Page 1 of 1
Metode van voorstel
Posted: Mon Sep 10, 2018 10:51 am
by FrancoisW
Gaan dit nie miskien beter wees as daar n vorm is wat 'n nuwe lid invul met sekere inligting wat geplaas word met sy aansluiting nie?
Hoekom ek vra is, daar is hoeveel keer wat iemand aansluit en iewers op 'n post comment of nuwe topic begin sonder om hom self voor te stel.
Dadelik sal iemand hom wys op die reels om homself voor te stel sodat hul hom beter kan ken.
Ek stem saam met die reel, maar wragtig as iemand se ek is Francois en hou van jag op my aansluiting dan ken jy my mos nou nie.
Net om die stap te doen met sulke inligting dien mos nie 'n doel nie.
Dink net inligting soos ouderdom, jare ervaring in skiet of jag, laai jy self, skiet jy handwapen, geweer, haelgeweer, boog, watter area bly jy ens.
Help my asb reg as verkeerd is.
Re: Metode van voorstel
Posted: Mon Sep 10, 2018 1:29 pm
by Bennie Bester
Francois,
Ja ek wil jou honderd persent steun. Dit sal enige ongemaklikheid met die intrapslag weg laat. Laat die nuwe lid n verpligte vorm (profiel) invul en plaas dit op die forum. Siedaar die persoon is automaties voorgestel en niemand hoef op sy tone te trap nie.
Groete
Bennie Bester
Re: Metode van voorstel
Posted: Mon Sep 10, 2018 1:32 pm
by Dimitri
Agree with Francois. Make it part of the registration process, if possible.
These have consistently been a source of conflict on the Forum:
Not introducing oneself.
Not introducing oneself and then asking for a place to hunt.
The abrupt/rude/sarcastic manner in which people are sometimes told to go and introduce themselves.
I think there must be many people who reconsidered participating on the Forum after the "welcome" they received. I think it was worse in the past.
Re: Metode van voorstel
Posted: Mon Sep 10, 2018 3:29 pm
by Carl
Stem saam. Dit was altyd lekker om Landbouweekblad se by die opsit kers te lees. Man jy kon baie uitvis van 'n dametjie deur net daai kort sin of twee te lees

"Soekie van Soekmekaar. Ek hou van dans, perdry, musiek. Ek is 85kg 5'2"

Ek kannie kook nie maar leer vinnig."
Re: Metode van voorstel
Posted: Mon Sep 10, 2018 4:14 pm
by Krobb
Carl wrote:Stem saam. Dit was altyd lekker om Landbouweekblad se by die opsit kers te lees. Man jy kon baie uitvis van 'n dametjie deur net daai kort sin of twee te lees

"Soekie van Soekmekaar. Ek hou van dans, perdry, musiek. Ek is 85kg 5'2"

Ek kannie kook nie maar leer vinnig."
Hulle het dan ook altyd afgesluit met " Geen kansvatters nie!"
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Metode van voorstel
Posted: Mon Sep 10, 2018 4:37 pm
by Riaan Kriel
Carl wrote:Stem saam. Dit was altyd lekker om Landbouweekblad se by die opsit kers te lees. Man jy kon baie uitvis van 'n dametjie deur net daai kort sin of twee te lees

"Soekie van Soekmekaar. Ek hou van dans, perdry, musiek. Ek is 85kg 5'2"

Ek kannie kook nie maar leer vinnig."
Jaaa... was die goeie ou dae.. deesdae adverteer/kompeteer hulle sommer op TV by "Boer soek 'n vrou"
Goeie idee Francois, dan kan die inligting gebruik word om die plek van verblyf ook op te dateer sonder om almal daarop te wys of dit by amper elke advertensie te moet vra
Re: Metode van voorstel
Posted: Tue Sep 11, 2018 1:53 pm
by Johann Marais
Man ek het nou regtig iets nodig gehad om my sin vir humor te herwin vandag.... Baie dankie!
Ek stem ook saam. Dit maak dit ook meer persoonlik as onpersoonlik.
Re: Metode van voorstel
Posted: Tue Sep 11, 2018 3:05 pm
by tripodmvr
Heinrich is besig om die moontlikhede te ondersoek en sal binnekort sy bevindinge openbaar maak.
Re: Metode van voorstel
Posted: Wed Sep 12, 2018 7:06 am
by FHM
FrancoisW wrote:Gaan dit nie miskien beter wees as daar n vorm is wat 'n nuwe lid invul met sekere inligting wat geplaas word met sy aansluiting nie?
Hoekom ek vra is, daar is hoeveel keer wat iemand aansluit en iewers op 'n post comment of nuwe topic begin sonder om hom self voor te stel.
Dadelik sal iemand hom wys op die reels om homself voor te stel sodat hul hom beter kan ken.
Ek stem saam met die reel, maar wragtig as iemand se ek is Francois en hou van jag op my aansluiting dan ken jy my mos nou nie.
Net om die stap te doen met sulke inligting dien mos nie 'n doel nie.
Dink net inligting soos ouderdom, jare ervaring in skiet of jag, laai jy self, skiet jy handwapen, geweer, haelgeweer, boog, watter area bly jy ens.
Help my asb reg as verkeerd is.
Baie goeie idee!

Re: Metode van voorstel
Posted: Wed Sep 12, 2018 10:45 am
by jaracal
Daar is nie 'n plek om die inligting te versoek met registrasie nie. Dit wil voorkom of ek in die programmering sal moet ingaan.
Ek dink ons kan die manne versoek om dit by hulle "SIGNATURES" by te voeg.
Groete
Re: Metode van voorstel
Posted: Wed Sep 12, 2018 12:54 pm
by FrancoisW
jaracal wrote:Daar is nie 'n plek om die inligting te versoek met registrasie nie. Dit wil voorkom of ek in die programmering sal moet ingaan.
Ek dink ons kan die manne versoek om dit by hulle "SIGNATURES" by te voeg.
Groete
Kan daar nie net dan by registrasie 'n voorbeeld gegee word vir die nuwe aansluiting om hulself voor te stel nie?
Of die ouens wat die nuwe man so gretig aanvat omdat hy nie homself voorstel nie, kan miskien eerder die ou vra wat hy van hom wil weet.