Page 1 of 1
Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Mon Oct 08, 2018 3:08 pm
by Original Harry
Middag menere, ek het 'n 25-06 wat 7mm groepe op 100m geskiet het en gelydellik swakker geword het (dit oor 20 jaar) waar ek nou omtrent 50mm op 100 kry
Na die beste van my oordeel is dit tipies die eerste gedeelte van die loop wat weggebrand het.......geen bore scope en met hierdie cheapie "plug-'n-play" bore scopes bekyk
My opsies is vervang die loop - Ek het nie nou lus nie
Hersny die kamer.........waarskynlik goedkoopste en as dit my probleem oplos dan ook die maklikste
(Ek kan saamleef met 'n korter loop)
Julle opinie oor die sukses hiervan en dan wie sou julle voorstel om dit te doen in Kaapstad/Stellenbosch omgewing????
Re: Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Mon Oct 08, 2018 3:12 pm
by jankraay
Original Harry wrote:Middag menere, ek het 'n 25-06 wat 7mm groepe op 100m geskiet het en gelydellik swakker geword het (dit oor 20 jaar) waar ek nou omtrent 50mm op 100 kry
Na die beste van my oordeel is dit tipies die eerste gedeelte van die loop wat weggebrand het.......geen bore scope en met hierdie cheapie "plug-'n-play" bore scopes bekyk
My opsies is vervang die loop - Ek het nie nou lus nie
Hersny die kamer.........waarskynlik goedkoopste en as dit my probleem oplos dan ook die maklikste
(Ek kan saamleef met 'n korter loop)
Julle opinie oor die sukses hiervan en dan wie sou julle voorstel om dit te doen in Kaapstad/Stellenbosch omgewing????
Hoeveel skote is al deur daai loop?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Mon Oct 08, 2018 3:19 pm
by Capt. Yoda
Harry ja dit is die moeite werd as die loop geskiet het, daar is altyd n kans dat hy nie weer so goed sal skiet nie (loop raak maar kla) maar as jy so 2 duim agter (die thread gedeelte) en so halwe duim voor af sny kan jy heel moontlik nog n goeie 1000 skote uit hom kry as hy nie te hard gewerk het nie want jy kan kry dat 6 of 8" van die loop ge-firecrack is en soos n droe dam lyk.
Onthou net dit gaan jou selfde geld kos as om n nuwe loop te laat kamer en kroon te sny en die loop gaan 10/1 merke op he waar hulle hom in die vice vas gedraai het toe hulle die aksie en loop af skroef so jy gaan moontlik nog geld moet betaal om te blue of ceracoat sou daai goed jou pla, as jy n silencer gebruik gaan jy moet thread sny ook. Jy hoef nie die deel voor aft e sny nie en daai geld van die kroon sny te spaar maar as jy dit doen kan jy dit maar reg doen.
Re: Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Mon Oct 08, 2018 3:33 pm
by Williel
As die bestaande loop 24" is sal ek die roete loop om n nuwe loop op te sit. Daai kaliber soek maar 26" of langer loop.
Re: Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Mon Oct 08, 2018 6:52 pm
by Original Harry
My beste raai is die loop het tussen 1500 tot 2000 skote deur hom. Ek het nie aan die begin rekening gehou nie
Die loop is tans 'n 26" duim en die kroon lyk regtig vir my goed...letwel dit is net my opinie
Ek kan saamleef met 'n merk of twee op die loop alhoewel ek maar sensitief is vir die estetika
Ek sien eintlik die meeste op na die papierwerk van 'n loop vervanging
Wat is die koste van 'n kamer sny.....en ek wil graag weet wie mens kan vertrou met die delicate saak
Werk dit.....werk dit.......indien nie..........gaan ek die loop roete

Re: Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Tue Oct 09, 2018 8:35 am
by Hercules Louw
Harry, ek het deur dieselfde oefning met 'n 25-06 'n paar jaar gelede gegaan. Omtrent 30mm van die loop is by die kamer afgesny en alles is oorgedoen. Die geweer se groepe het na skaars 200 skote weer oopgemaak en toe ek die freebore meet het dit seker 5mm of meer geloop.
Die 25-06 het baie gasse wat deur 'n klein diameter loop geblaas word en die skade na 1500 of meer skote gaan vêr in die loop in. Al sny jy meer as een duim af, die loop is steeds beskadig daar, kyk maar met 'n bore scope. Ek is van mening jy gaan net jou geld mors om die ou loop se kamer oor te sny.
Ek het vinnig gekyk en sien nie 25-06 lope nie, maar hierdie 270 loop is dalk 'n goeie opsie, siende dat die 270 deesdae so gewild op die forum is.
Maar sonder grappies, dit sal beter looplewe bied as die 25-06 en met die verskeidenheid ligte koeëls wat deesdae beskikbaar is in .277 kan jy baie naby aan die 25-06 met 100gr koeëls se plat trajek kom. Jy kan ook die 6.5-06 as 'n opsie oorweeg.
https://www.safarioutdoor.co.za/product ... 28-lw17572
Re: Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Tue Oct 09, 2018 9:11 am
by Supacow
Appels
Re: Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Tue Oct 09, 2018 10:05 am
by Original Harry
Dankie manne........ek is oortuig
(Hercules is jy by die SAJWV konferensie die begin van November in Pretoria?)
Nuwe 6.5CM wat nou eers oplyn moet kom so 25-06 kan vir die nuwe jaar wag
25-06 was/is 'n 26" McGowen loop op 'n RSA aksie met 'n Warrior Chassis en het goed gewerk toe hy gewerk het
Nou watter kaliber sal nou lekker inpas by 'n standard RSA aksie?????

(Die 25-06 was bietjie lank en soms 'n irritasie as jy 'n lewendige rondte weer moet uittrek)
....en watter SAPS form moet jy invul vir hierdie oefening vir 'n nuwe loop - SAPS 531 of SAPS 533 en dan weer SAPS 271

???????
Re: Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Tue Oct 09, 2018 11:15 am
by Wouter Roets
Harry
Goeie keuse om oordentlike nuwe bande op te sit eerder as om jou oues te versool. As jy van die kaliber gehou het dan sny jy vir jou n 257 Roberts Ackley Improved kamer. Selfde performance as die 25-06 net in n korter rondte met so bietjie beter looplewe.
Groetnis
Wouter
Re: Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Tue Oct 09, 2018 11:19 am
by Hercules Louw
Harry, ja ek gaan by die dinee wees die Vrydag aand, maar nie by die kongres die Saterdag nie.
'n 308 loop mooi op 'n RSA......
Dit hang af wat jy wil doen, soek jy 'n plat-skieter of 'n vêr-skieter?
Enige kaliber met 'n 308 tipe dop sal goed werk.
Maksimum doplengte waarskynlik in die 57mm klas.
6.5x55 standaard of ackley, maar met 'n korter/ match free bore.
6.5-284 Norma
WSM kalibers, maar dan moet die poort oopgemaak word en die slot se gesig ook.
Stem ook saam met Wouter se 257 Roberts Ackley
Re: Kamer laat sny - 25-06?
Posted: Tue Oct 09, 2018 12:31 pm
by Original Harry
Dankie Wouter / Hercules
Nou moet ek bieg oor hierdie interne duiwels in my.......as ek die woord AI of Ackley Improved hoor reis my nekhare.....en ek weetnie hoekom

Ek dink ek is ou skool gebore en het daar vasgehaak
Ek vermoed ek gaan 'n standard .308 Winchester kaliber loop gebruik......
Die .257 punte was maar beperk in SA so sal verander nou dat ek moet/kan
Loop lengte / twist???
(Gaan waarskynlik in die 150 - 168 grein klas wees......iets soos die Hornady 155 of 168gr ELD Match )
(Hercules, sien dan by dinee)