Page 1 of 1

Remote control spotlight

Posted: Fri Oct 21, 2011 4:49 pm
by G-force
My swaar bring gister die lig na my toe laat ek kan sien hoe lyk die ding.Nog nie saans getoets nie maar die remote werk van ver af....getoets tot op 50m.Die lig is 2500lumens.
Image
http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... ure001.mp4

Re: Remote control spotlight

Posted: Sat Oct 22, 2011 7:23 pm
by James Wilson
verwag jy dat so n remote beheerde lig n voordeel kan inhou as jy jaracals jag?  maw wat is die doel/voordele van so n lig.
klink intresant

Re: Remote control spotlight

Posted: Sat Oct 22, 2011 10:12 pm
by G-force
Wel ek het geen ondervinding met jakkies inroep nie.Nog nuut in die ding in.Ek het nou n draai gery hier tussen die plotte met hom.Hy gooi n baie mooi wit lig en mens kan hom redelik goed beheer.Ek dink alleen jagter wat n draai ry om die spulpunte te check kan die lig lekker gebruik om varke en ondiere in die land te skiet.

Re: Remote control spotlight

Posted: Sun Oct 23, 2011 3:47 pm
by James Wilson
ek se weer dit klink intresant.    as jy hom suksesvol gebruik het op jakkalse gee bietjie terugvoer asook jou voorgestelde taktiek met die lig

Re: Remote control spotlight

Posted: Mon Oct 24, 2011 8:19 am
by BLOK
Ek weet nou nie of hy met jakkals jag sal werk nie, maar vir algemene in die nag ry en sommer rondkyk lyk hy baie goed. Moes destyds toe ek met bokke in die kalahari geboer het gereeld ooie in die veld gaan soek wat gelam het en nie kraal toe kom nie. Ek glo op n koue wintersnag sal die lig baie beter werk as met n oop venster lig

Re: Remote control spotlight

Posted: Mon Oct 24, 2011 9:12 am
by G-force
Ja vir algemene werk gaan hy heel goed werk.Rong ry en kyk,werk aan n waterlyn in die aand wat gebaars het ensv.Sy lig is baie wit en maak n groot area helder.Hy skyn ook lekker ver.

Re: Remote control spotlight

Posted: Mon Oct 24, 2011 9:20 am
by Geno
Ge,
Daai lig sal lekker werk vir patrollies ens.....
Hoe werk sy remote? Hoe ver vang hy op?
Nou dink ek, wat as mens die lig ontkoppel, en die ding met 'n haasvel oortrek (nee, nie daai tipe haasvel wat julle met die vuil gedagtes aan dink nie!), en gebruik as 'n decoy vir 'n dag roep?

Re: Remote control spotlight

Posted: Mon Oct 24, 2011 9:24 am
by G-force
Geno ek het die remote net tot op so 50m getoets maar sal kyk hoe ver hy kan gaan.

Re: Remote control spotlight

Posted: Mon Oct 24, 2011 9:26 am
by BLOK
Geno

Ek laaik die manier hoe jy dink, hom dalk sommer dan op n remote kar ook nog monteer dan kan hy probeer weghol as die jak nader kom ;D ;D ;D

Re: Remote control spotlight

Posted: Mon Oct 24, 2011 9:27 am
by Geno
Jy sien!
Daai is die plan. Nie net die roeper wat skreeu nie, maar ook die visuele trigger......

Re: Remote control spotlight

Posted: Wed Oct 26, 2011 9:21 pm
by britsman
Die Manne,
                  Ek het so 'n "Remote Spotlight" in die States gekoop:
Image:
http://www.golight.com/products/stryker_hid.html.
  Dit gaan so oor twee weke hier aankom.
  Omdat ek 'n "fixed focus" (Steiner) verkyker gebruik om oogies doer ver te soek (+800m), gaan dit lekker werk om die wireless remote saam met die "bino" te hou en die "spot" saam beheer.
      In die winter pla ou britsie se elmbo kwaai met die pyn, as ek heeltyd 'n "spotlight'' buite die venster moet hou terwyl ek rond ry.Omdat die "spot "HID" tipe is, gebruik dit min krag en sal ook lekker werk op die Quad:
Image

Mooi loop,
                  ou brits

Re: Remote control spotlight

Posted: Thu Oct 27, 2011 7:50 am
by James Wilson
Geno wrote: Jy sien!
Daai is die plan. Nie net die roeper wat skreeu nie, maar ook die visuele trigger......
Geno, het jy al so probeer roep met n decoy? ek het vir my n decoy gebou met n goedkoop remote kar.  ek het so n fluffy speelding van die kinders an die wil vasgemaak. die wiele afgehaal, en die kar op sy kant vasgemaak. dan het ek die as langer gemaak deur sommer n stuk 20cm bloudraad aan die as te heg. dit maak natuurlik dat die punt van die as baie uit balans is. as jy nou die vorentoe knoppie op die kar se remote vir n oomblik druk dan waai daai fluffy speelding net soos n ding wat in groot distress is. maar ek het hom nog nooit gebruik nie. ek glo ek sal so n dagjag hierdie desember doen. dis egter vir my snaaks dat jakkals jag met decoy's nie werklik aanklank vind in RSA.  ek weet jy kry decoy's wat by die foxpro inplug, maar nog nooit so iets hier by ons gesien nie.

die een wat ek gebou het het basies diesefde bewegings as die een in die video

http://www.youtube.com/watch?v=nEaAkV3lQSI