Page 1 of 1

Hoe om nie 'n buffel te skiet nie.

Posted: Wed Oct 19, 2011 9:22 am
by Frederik
Kyk na die koelgat bokant die oe.
Die bul is geskiet op 15 tree hy het bietjie hoer as ons gestaan dit was nogal 'n sig.
458 win mag met fabrieks PMP 475gr rondeneus koeel.

Hy het met die skoot nie eers oog geknip nie dan wens jy, jy het 'n kanon gehad.

[img width=560 height=372]http://www.infinito-safaris.com/ARPhotos/MozLarry8.jpg[/img]

[img width=560 height=372]http://www.infinito-safaris.com/ARPhotos/MozLarry9.jpg[/img]

[img width=560 height=372]http://www.infinito-safaris.com/ARPhotos/MozLarry5.jpg[/img]

Re: Hoe om nie 'n buffel te skiet nie.

Posted: Wed Oct 19, 2011 9:35 am
by DawieKotze
Dags? Frederilk!

Waar was die opvolg- doodskoot toe gewees? Ek merk bloed uit die neus en is dit 'n uitgangswond daar op die ribbes?

Daai skoot moes die brein seker net gemis het, maar mens sal dink dat dit die buffel darem bietjie sou dronkslaan?

Re: Hoe om nie 'n buffel te skiet nie.

Posted: Wed Oct 19, 2011 9:53 am
by Gerhard
Mooi buff Fred

Re: Hoe om nie 'n buffel te skiet nie.

Posted: Wed Oct 19, 2011 10:02 am
by Frederik
madako wrote: Daai skoot moes die brein seker net gemis het, maar mens sal dink dat dit die buffel darem bietjie sou dronkslaan?
Niks nie eers oog geknip nie.

Die heel eerste skoot was bietjie ver agter die buffel is toe in die moeras gras in sonder dat ons dit weet maar gelukkig het die spoorsnyer 3 voels gesien opvlieg uit die grasse uit en vir ons gese die buffel is daar die was nie bosluis voels nie hulle was wit en swart en amper dieselfde grote as iemand dalk weet ons was in Zambezi delta so 20km van kus af.
Ek het die jag gefilm en toe soos 'n spook staan die buffel en loer ons toe uit hy was nog besig om te dink wat om te doen toe die skote begin klap uit klient se 470 en Charl se 458 na vier skote twee deur horings een deur oor teen die kop en een wat julle sien besluit hy toe dis seker beter idee om pad te gee en ja uiteindelik kyk hier onder.

[img width=359 height=480]http://www.infinito-safaris.com/ARPhotos/MozLarryK5.jpg[/img] 

Re: Hoe om nie 'n buffel te skiet nie.

Posted: Wed Oct 19, 2011 10:04 am
by Frederik
Gerhard wrote: Mooi buff Fred
Dankie