Page 1 of 1

Jag van bokke buite jag seisoen

Posted: Fri Sep 14, 2018 5:19 pm
by Chris (vdB)
Dagse manne

Help tog asseblief manne. n' Verreweg vriend van my het my genader en gevra om hom te help om 30 Gemsbokke te skiet vir n' ander vriend wat in die biltong maak bedryf is. Nou soos ek dit het het die jag seisoen gestop 31 Augustus, en as ek na die Vrystaat jag proklamasie kyk is die jag van Gemsbokke wel moontlik, maar as daar permitte en geregistreerde heinings is van die jag plaas. Is dit wel moontlik die tyd van die jaar? Ek wil net oop kop wees voor ek enige andwoorde gee

Re: Jag van bokke buite jag seisoen

Posted: Fri Sep 14, 2018 7:28 pm
by Eduard Venter
'n Plaas met 'n vrystellings permit vir gemsbokke behoort dit te kan doen. Bygesê nie baie boere sal vroulike diere laat skiet buite seisoen nie omdat hulle swaar dragtig kan wees. Ek weet nou wel nie wanneer is gemsbokke se tyd nie.

Groete

Sent from my SM-A520F using Tapatalk