Page 1 of 1

GvP

Posted: Thu Sep 20, 2018 3:54 pm
by GvP
Middag almal

Ek het so week of wat terug aangesluit, geniet die forum baie. Oorspronklik van Letsitele af in die laeveld. So ek het groot geword met bosveld stap jag(naby skiet). Bly van 97' af in die Wes-Kaap. Die springbok jag en ver skiet gogga het maar lank gevat om my te byt. Maar een gelukkige, lang skoot op n probleem dier en nou wil ek my Musgrave .308 reg kry om gereeld sulke skote te kan skiet. Ek het n ou Weaver 400 Classic Scope op my .308 so n lang skoot deur hom lyk nog regtig soos n lang skoot. Dis dan ook hoekom ek by forum aangesluit het, om met meer inligting beter besluite te maak oor my geweer. Geniet die advertensies ook wat lede op sit, want ek gaan met tyd n scope en rangefinder moet koop. Behalwe my .308 het ek n Voere .375 en n Franchi haelgeweer. Laat weet as ek op n ander plek myself moes voorstel, maar nog redelik onseker.

Mooi dag vir almal

Re: GvP

Posted: Thu Sep 20, 2018 4:02 pm
by .270 Man
Baie welkom hier Gvp
jy gaan sommer baie hier leer en ek hoop jy geniet dit hier saam met ons.
Geniet hom

Re: GvP

Posted: Thu Sep 20, 2018 4:28 pm
by GvP
Baie dankie .270 Man

Re: GvP

Posted: Thu Sep 20, 2018 4:36 pm
by tripodmvr
Jy het nou by die regte adres kom gesels. Begin 'n besprekingspunt onder die hofie teleskope en stel jou behoeftes vir die manne. Daar is heelwat wat vêr gooi. As jy naby die Paarl is, praat sommer direk met Gawie13mm. Hy verminder die makou plaag in die omgewing.

Re: GvP

Posted: Thu Sep 20, 2018 4:51 pm
by GeorgeL
Baie welkom op die forum GvP
Ek is nou net oor die 6 weke op die forum en het n hele nuwe uitkyk op die skiet goed