Page 1 of 1
Sauer Gewere
Posted: Wed Oct 19, 2011 3:42 pm
by Raven
Manne,
EK wil graag vir my nog 'n geweer koop en dink die kaliber gaan 'n 300Winmag wees.
Op die oomblik kyk ek na die Sauer202. Enige iemand wat ondervinding het van di? gewere - akkuraatheid??
Die geweer pas my mooi, baie mooi hout afwerking met "adjustable cheekpiece" en die sneller is fantasties - die aksie is ook seepglad - ek kan ook 'n ekstra loop bybestel om 2 gewere uit 1 te maak.
Raven
Re: Sauer Gewere
Posted: Wed Oct 19, 2011 3:47 pm
by Gerhard
Klink na n lekke geweer.
As die prys reg is koop hom.
Re: Sauer Gewere
Posted: Wed Oct 19, 2011 3:49 pm
by DWB
My neef skiet met 'n SIG (Sauer) en hy skiet half duim groepe op 200m met sy 30-06
Re: Sauer Gewere
Posted: Wed Oct 19, 2011 4:00 pm
by Lourens
Raves,
As die prys mooi is koop daai roer, daai Sauers is baie goeie en duursame gunne!!
Groete,
Lourens
Re: Sauer Gewere
Posted: Wed Oct 19, 2011 5:06 pm
by Stefan764
Raves
Dai is awesome awesome awesome AWESOME gunne.
Ek sal net nie een koop in n "Dangerous Game" kaliber nie. Soos n 375 of so. Daai seepgladde aksie het maar baie min margin for error. As die buffel kom en da kom n sandkorreltjie tussen die slot en die aksie in gat jou alie jou broek opvreet en dan gan die boefel jou trap, hehe. Hopelik het n man dam n goeie PH by hom wat kan help, hehehehe....
Maar in n kaliber soos 30-06 gaan jy vir jou n BIELIE van n gun koop, dis n feit soos n baksteen!
Stef
Re: Sauer Gewere
Posted: Wed Oct 19, 2011 7:54 pm
by Nico Harris
Ek het n 30-06 en my pa n 375 altwee in sauer model 90! Baie lekker gewere en altwee kan redelik maklik n duim op 100m skiet! Hulle hou net nie van warm ladings nie! die gladde aksie raak vinnig styf as die loads warm word!!
Net vir interessantheid wat is die verskil tussen die 202 en die model 90?
groete
Nico
Re: Sauer Gewere
Posted: Wed Oct 19, 2011 10:59 pm
by Christiaan
Ek het al met n paar model 90's geskiet, baie akkuraat. Ek het met die agente in SA op Huntex gepraat. Hy se Sauer waarborg n 15-12mm groepering met fabrieks ammo.
Daai 'take down' model, die een wat jy die lope kan ruil, wat jy na verwys is bitter mooi. Verseker een van my droom gewere.
Laat ons weet wat jy besluit het.
Re: Sauer Gewere
Posted: Thu Oct 20, 2011 6:24 am
by DWB
Re: Sauer Gewere
Posted: Thu Oct 20, 2011 9:53 am
by Jeagermeister
Ou Raves...
Jy sallie foutgaan met daai roer nie... dis nou nie jou aldag se bakkie ry en werk geweer nie...
Ou Jeaggie het self 'n Model 200, maar 'n LeftHand Drive ene, met 2 lope, 'n 30-06 en 6.5x57 loop... daai twee goete skiet altwee 'n barshou!!
Vandat ek my 243 het het ek die 6.5 loop eers bietjie laat retire, die vorige baas het baie met hom geskiet, so nou bly die 30-06 loop maar op hom.. Enigste ding is sy scope waarmee ek hom gekoop het is maar 'n 1.5-6 x 40 met 'n 30mm tube en DIK kruishaar, so dit sukkel maar met die lang houe se gooi...
Slaan die draad as jy nog ietsie wil weet..
Groete
Jeaggie
Re: Sauer Gewere
Posted: Thu Oct 20, 2011 10:27 am
by Ralph
Norton
As mens jeuk help dit nie altyd om te krap nie, of hoe?
Ek het al met Sauer 90 in 7 Rem Mag geskiet. Recoil is baie minder as ander gewere wat ek al mee geskiet het.
Dis definitief 'n goeie keuse en jy sal hom geniet.
Cheers
Ralph
Re: Sauer Gewere
Posted: Thu Oct 20, 2011 3:24 pm
by herley
Ralph
En jy kan dit weer se, want Raves jeuk behoorlik, jy moet hom sien as hy by die geweer winkels inloop al skuur skuur teen die kaste langs tot by die toonbank
Ek dink hy gaan ons surprise met sy groot geweer
Re: Sauer Gewere
Posted: Thu Oct 20, 2011 4:15 pm
by Raven
Bradley en Ralph,
Julle 2 beter net stilbly, my vrou wetie van die planne nie
Die volgende vraag nou, aangesien ek een geweer kan koop en 2 kalibers het aan die einde van die dag, wat dink julle manne. As ek die 300WM koop, kan ek nog 'n loop bestel in een van die kalibers .
6.5 x 68 - dink hy jaag 90gr pille teen so 3700fps - groot loopvreter
8 x 68S - dis amper naby die 338's
7mm RM
300Weathery MAg
270 Weatherby Mag
6.5-284 - nog 'n loop vreter, maar hy sal darem lekker loop met 142gr's
Watter loop sou julle manne by koop??
NB. ek kyk nou na die Sauer202 - Wolverine
Raves
Re: Sauer Gewere
Posted: Thu Oct 20, 2011 4:21 pm
by Jeagermeister
Nortie,
Jy behoort meer as dit te kan bestel.. ek dink as jy 'n behoefte het kan jy selfs 'n 375 of 458 ook bestel.. Maar soos ek se, dis net as jy 'n behoefte het..
Anders sal my keuse uit daai spannetjie volksvreemde kalibers seker die 6.5 - 284 wees.. Darem gesien hoe skiet FM 'n gong van sy conveyerbelt af oor die 200m ver met daai kaliber..
My minderwaardige Opinie!!
Jeaggie
Re: Sauer Gewere
Posted: Thu Oct 20, 2011 5:51 pm
by Stefan764
Raves
Ek sou vir n swaarder kaliber gegaan het. Jy het klaar jou platskieter vir jakke en ander kopskote, jou 25. Nou kry jy die 300WM wat n bladskootgooier op lang afstande is op groot goete.
Ek sou vir die 8x68S gegan het......
Stef
(Nounet vir Sauer gemail en gevra of maak hulle die S202S Stutzen, die full stock, in n 8x68S

)
Re: Sauer Gewere
Posted: Thu Oct 20, 2011 6:00 pm
by axe942
Nou praat jy Stef. Ek juk self vir 'n 8x68S.
Re: Sauer Gewere
Posted: Thu Oct 20, 2011 6:33 pm
by Flip Fouche
Stef
Ek soek ook een.
Flip
Re: Sauer Gewere
Posted: Fri Oct 21, 2011 7:37 am
by Geno
Raves,
Ek sou die 6.5-284 en 'n 8X68S loop by vat as ek jy was.
Groete,
Eugene
Re: Sauer Gewere
Posted: Fri Oct 21, 2011 9:04 am
by Raven
Geno,
Het jy gehoor wat kos die ekstra lope...

Ek wens ek kon.
Dis 'n groot besluit wat my slapelose nagte gee, maar ai tog so lekker.
Dis wat ek wil koop
Wens net die kolf het die kleur gehad, ek hou baie van die hout.
Raven
Re: Sauer Gewere
Posted: Fri Oct 21, 2011 9:07 am
by Ralph
Norton
Wat van 'n 7RM en 'n 338/375?
Die 300WM is so half tussen als.
Ralph
Re: Sauer Gewere
Posted: Fri Oct 21, 2011 9:12 am
by Lourens
Ek stem saam met Geno oor die 8x68S loop, een kaliber wat ek verseker nog gaan besit eendag!!
Re: Sauer Gewere
Posted: Fri Oct 21, 2011 3:01 pm
by Stefan764
Stefan764 wrote:
Raves
Ek sou vir n swaarder kaliber gegaan het. Jy het klaar jou platskieter vir jakke en ander kopskote, jou 25. Nou kry jy die 300WM wat n bladskootgooier op lang afstande is op groot goete.
Ek sou vir die 8x68S gegan het......
Stef
(Nounet vir Sauer gemail en gevra of maak hulle die S202S Stutzen, die full stock, in n 8x68S

)
Sauer het truggekom na my toe......

maak nie die Stutzen in 8x68 nie........

Re: Sauer Gewere
Posted: Fri Oct 21, 2011 3:04 pm
by Stefan764
Raves, ek dink Geno meen jy moet die 300WM los en die 284Norma en die 8x68 as kombinasie vat....
Nog n ding:
Raven wrote:
Dis wat ek wil koop
Wens net die kolf het die kleur gehad, ek hou baie van die hout.
Eerste stampie aan daai onderste kolf en jy sit met 2x halwe gewere in jou hand. Dai mooi vlamme op die nek van n kolf is n resep vir n f@k@p, hy gaan vesreker breek daar as jy hom hard stamp of laat val... Weereens

, man moet besluit of koop jy n gun wat jy gaan gebruik of n skildery wat jy gaan bere?
Groete
Stef
Re: Sauer Gewere
Posted: Fri Oct 21, 2011 4:56 pm
by Raven
Stefan,
Wat is jou prys by S&O op die Wolverine??
Raven
Re: Sauer Gewere
Posted: Fri Oct 21, 2011 6:30 pm
by Stefan764
Raves, gee my net kans tot Maandag. Sal beskikbaarheid en prys uitvind.
Watse lope het jy op besluit?
