Page 1 of 1
S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 9:30 am
by Jaco B
Hi Almal.
Het iemand al begin laai met die nuwe lot 91 en vergelyk met van die vorige lotte? Hoe vergelyk lot 91 met lot 72?
Jaco
Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 9:54 am
by win270
Is dit iets wat Somchem direk vir mens kan beantwoord? Het hulle so 'n diens?
Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 9:56 am
by ruaanb
Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 10:26 am
by jdpretorius
Jaco, vat dit nou maar van 'n steeks hardkoppige ou wat die manne hier op kere sekerlik al moedeloos gehaat het....... Met herlaai is daar nie "short cuts" nie !, en veral nie as dit by Somchem kruit kom nie. Ek't seker al amper al die dom planne probeer. Jy bou baie maklik 'n pyp bom, veral as jy reeds op die vinnigste node is en jy gebruik dan sommer net 'n berekening om te raai waar jy moed wees.
Die enigste manier met 'n nuwe lot gruit is om weer laag te begin met 'n paar skote oor die chrony om spoed te bevestig.
Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 11:10 am
by tripodmvr
Dankie JD, ek is al moeg daaroor geskryf.
Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 11:20 am
by jdpretorius
tripodmvr wrote:Dankie JD, ek is al moeg daaroor geskryf.
Oom Marius ek weet ek het jou seker al radeloos gehaat .... jammer daar oor

Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 11:55 am
by Jaco B
Dankie JD. Die idee was nie om net n vinnige paar somme te maak en by n antwoord uittekom nie.Ek besef daar is nie short cuts nie. Die vraag was gevra vir omrede daar altyd verskillende brandtempos is tussen verskillende lotte. Die doel, en ek kon dit seker beter gestel het, is as die nuwe lot vinniger is as die "normaal" gaan brand, gaan dit dan nie beter wees om n ander kruit bv S361/S385 vir sekere kalibers gebruik ipv die nuwe S365 nie? Net n vraag, of moet ek maar die search knoppie gebruik.
Oom Marius, ek weet oom het al boekdele oor meeste van die topics geskryf en seker al amper als wat in die laaste 5 jaar op Jaracal geplaas is, het ek gelees. Of ek dit altyd reg verstaan is n ander saak

. Ek vra omverskoning as my vraag onvanpas is..
Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 12:02 pm
by tripodmvr
Hoe meer mense die antwoorde lees hoe meer sal verstaan dat ons eers praktiese skietresultate nodig het om uit QL dan te kan sê dat Lot 91 warm of stadig is.
Jaco, dankie vir die aanbod. Sien ons later vanmiddag die resultate hierso?

Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 12:15 pm
by Jaco B
Oom Marius, ongelukkig is ek nog nie n pensionaris nie en moet nog werk. Die resultate sal dus nie vanmiddag al geplaas kan word nie. Hou wel die spasie dop....info to follow
Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 1:04 pm
by jdpretorius
Jaco B wrote:Dankie JD. Die idee was nie om net n vinnige paar somme te maak en by n antwoord uittekom nie.Ek besef daar is nie short cuts nie. Die vraag was gevra vir omrede daar altyd verskillende brandtempos is tussen verskillende lotte. Die doel, en ek kon dit seker beter gestel het, is as die nuwe lot vinniger is as die "normaal" gaan brand, gaan dit dan nie beter wees om n ander kruit bv S361/S385 vir sekere kalibers gebruik ipv die nuwe S365 nie? Net n vraag, of moet ek maar die search knoppie gebruik.
Oom Marius, ek weet oom het al boekdele oor meeste van die topics geskryf en seker al amper als wat in die laaste 5 jaar op Jaracal geplaas is, het ek gelees. Of ek dit altyd reg verstaan is n ander saak

. Ek vra omverskoning as my vraag onvanpas is..
Jaco, wat ek gese het is maar effe tong in die kies want ek het tussen die lyne gelees. As jy werklik van die romp slomp van verskillende lotte wil weg kom dan is die ingevoerde kruit dalk die beter opsie.
Ek skerm maar so biekie want ek sal nie 'n man wil sien seer kry nie
Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 1:39 pm
by tripodmvr
Jaco B wrote:Oom Marius, ongelukkig is ek nog nie n pensionaris nie en moet nog werk. Die resultate sal dus nie vanmiddag al geplaas kan word nie. Hou wel die spasie dop....info to follow
Dankie, ek stel dit op prys dat jy my op pensioen gaan sit. Watter bedrag kan ek verwag?
Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 2:28 pm
by Jaco B
Lyk my Oom is so bietjie bored vandag en lus vir gesels. Is oom seker oom is nie al op pension nie.

Re: S365 lot vergelyking
Posted: Mon Sep 17, 2018 4:38 pm
by tripodmvr
Jaco B wrote:Lyk my Oom is so bietjie bored vandag en lus vir gesels. Is oom seker oom is nie al op pension nie.

Ek werk nog volstoom. As jy miskien te veel energie het kan jy my bystaan met die pik en graaf. Grond is nou al 'n bietjie hard met die min reën hier bo.