Page 1 of 1

Nikko Stirling Scopes

Posted: Tue Oct 18, 2011 1:19 pm
by ablm468
Ek glo ook dat dit net ryk manne is wat 'n goedkoop scope kan bekostig, dit is 'n feit. Dit blyk egter dat sommige manne nogal baie goed presteer met sogenaamde "goedkoop" scopes. Dit bring my weer by die punt dat die scope en ander toerusting wel 'n bydrae lewer tot die sukses van die skut maar die hoof bydraende faktor is die skut. Indien hy nie "perform" op die dag nie dan help al hierdie ander bells and whistles niks. Ek haal graag aan die artikel wat Piet Breedt 'n Sa Kampioen, "Hall of Fame" skut se oor Nikko Stirling scope wat hy gebruik op sy geweer op.

Telescope: (don?t laugh!) Nikko Sterling Diamond 10 - 50 x 60, which I fitted to see whether I will succeed with a larger enlargement, because I want to buy myself a Swarovski Z6 with a 30x enlargement. It has lasted eight competitions already, including three at the SA Open and TOP 50s, as well as a few hunting trips and thus far it has withstood the test. We?ll have to wait and see for how long. The telescope is being used with great success internationally on air rifles in veld target shooting. I have three of those, of which two are on my air rifles.

Lees self die artikel:http://www.pacificbreeze353.com/newslet ... 53&langu=1

Groetnis

Hansman

Re: Nikko Stirling Scopes

Posted: Tue Oct 18, 2011 1:24 pm
by Geno
Hansman,
Het jy gesien wat prys daardie "Big Nikko's"?
Hulle prys meer as grootnaam scopes soos Leupold...

Re: Nikko Stirling Scopes

Posted: Tue Oct 18, 2011 1:48 pm
by ablm468
Geno

Ek sien hulle is ongeveer so R10k, steeds goedkoper as ander make met dieselfde vergrotings. "n Nightforce met dieselfde vergroting sal ongeveer R25k kos praat nie van Swaroski ens.

Re: Nikko Stirling Scopes

Posted: Tue Oct 18, 2011 2:02 pm
by Gerhard
Ek het n Nikko Stirling Diamond op my AA S400 gehaad.

Great teleskoop (was nie die groot scope nie)

Het n  ander Nikko Sterling op my 303 gehaad wat ek nie vinnig genoeg kon weg gooi nie.

My pa het n klein Nikko op sy Gamo windbuks wat nogal nie sleg doen nie...

Maar persoonlik sal ek nie weer geld spandeer op die fabrikaat nie

Re: Nikko Stirling Scopes

Posted: Tue Oct 18, 2011 4:03 pm
by Henk01
My pa jag al JAAARE met n Nikko Stirling 3-9 x 40 op sy 308 en glo vas dit is die beste ding naas gesnyde brood.
Ek het gehoor hulle is baie soos Land Rovers, een werk die ander een nie, (running for cover)

Ek het ook n "ekonomiese" scope gekoop vir die .303 (hou van die woord goedkoop nie)
n Nikon 3-9 x 40 en na baie gesprekke met die manne by Safari & Outdoor kan ek nie se ek is n oomblik spyt nie, die scope werk regtig goed

Re: Nikko Stirling Scopes

Posted: Tue Oct 18, 2011 6:16 pm
by Pvdw
Ek het 'n 3-9 x 40 DIAMOND op my 303 en vir dagskiet doen hy sy ding, moet hom net nie opstel na 9X toe nie ??? ??? :o :o, die optika se kwaliteit begin dan te lol.

Ek het al so paar 100 skote met hom geskiet en sov?r hou hy.

Ek het gehoor dat as hy wil breek, breek hy sommer net hier om die draai maar as hy eers hou dan werk hy vir jare.

Sal nie weer een koop nie maar sal hom nie net sommer vir niks vervang nie.

Peet

Re: Nikko Stirling Scopes

Posted: Thu Oct 27, 2011 5:55 am
by Blackie Swart
Ek moet nogals se dat op my windbuks het ek self n airking en hou nou al lank.Op my .22 het ek n 6x42 diamond series wat ook nie van skoot af gaan nie.Mens moet net nie die chinses weergawes koop nie.
Groete
Blackie

Re: Nikko Stirling Scopes

Posted: Thu Oct 27, 2011 6:43 am
by Pvdw
Nikko Sterling is bekend vir hul windbuks teleskope en is BAIE gewild. Daar is nie meen NS teleskope wat in Japan gemaak word soos in die verlede nie. Almal is nou van China. Die vorige reeks DIAMONDS9die net voor myne) is die laastes wat van Japan af kom.

Peet

Re: Nikko Stirling Scopes

Posted: Thu Oct 27, 2011 7:43 am
by James Wilson
het n 6x32 NStirling op my ,22. baie gelukkig. vriend van my het n die duurder NS gekoop. die ding was net probleme, maar toe hy hom terugvat vervang hulle die scope sommer net daar in die winkel en die nuwe NS is nou weer niks mee fout nie.  iets wat ek nie geweet het van Nstirlings nie is dat dit al n redelike ou maak is.