Page 1 of 1

Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Tue Sep 25, 2018 7:37 pm
by Danie01
Goeiedag manne,

Ek wil graag julle opinie hoor oor die volgende geval:

My 7x64, Tikka T3 Hunter, met Silent hunter silencer wat 2500+ skote deur nie loop het, gee aanvaarbare groepering met my chrony voor aan die silencer vas, maar gee vertikale groepering as die chrony af is.

Wat sal die rede hiervoor kan wees? Ek glo nie dis n drukpunt nie want hy doen dit met die oorspronklike hunter kolf, die laminated hunter kolf asook die grs beserk kolf.

Kan dit dalk die lading of tpl wees?

Ek luister graag

Groete
Danie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Tue Sep 25, 2018 7:50 pm
by Alwin
Ek vermoed 'n behoorlike "kalibrasie" op 'n akkurate node sal die kwessie uitsorteer. Jy kan dit met behulp van Quickload doen, of 'n "Ladder test" gaan doen, verkieslik op 300m+.

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Tue Sep 25, 2018 7:58 pm
by tripodmvr
Ek neem aan jy praat van MS voor aan die demper. Jy het dus meer gewig aan die punt en dit affekteer opwip van die loop. Iets wil vir my laat dink dat die loop raak aan die kolf wanneer die MS af is. Kyk ook na aksieskroewe.

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Tue Sep 25, 2018 9:28 pm
by Danie01
Alwin, die geweer is op nodespoed, daarim groepeer dit mooi met chrony op.

Die probleem is in die wip van die loop.

Groete
Danie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Tue Sep 25, 2018 9:33 pm
by Danie01
Oom Marius,

Ja dis n MS chrony. Ek dink ook dis iets met die wip van die loop te doen, maar ek weet nie waar om te kyk nie.

Ek sou graag wou loer of daar fout is as ek net weet waar om te kyk. Die aksieskroewe is getorque en ek twyfel of loop erens aan kolf raak want die geweer doen dit met 3 verskillende kolwe, tensy dit op elke kolf op dieselfe plek druk.

My gedagte was dalk die recoil lug, kan dit so iets veroorsaak?

Groete

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Tue Sep 25, 2018 10:12 pm
by LUAN
Watse tipe mounts gebruik jy vir die scope?

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Tue Sep 25, 2018 10:47 pm
by JPS
Die loop se harmonics (jammer Gawie :confused: weet nie hoe om dit in Afrikaans uit te druk nie)
Verander met die aanheg van die MS ek neem aan agv die gewig en die feit dat dit voor lê. Dis seker moontlik dat daar ‘n drukpunt kant wees agv die ekstra gewig soos van die manne dink maar was glad nie so in my gevalle nie.

Ek het redelike lang skrywe op een van Gawie se drade gedoen oor die rede en besluit van die MS verkoop en Labradar aanskaf.

Met MS moet jy basies spoed kyk en dan sonder die MS aan kyk vir groepe. So dit beteken dubbel skietwerk asook dubbel kostes en dubbel die tyd. Ek het dit gekry met 5 verskillende gewere waarvan 2 F klas gewere met lekker lang duk lope was en dan met 3 jag gewere, almal met baie speling en geen drukpunte tussen kolf en loop nie.

Dalk kan jy gelukkig wees en goeie groepering kry met en sonder MS aan maar in my en baie ander se ondervinding wat ek van weet was dit nie die geval nie.

Mooiloop

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 5:38 am
by Malan123
Danie, ek gaan hom met 'n hele ander "angle" benader sodat ons goed kan begin uitskakel. Skiet die geweer sonder die silencer en sonder die MS en kyk wat gebeur. Voor mens aan die geweer karring sou ek eers seker maak oor die silencer.

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 6:25 am
by Danie01
JPS wrote:Die loop se harmonics (jammer Gawie :confused: weet nie hoe om dit in Afrikaans uit te druk nie)
Verander met die aanheg van die MS ek neem aan agv die gewig en die feit dat dit voor lê. Dis seker moontlik dat daar ‘n drukpunt kant wees agv die ekstra gewig soos van die manne dink maar was glad nie so in my gevalle nie.

Ek het redelike lang skrywe op een van Gawie se drade gedoen oor die rede en besluit van die MS verkoop en Labradar aanskaf.

Met MS moet jy basies spoed kyk en dan sonder die MS aan kyk vir groepe. So dit beteken dubbel skietwerk asook dubbel kostes en dubbel die tyd. Ek het dit gekry met 5 verskillende gewere waarvan 2 F klas gewere met lekker lang duk lope was en dan met 3 jag gewere, almal met baie speling en geen drukpunte tussen kolf en loop nie.

Dalk kan jy gelukkig wees en goeie groepering kry met en sonder MS aan maar in my en baie ander se ondervinding wat ek van weet was dit nie die geval nie.

Mooiloop
Dankie, JPS

Nou dink jy die geweer kort dan n drukpunt om te groepeer siende hy met MS groepeer en sonder hom nie?

Groete

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 6:28 am
by Danie01
Malan123 wrote:Danie, ek gaan hom met 'n hele ander "angle" benader sodat ons goed kan begin uitskakel. Skiet die geweer sonder die silencer en sonder die MS en kyk wat gebeur. Voor mens aan die geweer karring sou ek eers seker maak oor die silencer.
Hi Malan,

Ek sal hom bietjie so probeer, maar omdat hy wel groepeer met silenser en MS glo ek nie die probleem lê daar nie.

Groete

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 6:54 am
by tripodmvr
Kyk mooi na jou demper. Die MS se gewig kan dalk net die belyning verbeter en die koeëls raak dan nie daaraan nie. As jy dit afhaal kry jy dan 'n geringe raakpunt. Miskien is daar 'n braam of aanpaksel wat die raakpunt veroorsaak. Maak die demper skoon en ruim die gat met 'n lang boorpunt van gepaste grootte.

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 6:55 am
by Malan123
Oom Tripod het nou mooi die rede vir my benadering op gesom

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 7:20 am
by JPS
Danie01 wrote:
JPS wrote:Die loop se harmonics (jammer Gawie :confused: weet nie hoe om dit in Afrikaans uit te druk nie)
Verander met die aanheg van die MS ek neem aan agv die gewig en die feit dat dit voor lê. Dis seker moontlik dat daar ‘n drukpunt kant wees agv die ekstra gewig soos van die manne dink maar was glad nie so in my gevalle nie.

Ek het redelike lang skrywe op een van Gawie se drade gedoen oor die rede en besluit van die MS verkoop en Labradar aanskaf.

Met MS moet jy basies spoed kyk en dan sonder die MS aan kyk vir groepe. So dit beteken dubbel skietwerk asook dubbel kostes en dubbel die tyd. Ek het dit gekry met 5 verskillende gewere waarvan 2 F klas gewere met lekker lang duk lope was en dan met 3 jag gewere, almal met baie speling en geen drukpunte tussen kolf en loop nie.

Dalk kan jy gelukkig wees en goeie groepering kry met en sonder MS aan maar in my en baie ander se ondervinding wat ek van weet was dit nie die geval nie.

Mooiloop
Dankie, JPS

Nou dink jy die geweer kort dan n drukpunt om te groepeer siende hy met MS groepeer en sonder hom nie?

Groete

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Nee glad nie,
Wat ek probeer verduidelik is dat jy nie kan verwag om dieselfde groepering te kry met iets wat jy aan die loop vassit en dan afhaal nie. Jy is basies besig om ‘n gewig aan die loop te hang. Dit verander die loop se “wip” die dat daar verskillende groepe is met en sonder die MS.

Gebruik die MS om jou spoed te meet maar werk op die groeppe sonder die MS. Tensy jy permanent met die MS op gaan skiet .

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 8:14 am
by Wouter Roets
JPS wrote:

JPS

Ek stem absoluut saam met jou hier. Dit is ook een van die redes hoekom ek aanbeveel om jou nodespoed sonder n silencer te kry en dan ladings om daai nodespoed te laai en te gaan toets vir groepering met jou silencer aan. Hier vergeet n mens van nodesoed en gaan skiet jy net vir groepering. As n mens in die proses nie sukses kry nie weet jy basies jy sit met n stelsel probleem en moet die oorsaak elders gesoek word.

Groetnis
Wouter

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 1:52 pm
by Danie01
Wouter Roets wrote:
JPS wrote:
Danie01 wrote:Dankie, JPS

Dankie, ek verstaan nou wat julle bedoel met die silencer.

Maw, as my spoed reg is moet ek net met die tpl gaan speel sonder MS?

Kan jou tpl vertikale groepering veroorsaak?

Groete
Danie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 2:14 pm
by JPS
Danie die kort antwoord op jou vraag is, ja dit kan.

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 9:50 pm
by Alwin
Danie01 wrote:Alwin, die geweer is op nodespoed, daarim groepeer dit mooi met chrony op.

Die probleem is in die wip van die loop.

Groete
Danie
Danie.
Ek verstaan die ding, maar wil voorstel dat jy wel nog 'n bietjie eksperimenteer. Onthou dat nodespoed sonder die KD gemeet moet word. Sodra jy op die teoretiese nodespoed geland het, moet jy onthou dat daar verskeie veranderlikes is waarvoor die rekenaarprogramme nie voorsiening kan maak nie. Dus moet mens soms so 'n bietjie op en af eksperimenteer om op die beste lading en spoed te beland. Die "ladder test" doen dit goed, maar suiwer empiries, nie teoreties nie.

Re: Tikka T3 Hunter - Groepering

Posted: Wed Sep 26, 2018 10:01 pm
by Hansieslim
Smaak my jy moet die MS maar permanent aan die knaldemper vasgom. LOL