Page 1 of 1
Oormowwe
Posted: Tue Nov 13, 2018 8:35 am
by Matewis28
More almal,
Ek wil vir my en vroulief oormowwe koop. Aangesien ons nou eers begin wil ek nie R3500 op 'n paar elektriese outjies spandeer nie.
Wat gebruik julle en waarna kyk ek prysgewys??
Dankie!
Matewis
Re: Oormowwe
Posted: Tue Nov 13, 2018 8:51 am
by Maroelas
Mate wis, mens het net een stel ore en hulle kan nie vervang word nie. Trust me, ekt permanente tinnitus agv skiet. Kry die beste wat jy kan.
Ek skiet nou met Howard Leight Impact Sport met gel pads. Ek jag ook nou permanent met my oormowwe aan.
Re: Oormowwe
Posted: Tue Nov 13, 2018 11:16 am
by Harambe
Gaan na builder's warehouse toe en koop die duurste een onder R100 wat jy sien. En koop sommer 'n handvol van daai's wat jy binne-in jou ore druk. Jy sal laasgenoemde saam met die mowwe gebruik wanner jy onder dak skiet (en 'n buite-baan met 'n dakkie oor tel ook as "onder dak"). Wanneer jy eendag aanbeweeg na beter mowwe, kan jy die oorspronklikes in jou garagekas sit vir wanneer jy met raserige gereedskap soos grinders werk.
Re: Oormowwe
Posted: Tue Nov 13, 2018 11:21 am
by ChristoK
Maroelas wrote:Mate wis, mens het net een stel ore en hulle kan nie vervang word nie. Trust me, ekt permanente tinnitus agv skiet. Kry die beste wat jy kan.
Ek skiet nou met Howard Leight Impact Sport met gel pads. Ek jag ook nou permanent met my oormowwe aan.
Hierdie is baie goeie advies, ek het ook van die Howard Leight Impact Sport.
Hulle kos ongeveer R1300, en jy kan later as jy wil die gel pads by koop, hulle is R600.
Re: Oormowwe
Posted: Tue Nov 13, 2018 1:44 pm
by Springkudu
Ek het 'n stel elektroniese mowwe wat ek letterlik 1 keer op die baan gehad het, toe koop 'n pel die week daarna 'n paar Allen mowwe en soos dit mos nou maar is toe koop ek ook 'n paar en die ander een lĂȘ sedert in die kas nog in sy oorspronklike verpakking.
Indien jy belangstel PM my jou nommer dan kan ek vanaand fotos whatsup en besluit op 'n prys.
Op 'n ander noot, ek gebruik die Allen elektroniese mowwe en sit ook van die plugs in my ore, werk baie goed.
Re: Oormowwe
Posted: Tue Nov 13, 2018 2:13 pm
by hollow point
Kyk na Earmor, dit is baie goed, word gebruik deur Jerry Miculek en Instructor Zero.
https://www.shop-hollowpoint.com/collec ... s?q=EARMOR
Re: Oormowwe
Posted: Tue Nov 13, 2018 5:42 pm
by JohanvB
Ek was in die week by die Oor instituut in Bellville, en vir my oor proppe laat maak, R1000...wat ek onder my Peltors sal gebruik..