Page 1 of 1

Skewe Silencer

Posted: Thu Sep 27, 2018 4:41 pm
by Malan123
'n Pel van my het 'n silencer laat opsit op sy 6.5mm. Die gat is huidiglik 8mm, maar iewers tussen die silencer en die gunsmith sit die ding skeef. Elke skoot wat hy skiet nick die punt die silencer net net. Nou ek is iemand wat verkies dat alles 100% reg is, maar sal daar enige issues wees as die silencer skeef sit, maar hy boor die gat oop na 8.5mm? Ek praat nou van baie effens skeef

Re: Skewe Silencer

Posted: Thu Sep 27, 2018 6:59 pm
by tripodmvr
Solank die koeëls nie die kante raak nie gaan die geweer reg skiet. Hopelik vir hom sal 8,5mm werk. In hierdie geval is die spreekwoord "probeer is die beste geweer" beslis van toepassing.

Re: Skewe Silencer

Posted: Thu Sep 27, 2018 7:01 pm
by Rudie
Ek sal eers bepaal waar die swak belyning lê. Indien threads op die loop skeef gesny is gaan jou pel altyd probleme hê. Daar is een van twee opsies. Sny na 'n kleiner thread toe. Bv van 'n 18x1 na 16x1 toe. Of as die probleem by die silencer lê moet dit eerder vervang word. Help nie om 'n fout met 'n fout reg te stel nie.



Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Skewe Silencer

Posted: Thu Sep 27, 2018 9:46 pm
by Theunodb
Ek het dieselfde probleem gehad. Daar was ‘n baie klein merkie waar die patroon getref het oppad uit. Ek het ook die gat eers laat groter boor, maar dinge het nie beter geraak nie.

Ek het die loop toe op ‘n draaibank laat sit met die silencer op waar mens duidelik kon sien iets was fout:

https://youtu.be/N43OvGjrog4


Op die ou einde was dit ‘n fabrieks fout. Die silencer was ge-warp. Ek kon hom omruil by die handelaar vir n nuwe een. Sal heel interessant wees om te weet watse maak dit is.

Maklikste sal wees om hom te toets met ‘n ander supressor, as hy steeds skeef skiet is dit die thread. Indien nie mag jou vriend sin ook foutief wees.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Skewe Silencer

Posted: Thu Sep 27, 2018 10:03 pm
by Theunodb
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=72&t=65567



Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Skewe Silencer

Posted: Fri Sep 28, 2018 6:39 am
by Malan123
Dankie menere

Re: Skewe Silencer

Posted: Fri Sep 28, 2018 10:36 am
by Flip Nel
Neem hom terug na die ou wat hom opgesit het, hy het mos betaal vir die job, as die ouens 'n fout gemaak het moet hulle dit regmaak. Hoekom moet julle gate groter boor etc. oor iemand opgeslip het.

Re: Skewe Silencer

Posted: Fri Sep 28, 2018 12:19 pm
by jooste
Ek stem Flip.

Noem ook sommer wie die geweersmid was sodat ander ouens kan versigtig om hom beweeg.

Groete

Re: Skewe Silencer

Posted: Fri Sep 28, 2018 12:39 pm
by cassie_calvinia
nou sny jou geweersmit jou loop skeef.
as hy my loop skeef sny, gee hy vir my 'n nuwe loop, of ek brand sy huis af.
sal dit dood eenfoudig nie aanvaar nie.

Re: Skewe Silencer

Posted: Fri Sep 28, 2018 1:42 pm
by Meteor
Was al daar. Geweersmit wou nie herken dis skeef, selfs met merke. Polisie wou nie saak oopmaak. Moes dreig met klein eise hof. Hy vat toe die ding terug maar ek het nooit weer gekyk asof dit die loop of silencer was so miskien is die fout nogsteeds op my skouers.
Hang maar af met wie jy werk so probeer dit laat regmaak en waarsku as hy hardegat is.

Re: Skewe Silencer

Posted: Fri Sep 28, 2018 2:26 pm
by Malan123
Manne my kop werk dieselfde, en albei die vervaardiger en gunsmith het gese hulle sal enige tyd die produk en werk nagaan. Dis net baie moeite en tyd om die geweer en silencer daar uit te kry so hy kyk maar net na opsies

Re: Skewe Silencer

Posted: Fri Sep 28, 2018 8:40 pm
by Zuku
Malan 123 Is die probeleem op die groewe van die loop of in die konstruksie van die Silencer. Is daardie groewe gesny met n draaibank of met threatcutter handtool

Re: Skewe Silencer

Posted: Sat Sep 29, 2018 8:35 am
by 243Songdaug
Malan, help gou asb?

Het die smid wat die demper opgesit het die demper verskaf?

Het hy die skroefdraad in die demper gesny/getap of het die demper met draad gekom?

Kan jy dalk nog 2 fotos plaas of vir my stuur? 1 van die skroefdraad op die loop - van die kant afgeneem en 1 van die skroefdraad in die demper? Ek wil graag sien hoe die demper se draad se begin lyk.

Ek dink jy het dalk my nommer - lui my gerus.

Groete
Jaco G

Re: Skewe Silencer

Posted: Sat Sep 29, 2018 9:35 am
by Capt. Yoda
Zuku wrote:Malan 123 Is die probeleem op die groewe van die loop of in die konstruksie van die Silencer. Is daardie groewe gesny met n draaibank of met threatcutter handtool

Met n handtool :):

Re: Skewe Silencer

Posted: Sat Sep 29, 2018 10:47 am
by Meteor
Of op n draai bank maar konsentries teenoor die buitekant van die loop inplaas van die binnekant. Mense dink dis snaaks maar daar is lope wat se boor nie gelyk met die loop is.

Re: Skewe Silencer

Posted: Sat Sep 29, 2018 11:10 am
by Geno
Meteor wrote:Of op n draai bank maar konsentries teenoor die buitekant van die loop inplaas van die binnekant. Mense dink dis snaaks maar daar is lope wat se boor nie gelyk met die loop is.
Vra jou geld terug. Gn gunsmit wat sy sout werd is klok op die buitekant op nie!