Page 1 of 1

Nuwe aansluiting - PH

Posted: Sun Nov 04, 2018 2:43 pm
by Matthys Kemp
Goeie dag almal,

My naam is Matthys Kemp (30 jaar oud) en ek is 'n vryskut profesionele jagter.
Oorspronklik van Naboomspruit, maar is tans woonagtig in Pretoria.
Ek is 'n profesionele jagter al vir 6 jaar en jag al 10 jaar saam met ander jag ondernemers.
Ek het 'n groot passie vir jag en jag al vandat ek 6 jaar oud is.

Ek het onlangs MJD Hunting Safaris gestig, waarmee ek my loopbaan as Profesionele jagter wil uitbrei.
Ek het ervaring met verskeie buitelandse kliente (Amerikaners, Spanjaarde, Australiers, Indiers en Russe).

Gewere waarmee ek jag, is .416 .223 .270 .30'06 .375 .7x75 .300


Groete
Matthys

Re: Nuwe aansluiting - PH

Posted: Sun Nov 04, 2018 2:55 pm
by 243Songdaug
Welkom Matthys

Re: Nuwe aansluiting - PH

Posted: Sun Nov 04, 2018 3:05 pm
by tripodmvr
Welkom by Jaracal. Kom vertel ons van jou wedervaringe in die jagveld.