Page 1 of 1

Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Mon Oct 08, 2018 1:53 pm
by Matewis28
Middag almal,

Kort bietjie hulp. Het my eerste geweer aangeskaf, Howa 1500 .243 en het vir my Nikon Monarch 3 scope opgesit.

Geweer gaan meerendeels gebruik word vir jag en af en toe sommer bietjie baanskiet. Wil 'n knapdemper opsit maar hel die keuses daar buite is legio.

Enige iemand met raad oor wat werk en wat nie? Wil uiteindelik die geweer so hê dat my dogter met hom kan skiet.

Kan 'n Aimzonic Triton 42 kry vir R2000. Is dit goeie prys en die geld werd?

Dankie,

Matewis

Re: Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Mon Oct 08, 2018 1:54 pm
by Capt. Yoda
Henk se silent hunter loop mooi anders Oryx by Multech

Re: Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Mon Oct 08, 2018 3:04 pm
by jankraay
Oryx of Gun Warrior, jammer ek ken nie Henk sin nie maar ek glo as ander hom aanbeveel kan jy hom een van jou opsie maak.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Mon Oct 08, 2018 6:15 pm
by Silent Hunting
Matewis,

Daai Aimzonic is n mooi prys. Die 10kamer Silent Hunter is R1400 plus pos.

Groete,

Henk

Re: Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Mon Oct 08, 2018 7:15 pm
by Apie
Matewis28 wrote:Middag almal,

Kort bietjie hulp. Het my eerste geweer aangeskaf, Howa 1500 .243 en het vir my Nikon Monarch 3 scope opgesit.

Geweer gaan meerendeels gebruik word vir jag en af en toe sommer bietjie baanskiet. Wil 'n knapdemper opsit maar hel die keuses daar buite is legio.

Enige iemand met raad oor wat werk en wat nie? Wil uiteindelik die geweer so hê dat my dogter met hom kan skiet.

Kan 'n Aimzonic Triton 42 kry vir R2000. Is dit goeie prys en die geld werd?

Dankie,

Matewis
Die ander manne maak goeie aanbevelings maar teen R2000 is daai Triton 'n steel.

Dis n puik demper met min onderhoud en haal maklik uitmekaar sou jy hom wou skoonmaak.

Youtube hul gerus


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Mon Oct 08, 2018 7:41 pm
by Matewis28
Sover ek verstaan is die Aimzonic 18:1 draad. Sal hy werk op my kettie?[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201810 ... 657078.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201810 ... 8ebf02.jpg[/IMG]

Sent from my LG-H990 using Tapatalk

Re: Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Mon Oct 08, 2018 8:01 pm
by jankraay
Het jy n Bull Barrel?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Mon Oct 08, 2018 8:04 pm
by Apie
Matewis28 wrote:Sover ek verstaan is die Aimzonic 18:1 draad. Sal hy werk op my kettie?[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201810 ... 657078.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201810 ... 8ebf02.jpg[/IMG]

Sent from my LG-H990 using Tapatalk
Nee hy gaan nie werk nie.

Daai is jou normale jaggeweer Howa.

Die dikloop of Bullbarrel sal met die 18x1 werk.


Ek kontak jou via pm


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Tue Oct 09, 2018 12:32 pm
by DriesdlR
Koop n Silent Hunter en kry klaar!

Re: Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Tue Oct 09, 2018 4:28 pm
by Arnold
Ek sal graag die besonderhede van daai Aimzonic wil hê aangesien ek een soek en die prys klink reg.

Re: Knaldemper vir Howa 1500 .243

Posted: Tue Oct 09, 2018 5:26 pm
by Gerrit243
Ek was Vrydag by Henk. Puik diens en baie tevrede met my silent hunter op my bull barrel 243. Verbasend sag. Ook die geweer waarmee my 12 jarige seun skiet. Jy sal nie 'n fout maak nie.

Sent from my SM-A530F using Tapatalk