Page 1 of 1

Wat byt so?

Posted: Wed Oct 19, 2011 7:45 pm
by Kleinpiet
Groot gis dorper ooie is in hulle gatte gebyt, party se haakskeensenings is selfs afgebyt maar geen bytmerke op die nek of iewers nie.
Kan dit al die jong jakkies wees wat begin jag????

Re: Wat byt so?

Posted: Wed Oct 19, 2011 9:26 pm
by Geno
Honde?
Is daar nie wol uitgeruk ook nie?
Dalk ook miskien witstertmuishond?

Re: Wat byt so?

Posted: Sat Nov 12, 2011 1:13 pm
by John101
Kleinpiet ,

Het jy dalk fotos om te wys , hier naby my was daar al angora bokke vat se haakskeen senings
af geslaan is , en die boude verskeur is , deur BOSVARKE .
Ek hoop nie dis jou probleem nie , want as bosvarke eers leer on vee te vang moet jy gou die
storie oplos .

John .

Re: Wat byt so?

Posted: Sat Nov 12, 2011 9:26 pm
by fiela
Kleinpiet,

Ek stem saam die manne. My eie foksies het so gemaak met n ram.
Ek kan nie iets se oor die varke nie, ken hulle gelukkig nog nie, maar ek het al gehoor van hulle streke.

Hoop jy wen die geveg.

Re: Wat byt so?

Posted: Sun Nov 13, 2011 8:07 am
by Kleinpiet
Dankie vir terugvoering.  Ek het ongelukkig nie foto's geneem nie, hier by my is nie syn so ek ry ook nie my selfoon saam nie.  Ek weet egter nie van rondloper honde nie maar dit kan wees dat hier van die bure se werkers se keffers dalk rondloop.  Die wol is egter nie uitgetrek nie net gebyt.  Dit het egter nou gestop.