Page 1 of 1

Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 10:54 am
by Raditipa
Goeie dag almal. n Oom wat saam my jag het die sig in sy regter oog verloor en is gevorseer om nou met sy linker oog te mik. Hy skiet al baie jare met n 375 H&H en as hy "oor" die kolf moet le om met sy linker oog deur die scope te kan sien is die recoil n probleem. Hy het my gevra of daar n manier is om sy scope links te monteer? Vir nou het hy besluit om vir hom n ligter geweer aan te skaf en het vir hom n Tikka t3 30-06 gekry. Die 30-06 help met die recoil probleem maar hy is nogsteeds nie gemaklik nie. Die naaste wat ek op die internet kon kry is die ringe in die foto. Weet enige iemand of ons so iets lokaal kan kry en waar??
Of as julle ander raad het deel asb.
Baie dankie.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 11:47 am
by Gawie(13mm)
Ek het vir jou slegte nuus.
Dit gaan nie werk nie. Ja, maar die manne skiet dan so met hul "AR's"! :o
Hul draai dan die geweer op sy sy of 45° en die geweer word dan so gesero. Die loodlyn van die kruishaar loop vertikaal deur senterlyn van die loop.

Jy wil inderwaarheid die teleskoop skeef op die geweer monteer. Jy gaan hom op 100m sero. Alles wat nader staan as 100m, gaan jy links tref en alles wat verder staan, gaan jy regs tref. Jammer, maar die Oom sal maar moet leer om links te skiet.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180911/d2ccd4493b12c9f13d007018cbb6df83.jpg

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 12:12 pm
by Raditipa
Dag Gawie(13mm)
Baie dankie. Ek verstaan dit 100%. Ek het dit vir die oom so probeer verduidelik dat dit basies is soos wanheer hulle n double loop geweer se lope regulate en dat sy mik lyn en die petroon lyn op n spesifieke afstand gaan kruis en dan net verder gaan afwyk. Die Oom is in sy 70's en is nie mal oor nuwe goed leer nie. Ek probeer hom maar so veel te help as wat ek kan.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 12:20 pm
by Toyrsi
Hi Raditipa.
Hoekom kyk julle nie eerder na n offset kolf nie.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 12:33 pm
by Raditipa
Toyrsi wrote:Hi Raditipa.
Hoekom kyk julle nie eerder na n offset kolf nie.
Ek het glad nie eers daar aan gedink nie. Dit kan miskien die andwoord wees. Ek twyfel of hy sy nuwe T3 se kolf gaan wil vervang, maar as dit die probleem oplos sal dit die moeite werd wees.

Dankie Toyrsi, Ek sal gaan kyk of ek meer inligting hier oor kan kry. Ek het nog net n trap/skeet hael geweer gesien met son "kokaai" kolf. As die oom daai roete volg glo ek sal dit n custom job word.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 1:01 pm
by PWV
Raditipa wrote:
Toyrsi wrote:Hi Raditipa.
Hoekom kyk julle nie eerder na n offset kolf nie.
Ek het glad nie eers daar aan gedink nie. Dit kan miskien die andwoord wees. Ek twyfel of hy sy nuwe T3 se kolf gaan wil vervang, maar as dit die probleem oplos sal dit die moeite werd wees.

Dankie Toyrsi, Ek sal gaan kyk of ek meer inligting hier oor kan kry. Ek het nog net n trap/skeet hael geweer gesien met son "kokaai" kolf. As die oom daai roete volg glo ek sal dit n custom job word.
Weet nie of dit gaan werk nie, want soos jy se is die arme oom in sy 70's en wil nie nuwe goed leer nie!!! :'( :'(
Sulke ou ballies moet maar ophou skiet! ;)

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 1:07 pm
by Raditipa
Weet nie of dit gaan werk nie, want soos jy se is die arme oom in sy 70's en wil nie nuwe goed leer nie!!! :'( :'(
Sulke ou ballies moet maar ophou skiet! ;)[/quote]

Die Oom is oud maar nog nie koud!! As ek dit vir hom sê sal hy my heelwaarskynlik n blou oog gee!!

Ek reken die oplossing om te jag is n haelgeweer met AAA's en in n hide voor sit ;D

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 1:30 pm
by Toyrsi
Jy is reg die kolwe is nie baie gewild nie maar glo iemand sal so kolf vir jou kan maak.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 1:40 pm
by Raditipa
Ek sal hom al die idees gee, maar ek dink die oom gaan die roete volg soos die foto en dan maar net tot op n spesifieke afstand skiet.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 2:09 pm
by Flip Nel
Raditipa wrote:Ek sal hom al die idees gee, maar ek dink die oom gaan die roete volg soos die foto en dan maar net tot op n spesifieke afstand skiet.
Ek het eenkeer in magnum gelees van iemand wat die selfde proebleem gehad het, hy het die selfde verandering gedoen en was happy daarmee.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 2:14 pm
by Raditipa
Flip nel wrote:
Raditipa wrote:Ek sal hom al die idees gee, maar ek dink die oom gaan die roete volg soos die foto en dan maar net tot op n spesifieke afstand skiet.
Ek het eenkeer in magnum gelees van iemand wat die selfde proebleem gehad het, hy het die selfde verandering gedoen en was happy daarmee.

Ek glo as die oom net mooi seeker maak van die afstand waar op hy skiet sal hy okay wees. Flip net so van die os op die jas is daai mooi eland bul van die ander dag se fotos al in die sout?

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 2:51 pm
by Victor_
Mount net die scope hoër en skiet met linker oog regsom. Op 6mmbr.com onder guns of the week is daar ‘n man met .284 Win, wat so skiet. Sal nou artikel met foto gaan soek.

Groete Victor

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 3:02 pm
by tripodmvr
Indien die eksentriese montering 75mm na links sit en die zero afstand is 200m. Nou sal die geweer slegs 38mm links skiet op 100m en weer dieselfde regs op 300m. Die hoogte kan ook op 200m gezero word. Nou is dit asof hy normaal ingestel is, synde die afwykings heel voldoende is om bladskote te skiet.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 3:18 pm
by Raditipa
tripodmvr wrote:Indien die eksentriese montering 75mm na links sit en die zero afstand is 200m. Nou sal die geweer slegs 38mm links skiet op 100m en weer dieselfde regs op 300m. Die hoogte kan ook op 200m gezero word. Nou is dit asof hy normaal ingestel is, synde die afwykings heel voldoende is om bladskote te skiet.

Dankie Oom Tripod. Dit settle dit. n 38mm afwyking op 100m (en 300m) van n 200m zero is heel aanvaarbaar en meer as genoeg vir enige blad skoot. Ek sal dit beslis so vir die oom verduidelik en daar is darm nog baie tyd tot volgende jaar se seisoen vir hom om biekie daai "dwars traijek' te leer ken.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 3:38 pm
by Victor_
Victor_ wrote:Mount net die scope hoër en skiet met linker oog regsom. Op 6mmbr.com onder guns of the week is daar ‘n man met .284 Win, wat so skiet. Sal nou artikel met foto gaan soek.

Groete Victor

Sent from my iPhone using Tapatalk

http://www.6mmbr.com/gunweek063.html
6dfd7b3f-06f7-4e43-afee-5afafd9c5fbe.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 3:49 pm
by Raditipa
Victor_ wrote:

Thanks Victor, ek sal hom biekie gaan lees.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 3:54 pm
by tripodmvr
Victor_ wrote:
Victor_ wrote:Mount net die scope hoër en skiet met linker oog regsom. Op 6mmbr.com onder guns of the week is daar ‘n man met .284 Win, wat so skiet. Sal nou artikel met foto gaan soek.

Groete Victor

Sent from my iPhone using Tapatalk

http://www.6mmbr.com/gunweek063.html
6dfd7b3f-06f7-4e43-afee-5afafd9c5fbe.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk
Daardie opset werk goed vir bankskiet met 'n ligte kaliber, maar vir jag en dit met 'n 375, sal die eksentriese montering terugslag en vinnige aanle beter aanspreek.

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 4:04 pm
by heywillie
Victor_ wrote:
Victor_ wrote:Mount net die scope hoër en skiet met linker oog regsom. Op 6mmbr.com onder guns of the week is daar ‘n man met .284 Win, wat so skiet. Sal nou artikel met foto gaan soek.

Groete Victor

Sent from my iPhone using Tapatalk

http://www.6mmbr.com/gunweek063.html
6dfd7b3f-06f7-4e43-afee-5afafd9c5fbe.jpg

Vriend van my wat blind is in sy regter oog skiet ook so, van sy .22 Magnum tot 458 Lott

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 6:16 pm
by PWV
Raditipa wrote:Weet nie of dit gaan werk nie, want soos jy se is die arme oom in sy 70's en wil nie nuwe goed leer nie!!! :'( :'(
Sulke ou ballies moet maar ophou skiet! ;)
Die Oom is oud maar nog nie koud!! As ek dit vir hom sê sal hy my heelwaarskynlik n blou oog gee!!

Ek reken die oplossing om te jag is n haelgeweer met AAA's en in n hide voor sit ;D[/quote]

PWV
Profile
Location: Paarl
Age: 76
Occupation: Werkloos
Interests: Die wonders van die skepping

>:+ >:+ >:+

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 6:19 pm
by Flip Nel
Ek glo as die oom net mooi seeker maak van die afstand waar op hy skiet sal hy okay wees. Flip net so van die os op die jas is daai mooi eland bul van die ander dag se fotos al in die sout?[/quote]

Dis te warm om nou te skiet, vandag weer Foto's gaan download

Re: Hulp met off set Scope mount asb.

Posted: Tue Sep 11, 2018 6:49 pm
by Raditipa
Flip nel wrote:Ek glo as die oom net mooi seeker maak van die afstand waar op hy skiet sal hy okay wees. Flip net so van die os op die jas is daai mooi eland bul van die ander dag se fotos al in die sout?
Dis te warm om nou te skiet, vandag weer Foto's gaan download[/quote]

Mensdom daai is n mooi bul!! Kan net dink hoe hy gaan lyk as hy nog n kilo of twee optel voor winter volgende jaar.
Ja die hitte stop jag sommer gou. Ek was so twee weke trug in Vivo opsoek na n eland bul maar dit was elke dag 37-38 grade en het toe maar besluit om te los vir volgende jaar (hoopelik).