 Win Mag wat op n Musgrave RSA aksie gebou is. Die aksie/magasyn kort werk. Die slot wil nie die patrone uit die magasyn haal nie, en as ek die derde patroon in die magasyn sit, spring die patrone se punte op en jam die hele afere.
So ek soek iemand wat ken van om te help.
Baie dankie!
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Mon Jun 15, 2026 12:07 pm
by Eduard Venter
Vat hom dalk vir Thinus van Wyk daar by Formalito dat hy kyk. Baie goeie wapensmid
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Mon Jun 15, 2026 1:41 pm
by Dash431
Dankie Eduard.
Het jy dalk kontak besonderhede vir hom?
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Mon Jun 15, 2026 4:10 pm
by tripodmvr
012 664 7793
Re: Geweersmid in Pretoria
Posted: Mon Jun 15, 2026 4:17 pm
by Dash431
Dankie oom Driepoot.