Page 1 of 1

Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Mon Nov 05, 2018 7:14 pm
by Malan123
Help my asb gou verstaan. Ek sien daar is manne wat jag met die ELD-M punte. In 30 cal het die 178gr eld-x 'n hoer BC as die Eld-M. Hoekom die ELD-M skiet vir kompetisie en jag eerder as die ElD-x vir jag en kompetisie?

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Mon Nov 05, 2018 7:48 pm
by LUAN
Ek sien dis net met die 178gr dat die eld-x n hoer bc as die eld-m het. Die 208gr eld-m het weer n hoer bc as die 212gr eld-x. Dink die eld-x is ook duurder as die eld-m. En dit gaan mos als oor bc so ouens gebruik die hoogste bc koel en wil nie 2 verskillende koels laai in n geweer want dan moet daar weer verstellings gemaak word. Hou by een kombinasie.

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Mon Nov 05, 2018 7:49 pm
by Arnold
Ek kan nie vir ander praat nie maar het om die rede die eldx geskies in 178gr. Hierdie verskynsel is egter die uitsondering dink ek.

ELDM is ook oor die algemeen goedkoper as die eldx.

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Mon Nov 05, 2018 7:50 pm
by Arnold
Daar spring Luan my voor ;)

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Mon Nov 05, 2018 7:51 pm
by Malan123
Ok dankie. Het nie na die ander gekyk nie. Wou net seker maak ek mis nie iets nie

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Tue Jan 15, 2019 12:10 pm
by JDEls
Hi Malan,

Vir wat dit werd is, my kalibers waarmee ek geneig is om papierbokke mee te skiet, gebruik ek ook wanneer ek die geleentheid kry om bietjie lang afstand jag te doen. In hierdie kalibers gebruik ek tipies net 'n papier koeel, onder andere die Hornady ELD-M.

My siening rondom dit is dat daardie tipe jagte nie sommer van skietstokke of uit die skouer gedoen word nie, so die nader skote en agv die stabiele platvorm van so 'n jag poog ek gewoonlik om die skoot redelik presies te plaas op die nader afstande so vleisskade en opbreek van koeel is nooit regtig 'n probleem vir my nie.

Die voordeel van sagte baan koeel kom egter wanneer jy 'n langer skoot skiet waar die spoed al gedaal het, dan bly hierdie ELD-M baie mooi bymekaar en penetreer goed.

Ek het 'n 140gr ELD-M laas jaar gebruik uit my 6.5 Creedmoor, skootplasing was op 'n blesbok se blad, afstand was 590m. Die koeel was herwin en het 110gr terug geweeg.

Vir my doeleindes steur ek my nie aan die "X" vir jag en "M" vir baan nie, ek geruik die M vir beide. Vir my toegwyde jag applikasies gebruik ek mono koeels wat onverbeterlik presteer in die bosveld.

Groete
JD

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Tue Jan 15, 2019 12:15 pm
by Malan123
Dankie vir die terugvoer. Ek het spesifiek die 178gr EldX en EldM vergelyk, aangesien die BC vir hierdie spesifieke punt hoer is met die EldX as die EldM. Dit is spesifiek op die 178gr en ek sien dat met die ander punte die EldM weer 'n hoer BC het. Dan maak die EldM natuurlik meer sin

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Tue Jan 15, 2019 3:29 pm
by jankraay
Malan123 wrote:Dankie vir die terugvoer. Ek het spesifiek die 178gr EldX en EldM vergelyk, aangesien die BC vir hierdie spesifieke punt hoer is met die EldX as die EldM. Dit is spesifiek op die 178gr en ek sien dat met die ander punte die EldM weer 'n hoer BC het. Dan maak die EldM natuurlik meer sin
Praat bietjie met Harris oor die 2 punte. Hy het hulle getoets in die WSM deur te jag. Ek het die 155 ELD M gekies in die 30-06 op sy aanbeveling en ek is glad nie teleurgesteld nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Thu Feb 10, 2022 2:45 pm
by Arnold
Lekker bietjie lewe blaas in die ou draad...

Is daar 'n verskil in die akuraatheid van die 2 tipe koeels?
In die tye waar ons is moet mens soms vat wat jy kan kry so as die ELDm nie beskikbaar is nie kan die ELDx sy skoene volstaan?

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Thu Feb 10, 2022 2:50 pm
by Kallie Fernhout
https://www.youtube.com/watch?v=Xm8wAXkVaxU

Hier is n toets waar hul met mekaar vergelyk word

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Thu Feb 10, 2022 2:56 pm
by Arnold
Kallie Fernhout wrote: Thu Feb 10, 2022 2:50 pm https://www.youtube.com/watch?v=Xm8wAXkVaxU

Hier is n toets waar hul met mekaar vergelyk word
Dankie Kallie, ek het hom al gesien maar hulle toets geensins akuraatheid en dit is spesifiek iets waaring ek balngstel.
So baie mense skiet die 143gr ELDx daat daar seker nie fout kan wees nie alhoewel ek spesifiek kyk na die 6mm 103gr ELDx en 108gr ELDm.

Ek het self ook die 178gr ELDx in my 30-06 geskiet sonder probleme.

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Thu Feb 10, 2022 2:59 pm
by Capt. Yoda
Arnold wrote: Thu Feb 10, 2022 2:45 pm Lekker bietjie lewe blaas in die ou draad...

Is daar 'n verskil in die akuraatheid van die 2 tipe koeels?
In die tye waar ons is moet mens soms vat wat jy kan kry so as die ELDm nie beskikbaar is nie kan die ELDx sy skoene volstaan?
Arnold, the word on the interweb streets are dat die X nie so akuraat soos die M is nie maar ek dink nie as jy staal skiet gaan jy regtig n verskil sien nie. Ek skiet nie persoonlik die X in eige kaliber nie maar ek het al n paar manne gehelp met hulle in n paar kalibers en daar was nog nie regtig iemand wat gekla het nie. Die was nou maar almal staal skieters en ouens wat bq verder as normaal jag nie noodwendig top papierskieters nie.

Ek skiet die 108gr ELDm nou al n lang ruk en is meer as gelukkig, ek sou wel se as jy n goeie lot kry koop baie van hulle want ek het in die begin een of 2 gekry wat nie so hot gemeet het nie maar dit was lank terug so kon dalk maar begin dae probleme gewees het

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Fri Feb 11, 2022 11:53 am
by ruaanb
Ek het al die 200gr eldx geskiet vir jag doeleindes ipv die 208gr eldm en akkuraatheid was vir my dieselfde. Ek het die x tot op n km geskiet op staal geen issues.

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Fri Feb 11, 2022 2:00 pm
by Francoisv
Akuraatheid en presisie.Image

Shoot straight


Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Fri Feb 11, 2022 2:16 pm
by Arnold
Dankie Francois, ek dink egter die manne hier verstaan gelukkig my bedoeling as ek vra hoe die punte skiet :laugh:

Re: Hornady ELD-x vs ELD-m

Posted: Fri Feb 11, 2022 3:35 pm
by tau
Arnold ek het in my vorige Creedmoor 142 ELDX geskiet en in my 7mm jag ek met 175 gr ELDX, Hulle doen baie goed en laai maklik. Ek gaan nou 184gr Berger Hybrids toe en sal dan laat weet of die extra koste dit werd is. Wat ek wel kan sĂȘ is dat die 175gr ELD X 'n bok hard slaan.