Page 1 of 2
Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Sun Nov 04, 2018 6:08 pm
by JohanvB
Ja..wonder sommer wie jag met 'n Tromp-rem...
Yip, weet daar is baie wat met KD'S jag en sonder..
Weet ook dat die Tromp-rem baie lawaai....
So julle hoef my nie daaraan te herinner nie..
Re: Jag met of sonder Blitsbreker
Posted: Sun Nov 04, 2018 6:28 pm
by tripodmvr
Die gids gaan jou daaraan herinner - miskien 'n manier om te verseker die gids is agter jou

Re: Jag met of sonder Blitsbreker
Posted: Sun Nov 04, 2018 8:42 pm
by Gawie(13mm)
Vinnige vraag van my kant: hoekom wil jy met 'n blitsbreker jag?
Ek verstaan 'n demper en 'n tromp-rem, maar 'n blitsbreker!

Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Sun Nov 04, 2018 8:57 pm
by JohanvB
Ok..dankie Gawie..ja 'n Tromprem.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Sun Nov 04, 2018 9:07 pm
by Alwin
Noem dit sommer 'n "amplifier", dan verstaan almal (hopelik?) wat die probleem is.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Mon Nov 05, 2018 9:37 am
by LoopSoosStroop
Ek skiet gewoonlik met 'n tromp-rem, maar het hom hierdie jaar afgehaal toe ek Karoo toe is vir Springbokke. Was bang ek maak myself en ander doof. Op die ou end het ek heeltemak alleen gejag, so sou kon regkom met oorpluisies, (maar dis steeds lastig). My geweer skiet ook op 'n ander POI met en sonder rem, so dis ook 'n schlep om twee keer ekstra teleskoop in te stel.
Volgende jaar hou ek die rem op. Dink daardie oorpluisies met die rigiede plastiek verbinding wat so om jou nek kan hang is die oplossing, mens kan dit vining opsit.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Mon Nov 05, 2018 10:35 am
by JohanvB
Dankie
LoopSoosStroop wrote:Ek skiet gewoonlik met 'n tromp-rem, maar het hom hierdie jaar afgehaal toe ek Karoo toe is vir Springbokke. Was bang ek maak myself en ander doof. Op die ou end het ek heeltemak alleen gejag, so sou kon regkom met oorpluisies, (maar dis steeds lastig). My geweer skiet ook op 'n ander POI met en sonder rem, so dis ook 'n schlep om twee keer ekstra teleskoop in te stel.
Volgende jaar hou ek die rem op. Dink daardie oorpluisies met die rigiede plastiek verbinding wat so om jou nek kan hang is die oplossing, mens kan dit vining opsit.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Mon Nov 05, 2018 2:39 pm
by tau
Skiet jy een bok en dan is jy klaar? SKiet jy vanaf 'n bakkie of walk en stalk jy? EK het al baie gesien hoe die bok agv. kneldemper nie dadelik weet waarvandaan die skoot kom nie en eers stilstaan en soek wat baie keer lei tot jou suksesvolle skoot. Met my .222Rem het ek al drie bokke geskiet voor hulle my kon sien. DIe wind en my agtergrond was ook darem baie goed.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Mon Nov 05, 2018 4:36 pm
by JohanvB
Vraag bly staan, het jy gejag met 'n Tromp-rem?
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Mon Nov 05, 2018 4:41 pm
by tau
JohanvB wrote:Vraag bly staan, het jy gejag met 'n Tromp-rem?
Nee ek het al saam met kliente gejag met Tromprem en my AR 15 het een op wat vieslike skok-golwe uitgooi.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Mon Nov 05, 2018 4:43 pm
by Apie
JohanvB wrote:Vraag bly staan, het jy gejag met 'n Tromp-rem?
Ek het in 2006 met BSA 3006 en 270 met 'ported' lope in botswana gejag.
My ore fluit nou nog...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Mon Nov 05, 2018 4:44 pm
by alecjohnson
EK het nog nie gejag met een nie, maar wel 'n bok geskiet met 'n pel se 7mm Rem mag met een op, na die skoot was ek toe onder die stof, so sal nie weer met een op 'n bok skiet nie... ek moes seker nie gele het daar nie maar nou ja daarom los ek hom maar.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Mon Nov 05, 2018 4:54 pm
by Capt. Yoda
Ek het nog nie met een gajag nie maar ek het my kop langs Rudi se 25-06 met n brake op gehad toe hy een geskiet het. Ek kan ongelukkig nou weer begin hoor met daai oor as my vrou praat. As jy alleen jag kan dit seker werk as jy heeltyd met jou oorgoed op jou kop rond loop maar ek draai eder n KD op my jag roer
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Mon Nov 05, 2018 6:05 pm
by Marius@J
Ek het nog nie met een gejag nie, maar jy sal moet mooi onthou om jou gehoorbeskerming op te sit. Met gehoorbeskerming is 'n tromprem effens ongemakik, daarsonder maak hy seer. Selfs al is jy agter hom.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Mon Nov 05, 2018 6:18 pm
by Ashley
Ek al vir n paar jaar besluit om myne af te haal.
Op beide die skietbaan en in die jagveld maak hy die mense om en saam met jou net moerig.
En die arme gids wie se skouer ek van af skiet sal my vir ewig haat.
Nee wat, los hom by die huis..
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Tue Nov 06, 2018 7:17 am
by FHM
Al bitter baie met een suksesvol gejag.
Net seker gemaak ek skiet nooit van die gids se skouer af nie, en hy en wie ook-al per geleentheid saam was, is agter my as ek die skoot vat.
Hang ook seker af watse kaliber, n 222 met n tromprem sal sekerlik minder moerige gidse/vriende veroorsaak as n 375 met een op.
In my ondervinding kry jy die meeste K-alfa-K op die skietbaan met die manne wat langs jou sit. 'N tromprem fk hulle konsetntrasie en (ore) op, en as die skietpunt onder dak is, hel dan raas daai affere eers!
'N tromprem lyk regtig 'cool' imo, maar op die skietbaan en meeste jagvelde waar daar saam gejag word, gaan daai 'cool lyk' nie goed afgaan nie.
Ieg - jy kry ook deesdae al hoe meer jagplaas-eienaars wat verkies dat jy nie met n tromprem op die plase jag nie.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Tue Nov 06, 2018 7:28 am
by tau
EK dink die Tromp rem geniet helse sukses omdat soveel state in Amrika nie knaldempers toelaat nie en hulle dan Tromp rem gebruik om recoil te beheer, en om ook net iets op loop te skroef wat "sniper" lyk.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Tue Nov 06, 2018 7:54 am
by ruaanb
Hoe beinvloed dit die wild wat op geskiet word?
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Tue Nov 06, 2018 8:04 am
by Apie
ruaanb wrote:Hoe beinvloed dit die wild wat op geskiet word?
As die trop lekker naby is gaan 1 dood word en die res doof word
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Tue Nov 06, 2018 8:09 am
by FHM
ruaanb wrote:Hoe beinvloed dit die wild wat op geskiet word?
Ruaan ek het al n paar springbokke / gemsbokke / blesbokke agtermekaar uit die trop geskiet met een op. Ja die bokke hardloop se entjie en gaan staan en kyk terug na die ou wat gesneuwel het, dan klap die volgende een en so aan. Wat ek wel agtergekom het is dat in bergagtige gebied en in duineveld is die bokke deurmekaar en weet nie uit watter rigting die gevaar kom nie, hulle maal rond en kyk in alle rigtings - dis seker die weergalms uit verskillende rigtings wat dit veroorsaak.
Dan het ek gevind in bosveld wereld en oop vlakte is dit die teenoorgestelde, die diere besef uit watter rigting die gevaar kom en hulle vat pad in die teenoorgestelde rigting so na die tweede skoot in meeste gevalle met my jagte.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Tue Nov 06, 2018 8:13 am
by ruaanb
Dankie Francois.
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Tue Nov 06, 2018 8:45 am
by JohanvB
Dankie vir almal se insette. Waardeer..
Admin kan maar die post sluit asb
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Tue Nov 06, 2018 10:12 am
by Rudiejacobs
Capt. Oblivious wrote:Ek het nog nie met een gajag nie maar ek het my kop langs Rudi se 25-06 met n brake op gehad toe hy een geskiet het. Ek kan ongelukkig nou weer begin hoor met daai oor as my vrou praat. As jy alleen jag kan dit seker werk as jy heeltyd met jou oorgoed op jou kop rond loop maar ek draai eder n KD op my jag roer
Ons kan maar altyd weer een loop skiet as die gehoor n probleem raak.




Rudie.
Sent from my SM-G800F using Tapatalk
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Tue Nov 06, 2018 10:26 am
by Capt. Yoda
Rudiejacobs wrote:Capt. Oblivious wrote:Ek het nog nie met een gajag nie maar ek het my kop langs Rudi se 25-06 met n brake op gehad toe hy een geskiet het. Ek kan ongelukkig nou weer begin hoor met daai oor as my vrou praat. As jy alleen jag kan dit seker werk as jy heeltyd met jou oorgoed op jou kop rond loop maar ek draai eder n KD op my jag roer
Ons kan maar altyd weer een loop skiet as die gehoor n probleem raak.




Rudie.
Sent from my SM-G800F using Tapatalk
Ons kan ry, ek het klaar gelaai
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Posted: Thu Dec 13, 2018 8:29 am
by 308Win
"Man with muzzle brake has no hunting buddies."