Page 1 of 1
Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 1:49 pm
by GreyGhostGear
Dag manne,
Waar begin 'n ou kyk of waarna kan ons kyk vir 'n lekker stel radios vir n jag groep van so 4 pelle.
Basies iets wat ons net elke jaar 'n paar keer op jagtrips kan gebruik.
Baie plase in die Oos Kaap en Karoo het nie radios nie en ons het die jaar weer gesien radios sou baie handig te pas gekom het in 'n paar situasies.
Nou nie iets moerse fancy nie, maar darem ordentlik om mekaar darem te kan opvang en wat nou nie gaan breek na 2 trips nie. Kyk na 'n stel van 4 radios.
Sal enige raad of insette waardeer..dankie- Petrie.
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 2:03 pm
by Kubus
Petrie, ek het dieselfde probleem gehad.
Toe koop ek vir my by Outdoor Warehouse 3 Zartek 748 radios op n "special" teen R850 elk.
Normale verkoopprys R999. Hulle is lekker klein en opvangs is fantasties (tot 8 km self getoets)
Jy kan nie verkeerd gaan nie. Hulle is online ook beskikbaar.
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 2:05 pm
by tripodmvr
Kyk by wish.com as jy goedkoop radios soek. Geen waarborg van my kant dat hulle werk nie.
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 2:06 pm
by Basjan123
Ons gebruik die Kirisun radios, ons het 'n hengse klomp(20) aangekoop en gevra dat die radio's almal met mekaar kan praat. Beste belleging ooit. Ek ken nie nou die model no uit my kop nie. As jy in die reeks no belangstel laat weet my maar..........
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 2:13 pm
by Jaco vdW
Petrie, kyk ook na Vratvark se radios. Hulle maak n goeie verskeidenheid. Ons het die jaar met die ystervark weergawe in die Oos-Kaap gewerk, en hulle het goed gewerk.
Sent from my ALE-L21 using Tapatalk
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 2:17 pm
by Dumbluck
Ek het 5 Bosvark radios wat ek al a paar jaar gebruilk. Werk lekker vir 4x4 trips en as ons 'n paar voertuie saam weggaan op vakansie.
http://www.repeater.co.za/product/rts-d ... way-radio/
https://www.vratvark.co.za/product/bosvark-radio/
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 2:23 pm
by Apie
Basjan123 wrote:Ons gebruik die Kirisun radios, ons het 'n hengse klomp(20) aangekoop en gevra dat die radio's almal met mekaar kan praat. Beste belleging ooit. Ek ken nie nou die model no uit my kop nie. As jy in die reeks no belangstel laat weet my maar..........
Ek stem saam op die Kirisun radios
Dis basies Kenwood radios wat van patent af gegaan het.
Ons 4x4 Klub en Offroad Marshall Unit ouens het al van hul vir meer 10 jaar.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 3:01 pm
by Viking
Petrie,
Hier by my lê 10 Bell modelle met herlaaiers wat stof vergader.
Bell radios.jpg
Bell Twin Pack 2-Way Radio
Keep In Touch At Up To a 5Km* Range. Take It On Picnics , Hiking, Skiing, Camping Trips, To The Beach, Shopping Mall and Always Stay Connected
FEATURES
Up to 5 Kilometer Range
8 Channels
LED Torch Function
PTT Function
Electronic Volume
Channel Scan
Monitor Function
Call Tone Function
Automatic Squelch
Low Battery Alert
Key Tone Function
External AC-DC Charger Pod
ICASA Approved
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 3:04 pm
by cobus s
Hulle almal stukkend Viking?
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 3:04 pm
by Viking
Nee het nog Desember gebruik op kamptrip
Beste vermaak om die vrouesn met mekaar te laat gesels in die ry.
Kinders word by kampterrein besig gehou...en die Pa's speel saam!
Aanvanklik gekoop vir jaggroep, maar nie almal wil radios in die veld gebruik nie.
Die jaghuis waar ons oornag het nie krag om die batterye te herlaai nie - maar stelle kan gewone AAA batterye ook gebruik.
Ek het net gatvol geraak om die radios en batterye uit my sak te moet voorsien!
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 3:09 pm
by cobus s
OOM Viking,
Jammer vir my swak maniere.
Het Oom n Pm gestuur.
Groete
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 3:31 pm
by GreyGhostGear
Viking wrote:Petrie,
Hier by my lê 10 Bell modelle met herlaaiers wat stof vergader.
Bell radios.jpg
Bell Twin Pack 2-Way Radio
Keep In Touch At Up To a 5Km* Range. Take It On Picnics , Hiking, Skiing, Camping Trips, To The Beach, Shopping Mall and Always Stay Connected
FEATURES
Up to 5 Kilometer Range
8 Channels
LED Torch Function
PTT Function
Electronic Volume
Channel Scan
Monitor Function
Call Tone Function
Automatic Squelch
Low Battery Alert
Key Tone Function
External AC-DC Charger Pod
ICASA Approved
Middag oom, ek is in Durbanville, ek sal graag wil kyk na die outjies as dit reg is met oom?
Baie dankie,
Petrie.
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 3:50 pm
by Viking
Petrie,
Vat die lot en laai hulle en toets - dan kan jy besluit!
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 3:58 pm
by cobus s
As Petrie nie belangstel hou ons op hoogte asb
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 7:52 pm
by BSniperEM
Ons gebruik hierdie al vir 5 jaar.
As julle elk R700 las en ken iemand wat van UK af kom SA toe, dan kos die stel so R2800.
Motorola TLKR T80 Quad Pack
Re: Tweerigting radios vir pelle jag groep gesoek asb?
Posted: Mon Sep 03, 2018 8:12 pm
by junglejulian
Die Bosvark,vratvark en yztervark radios word verskaf deur RTS repeater in Senekal Vrystaat.hul is ook in Kloppers in bloem en knysna/George beskikbaar.koste beloop vanaf R600-R1800.met n versterker antenna op 1 radio in n bakkie verdubbel die praat afstand sommer.ek het n mengsel van die ouer vratvarke en nuwer yztervarke en hul werk baie goed.almal het li-ion herlaaibare batterye met kar en desktop chargers
Meeste lisensie vrye radios soos die Motorola.rts tipe en Kirisun radios werk op dieselfde band/golflengte en kan met mekaar praat.
Gee my n lui as ek jou kan help.ek het al redelik almal probeer en klaar skoolgeld betaal
084592 6299