Ek plaas hierdie onder algemeen en nie vir 'n spesifieke tipe vuurwapen nie.
Die manne wat handwapens het, het maar dieselfde probleme as wat ek wil noem. Hulle is egter meer gereeld doenig om hul wapens skoon te maak en behoorlike smering te gee en sien dan probleme wat opduik met die uittrekkers, sluitstuk ens.
Ek het so ruk terug beide my haelgewere "gediens" na een se skroef, wat die voorlaai vashou, afgebreek het. In beide het die skroewe losgekom en van die houtwerk gering beskadig. Ek het darem 'n capstan skroef gehad wat die gebreekte een kon vervang, Hulle is hopelik nou weer reg vir komende seisoen.
Gister het ek met my .22 gaan skiet en dit het gevoel asof die aksie in die kolf beweeg. By die huis gekom was die aksieskroewe baie losser as verwag. Ek het die aksie en loop uitgehaal en ook gevind dat die bandskakel se skroef teen die loop druk. 'n Wastertjie het darem die' probleem opgelos. Ek het die skroewe nou met 'n wringskroewedraaier vasgemaak en hopelik sal dit die probleem ondervang. Die skroefdraad is fyn en ek is bang dit kan beskadig word as mens te hard probeer vasdraai.
Gereelde nagaan van jou vuurwapens is wat ek hier voorstel. Hopelik is daar dan minder wegbreek skote op die teikens en ook nie slagdoppe wat nie wil afgaan nie. Tesame met skoonmaak moet dit dan deel van ons roetine word.
Instandhouding van vuurwapens
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Instandhouding van vuurwapens
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Instandhouding van vuurwapens
Inderdaad. Sit volgende keer 'n bietjie Loctite op daai skroefies. jy kry een wat nie heeltemal so "tite" 'loc" nie. Hy sal voldoende wees om daai skroefies vas te hou sonder dat jy hoef te swets as jy hulle weer moet uitdraai.
Of so iets
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Instandhouding van vuurwapens
Ek het eenkeer so my haelgeweer uitmekaargehaal en terug aanmekaar en ek is met hom kleiduif-skiet toe. Daar aangekom besef ek ek het die "fore-end release" se spring verkeerd op en die ding wil net nie ordentlik sluit nie. Ek moes toe maar so aansukkel die dag, maar daai aand by die huis het ek SEKER gemaak ek fokus op wat ek doen, en ek toets ordentlik voordat ek die gewere wegpak.
Of so iets
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: Instandhouding van vuurwapens
+1 Mariustripodmvr wrote:Ek plaas hierdie onder algemeen en nie vir 'n spesifieke tipe vuurwapen nie.
Die manne wat handwapens het, het maar dieselfde probleme as wat ek wil noem. Hulle is egter meer gereeld doenig om hul wapens skoon te maak en behoorlike smering te gee en sien dan probleme wat opduik met die uittrekkers, sluitstuk ens.
Ek het so ruk terug beide my haelgewere "gediens" na een se skroef, wat die voorlaai vashou, afgebreek het. In beide het die skroewe losgekom en van die houtwerk gering beskadig. Ek het darem 'n capstan skroef gehad wat die gebreekte een kon vervang, Hulle is hopelik nou weer reg vir komende seisoen.
Gister het ek met my .22 gaan skiet en dit het gevoel asof die aksie in die kolf beweeg. By die huis gekom was die aksieskroewe baie losser as verwag. Ek het die aksie en loop uitgehaal en ook gevind dat die bandskakel se skroef teen die loop druk. 'n Wastertjie het darem die' probleem opgelos. Ek het die skroewe nou met 'n wringskroewedraaier vasgemaak en hopelik sal dit die probleem ondervang. Die skroefdraad is fyn en ek is bang dit kan beskadig word as mens te hard probeer vasdraai.
Gereelde nagaan van jou vuurwapens is wat ek hier voorstel. Hopelik is daar dan minder wegbreek skote op die teikens en ook nie slagdoppe wat nie wil afgaan nie. Tesame met skoonmaak moet dit dan deel van ons roetine word.
Het verlede naweek by Wesley op plaas gaan kuier en so bietjie met die .458 en 9.3 gespeel
Ek het wel gemerk die 9.3 skiet so bietjie rond en bont
Kyk toe na scope en mountings maar was ok.
Kyk toe na skroewe wat geweer aan kolf vas trek by magasyn plaat en agter sneller , en was heel los.
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.