Elektrifiseering van stokproef
Posted: Mon Oct 15, 2018 11:23 am
Goeie dag mede lede.
Ek wil graag uivind of iemand ondervinding met die bogenoemde het. Hoe is daar tewerk gegaan met isolasie en hoe suksesvol is dit om jakke tot binne 'n kamp te beperk?
Miskien net bietjie agtergrond. My tannie het nou haar hele plaas buite om elektrifiseer. Dit is nou mesh draad met elektriese drade wat los gespan is. Dit kom voor of 'n jak wel steeds inkom waar die heining nie beide kante gespan is of dalk dele waar daar nie grag bo-op draad ook loop nie. (Elke buurman het 'n stuk gedoen op sy manier soos hy goed dink.) Nou ja, as hy in is, is dit 5000ha waar hy kan rondloop. Iemand het haar toe adviseer om van die stokproef wat die binne kampe skei ook te elektrifiseer. PVC pyp oor staal droppers en dan isoleer by ankerpale. Dit wil sĂȘ die bestaande stokproef is nou lewendig. Sy wil graag inligting inwin by mense wat dit self gedoen het en hulle ondervinding. Watter en hoeveel lyne is gedoen en wat is die suskses behaal.
Haar idee is om 'n jakkals wat die plaas in kom se beweging te beperk, skape uit vangebied te skuif (waar moontlik), en dan die professionele jagter in te kry wat hopenlik met 'n kleiner fokus area vinniger die probleem dier kan kry en van kant maak.
Hoor graag wat is julle ondervinding.