Page 1 of 1
Grip en beskermer vir houtkolf
Posted: Sun Nov 18, 2018 4:31 pm
by Landcruiser
Opsoek na n tipe/soortgelyke produk (verskoon my brits )duck - grip tape net beter kwaliteit met greep wat jou kolf beskerm en greep sal verleen,bv op gelamineerde kolf.Neem gereeld deel aan ghong kompetisies le teen en oor voorwerpe wat jou kolf krap en glad is. Enige voorstelle
Re: Grip en beskermer vir houtkolf
Posted: Sun Nov 18, 2018 5:14 pm
by Malan123
Mens kry hierdie self adhesive grit tape wat eintlik vir teels bedoel is. Dit kan dalk opsie wees?
Re: Grip en beskermer vir houtkolf
Posted: Sun Nov 18, 2018 8:46 pm
by Dirkvh
Skateboard deck tape
Sent from my FIG-LX1 using Tapatalk
Re: Grip en beskermer vir houtkolf
Posted: Tue Nov 20, 2018 9:10 am
by andre007
Die 'antislip tape' is n opsie maar beskadig skietstokke, x-bags ens. Mens kry n deurskynende 'ducktape' wat die joppie sal doen, ek weet van mense wat sommer kontakplasiek waarmee boekke oorgetrek word gebruik, dit gee nou nie extra greep nie maar beskerm die kolf.
Re: Grip en beskermer vir houtkolf
Posted: Tue Nov 20, 2018 9:24 am
by airhunter
Wat van hierdie produk van Glue Devil?
Maskeer en spuit die gedeeltes wat jy wil cover.
https://www.gluedevil.co.za/
Dit is in die brosjure so kontak hulle en hoor as dit is wat vir jou kan werk.
Ek het al Glue Devil by Game gekry (gomme en duct tape)
Re: Grip en beskermer vir houtkolf
Posted: Tue Nov 20, 2018 10:04 am
by andre007
airhunter wrote:Wat van hierdie produk van Glue Devil?
Maskeer en spuit die gedeeltes wat jy wil cover.
https://www.gluedevil.co.za/
Dit is in die brosjure so kontak hulle en hoor as dit is wat vir jou kan werk.
Ek het al Glue Devil by Game gekry (gomme en duct tape)
Stem Dirk. Die 'clearcoat' sal mooi werk. Skoon vergeet van dit. Ek gebruik die 'mat black' op my bakkie se 'mags'. Hy tek soos n plakker na die tyd af.