Page 1 of 1

.22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 9:53 am
by ruaanb
More manne,

Hoe en waarmee maak jy 'n .22 mee skoon? Ek is geleer jy maak hom nooit skoon nie :confused:

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 9:57 am
by BeesBreet
Ek het myne vir die eerste keer skoon gemaak omdat doppies nie meer wou eject nie. Soos normaal skoongemaak, borsel en trisoil lappie dan droë lappies tot loop skoon is, het extractor met carb cleaner gespuit en met tandeborsel en lap bygekom.

Sal hom skoon maak as hy weer pla, maar dit gaan weer n lang ruk vat

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 10:38 am
by Philip J
ruaanb wrote:More manne,

Hoe en waarmee maak jy 'n .22 mee skoon? Ek is geleer jy maak hom nooit skoon nie :confused:
Ek is dieselfde geleer. Myne is wel n baie eenvoudige enkelskoot. Ek dink nie die loop is al ooit skoongemaak nie. Lyk nie of dit sy akkuraatheid enigsins affekteer nie.

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 10:46 am
by alecjohnson
Jy maak net skoon as iets nie lekker is nie

Ek het koolstof en lood verwyderings middel wat ek op pistool en .22 gebruik, maar .22 nog net 2 keer skoon gemaak en dan vat dit daai arme .22 2-3 boksies om weer te begin groepeer so ek los die skoonmaak om geld te spaar.

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 11:03 am
by Meteor
Ek maak net skoon as ek hom pas gekoop het of hy doppies sleg voer.

Ek spuit Ram op 'n lappie en stoot dit 1 of 2 keer. Dan stoot ek lappies tot hulle skoon uitkom.

As ek hom pas gekoop het los ek die Ram in vir 'n uur of twee voor ek skoon stoot.

Die slot en aksie maak ek met Ram en 'n tandeborsel borsel skoon.

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 11:18 am
by andre007
Die rede hoekom n punkie twee2 se loop vir ewig hou is oor die waslagie wat die koeeltjies die loop mee smeer, man wil die lagie nie uithaal nie, ek haal maar growe vuilgoed met nylon borsel uir en maak veral die area skoon waar die koeeltjie die doppie se bek verlaat. Hulle hou daarvan om daar n roet ringetjie te maak.

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 11:27 am
by Yogi
Ons het ou .22 wat ek vermoed skoon gemaak moet word. As jy deur die loop kyk is daar geen rifling te sien nie, is glad binne. Vermoed dit is lood wat opgebou het. Jy kan lappies deurstoot tot dit skoon uitkom, sien nog steeds geen rifling. Op oorseese forums gelees jy moet hidoperoksied gebruik om die lood los te maak. Het iemand dalk ander raad want ek kan nie glo jy skiet 'n .22 se loop uit nie.

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 11:57 am
by heywillie
Yogi wrote:Ons het ou .22 wat ek vermoed skoon gemaak moet word. As jy deur die loop kyk is daar geen rifling te sien nie, is glad binne. Vermoed dit is lood wat opgebou het. Jy kan lappies deurstoot tot dit skoon uitkom, sien nog steeds geen rifling. Op oorseese forums gelees jy moet hidoperoksied gebruik om die lood los te maak. Het iemand dalk ander raad want ek kan nie glo jy skiet 'n .22 se loop uit nie.
Probeer Iosso bore paste met koper borsel en lappies

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 2:25 pm
by Yogi
heywillie wrote:
Yogi wrote:Ons het ou .22 wat ek vermoed skoon gemaak moet word. As jy deur die loop kyk is daar geen rifling te sien nie, is glad binne. Vermoed dit is lood wat opgebou het. Jy kan lappies deurstoot tot dit skoon uitkom, sien nog steeds geen rifling. Op oorseese forums gelees jy moet hidoperoksied gebruik om die lood los te maak. Het iemand dalk ander raad want ek kan nie glo jy skiet 'n .22 se loop uit nie.
Probeer Iosso bore paste met koper borsel en lappies

Dankie, ek sal probeer.

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 2:45 pm
by Meteor
As mens .22 smoothbore Google kry mens baie modelle wat so uitgekom het. Miskien is joune so een.

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 3:10 pm
by tripodmvr
Ek stoot deesdae net 'n droë lappie deur om die was uit die kamer te kry en die ergste koolstof te verwyder. Affekteer nie die akkuraatheid nie.

Re: .22 skoon maak

Posted: Mon Sep 03, 2018 9:11 pm
by Klein Chris
Probeer Edd's Red. Haal lood lekker uit die rollie se loop

Re: .22 skoon maak

Posted: Wed Sep 05, 2018 8:16 am
by OomMatt
Self ook baie min my .22 skoon gemaak.
Net as probleme is met in of uit van doppie , dan gou so paar lappies deur loop , en daar gaan ons al weer

Re: .22 skoon maak

Posted: Thu Sep 06, 2018 8:45 am
by JTM
Ek het maar net 'n boresnake deurgetrek om enige los material te verwyder. Ruaan, jy kan myne kom haal. Ek gebruik dit nie meer nie en lê in my kas wat ek moet leeg maak.