Page 1 of 1

Skietbaan Wes Rand

Posted: Fri Oct 26, 2018 9:07 am
by LoopSoosStroop
Ek het onlangs Randpark toe getrek vanaf Midrand. Is hier in die Wes Rand erens 'n 100 m baan waar mens 'n paar skote kan skiet op 'n Sat oggend?

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Fri Oct 26, 2018 9:08 am
by gillie
Durban Deep is seker jou beste roep in daai area

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Fri Oct 26, 2018 9:20 am
by LoopSoosStroop
Dankie gillie

En Cecil Payne?

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Fri Oct 26, 2018 9:47 am
by Carl
Hoor by die Black Duck ouens. Ek dink daar is 'n geweer baan. Hulle is net so entjie op die R24 vanaf die N14 daar waar Safari se nuwe winkel is.
https://www.facebook.com/TheBlackDuckFieldSports/

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Fri Oct 26, 2018 10:34 am
by FCLoretz
Durban Deep.

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Fri Oct 26, 2018 11:30 am
by LoopSoosStroop
Dankie manne. Gaan by Cecil Payne verby ry oppad Durban Deep toe. Sal terug raporteer!

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Fri Oct 26, 2018 12:33 pm
by Beer (Christo)
By Durban Deep moet jy maar oë agter in jou kop he. Klomp Zama-zamas wat daar rond beweeg reg agter die skiet tafels.

Ek dink jy moet vooruit boek by Black duck. En laas wat ek daar was was dit net 'n 100yard baan met twee tafels. Hulle doen gong skiet op langer afstand maar dan moet jy 'n silencer he

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Sun Oct 28, 2018 7:16 am
by LoopSoosStroop
Ek was toe wel by Durban Deep, het 'n goeie ervaring gehad. Wel bietjie duur teen R130 en as jy nie jou eie teiken raam het nie moet jy ene huur vir R30. Kan darem skiet tot by 200 m ook.

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Sun Oct 28, 2018 5:39 pm
by Jaco V
Stroop
Het jy jou raam gaan terug gee vir Anna waar jy in die register geskryf het?
Die R30 is 'n deposito vir as jy die raam kwes, as hy nog heel was moes jy jou R30 terug kry.

Ek weet nie hoe gereeld jy skiet nie maar sluit aan vir die jaar, as jy die baan gereeld gebruik is dit die moeite werd, die ledegeld sluit gebruik van die .22, lug geweer en pistool bane ook in.

Lede geld vir 2018 was R1200 vir die jaar, sal seker R1300 wees vir volgende jaar.

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Mon Oct 29, 2018 8:22 am
by LoopSoosStroop
Jaco V wrote:Stroop
Het jy jou raam gaan terug gee vir Anna waar jy in die register geskryf het?
Die R30 is 'n deposito vir as jy die raam kwes, as hy nog heel was moes jy jou R30 terug kry.
Hulle het dit nie baie mooi so verduidelik nie, haha! Dankie!

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Wed Jan 23, 2019 12:10 pm
by AndreVal
Dagse manne.
Post maar hier dan is die dinge bymekaar as iemand soek.
Hoe is dinge by Durban Deep deesdae. Ek onthou paar jaar terug het dit maar rof gegaan daar en baie mense het my afgeraai om soontoe te gaan.
Dit raak net te ver om van Randburg af Rooikraal toe te ry.

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Wed Jan 23, 2019 2:37 pm
by Rudi Fischer
Ek het geen issues met Durban deep nie, ek maak net seker my pistol is op my heup (one up) en ek los nie my geweer by die Bank as ek wil teiken gaan kyk nie (dit is nou as Dawie nie daar is nie en ek is alleen op die baan)

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Wed Jan 23, 2019 2:48 pm
by LoopSoosStroop
Ja Andre, my twee besoeke by Durban Deep einde laas jaar was heel aangenaam.

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Wed Jan 23, 2019 3:33 pm
by AndreVal
Dankie manne. Ek gaan hom bietjie besoek die naweek dan. Wag nog vir my S13 so sal maar net ore en oë ook oophou

Re: Skietbaan Wes Rand - Black Duck

Posted: Mon May 13, 2019 9:10 pm
by Jaco V
Was iemand dalk onlangs by Black Duck? Ek het die LR baan bespreek vir Saterdag, die persoon praat van "Booths" waaruit geskiet word, hoe lyk dit? Is daar darem stewige tafels en stoele of moet ek maar als saamry?
Hulle het ook genoem dat hulle teikenrame op 100 en 200 het vir zeroing en dan gonge van 300 tot 650.

Sal enige info of fotos van die set-up waardeer.

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Wed May 15, 2019 10:17 pm
by phyllox
Was seker so 5 weke terug daar. Was baie oorgroei vanaf 300m. Kon nie skoon skoot op 300m kry nie. Weet hulle wou oopsny vir Langer afstande.

Twee booths sal ek die beste kan vergelyk met n dwars gedraaide shipping container at afgeskort is.
Als van staal en dus n dak oor jou kop. Bank/blad is stewig (staal) genoeg om op te sit as jy sou wou maar hoog relatief for gewone plastiek stoele.

Nie plek vir le en skiet toe ek daar was nie. Geniet dit....



Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Fri Aug 30, 2019 6:55 am
by phyllox
Is daar dalk enige iemand wat onlangs by Black Duck gaan skiet het en terugvoer kan gee?
Dankie by voorbaat...

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Mon Sep 02, 2019 6:59 pm
by Jaco V
Ek was na my eerste post so paar keer daar, ek dink die plek is redelik nice, daar is nou 4 booths, maak net seker wanneer jy book om te bevestig dat jy 'n booth bespreek en nie deel met iemand nie. my laaste besoek was nie lekker nie want daar was 8 mense en net 4 booths, ek het wel 3 van die booths bespreek vir 4 mense en so betaal maar toe laat hulle 4 ander skuts in een booth toe, die ontwrigting wat die wisseling veroorsaak is net te veel en nie die moeite werd nie.
Wat die baan betref is die basiese daar, rame op 100 en 200m. Op 300 skiet jy deur so gang na klein gongetjie, hy is darem wit geverf en sigbaar.
Die eerste keer wat ek daar was was die gonge op 407, 631 en 673 nie geverf nie wat dit moeilik gemaak het om te identifiseer, die laaste kere wat ek daar was was al die gonge mooi wit geverf en duidelik sigbaar.
Die gong op 673 is te groot na my sin en te maklik om te tref, die een op 631 en 407 en selfs 300 is meer van 'n challenge aangesien hulle MOA grote heelwat kleiner is... hoe dit ookal mag sy, dit bly lekker om daai klokke te lui.

As jy nie 'n vreeslike georganiseerde baan met baie gesofistikeerde apparaat verwag nie, en jy is ok met dit, gaan jy die baan geniet.

Ek gebruik hom veral om my dope te bevestig, veral vroeg oggend as die gongs geen hits het nie want dan kan jy sien en adjust.
Wind kan nogal maal in die klofie en jou om die bos lei van tyd tot tyd.

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Tue Sep 03, 2019 9:49 pm
by phyllox
Dankie Jaco V vir die goeie terugvoer ... waardeer. Ek sal die baan weer n slag probeer!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Mon Jul 03, 2023 12:23 pm
by Albert_7
Hi Manne

Ek sien hierdie post is redelik oud, maar gedink ek post eerder hier as om 'n nuwe een te begin

Is Durban Deep en Black Duck nog die 'go to' opsies vir die Wesrand?

Groete
Albert

Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Mon Jul 03, 2023 1:21 pm
by Johan308
Hi Albert

Laaste wat ek gehoor het was Durban deep toe gewees, Black Duck is mar die een waarheen ons gaan.

Groete

Sent from my SM-A326B using Tapatalk


Re: Skietbaan Wes Rand

Posted: Mon Jul 03, 2023 10:28 pm
by phyllox
Durban Deep is oop.


Sent from my iPhone using Tapatalk