Page 1 of 1

Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Fri Aug 31, 2018 12:40 pm
by Harambe
Ek het Maandag agter in iemand vasgery en nou staan my enjinkap met so effense knop. Nie te erg nie, maar dit lyk nie mooi nie. Is daar enige boererate om die ding self meer reguit te buig? My bybetaling is R5100 en ek is vas oortuig die herstelwerk gaan minder kos, so ek sou dit self wou aanpak. Daar is geen ernstige knakke nie en geen verf is beskadig nie. En dan is dit natuurlik 'n aluminium kap want ek is fĂȘnsie.

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Fri Aug 31, 2018 12:57 pm
by tripodmvr
Die naam aluminium maak jou geskatte bedrag van R5100 tot niet.

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Fri Aug 31, 2018 1:11 pm
by Gawie(13mm)
Plaas 'n foto van voor en van die kant af.
Ek het raad, maar dan moet ek eers sien hoe die skade lyk.

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Fri Aug 31, 2018 1:14 pm
by tripodmvr
Gawie, bommie op die kap of gaan jy die Gloeiman nader trek?

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Fri Aug 31, 2018 1:22 pm
by Dumbluck
Ek het geen raad om self reg te maak nie, maar as wel dit wil laat herstel uit jou eie sak kan jy met Mike by PR Motors in Stikland gesels, dalk verras die prys jou. Ek was op 'n tyd 'n gereelde besoeker by hom vir klein werkies teen kontant pryse. My pa het nou 3 weke terug weer merkies op sy bakkie en my ma se kar laat mooi maak vir min geld.

082vier5nege nege253

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Fri Aug 31, 2018 1:36 pm
by tripodmvr
Ek wou die privaat gebruik van 'n duikklopper ook voorstel, maar DL ken jou area en het 'n baie sinvolle voorstel gemaak.

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Fri Aug 31, 2018 2:03 pm
by Apie
tripodmvr wrote:Gawie, bommie op die kap of gaan jy die Gloeiman nader trek?
Gawie is te lig, selfs vir aluminium....


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Fri Aug 31, 2018 2:45 pm
by LoopSoosStroop
Koop my Forester, sy bonnet is nog reguit.

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Fri Aug 31, 2018 8:36 pm
by Harambe
Skuus vir die wag, hier's 'n foto. Sal definitief daai ou in Stikland probeer.

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Fri Aug 31, 2018 8:38 pm
by Harambe
Dumbluck wrote:Ek het geen raad om self reg te maak nie, maar as wel dit wil laat herstel uit jou eie sak kan jy met Mike by PR Motors in Stikland gesels, dalk verras die prys jou. Ek was op 'n tyd 'n gereelde besoeker by hom vir klein werkies teen kontant pryse. My pa het nou 3 weke terug weer merkies op sy bakkie en my ma se kar laat mooi maak vir min geld.

082vier5nege nege253
Dankie.

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Sun Sep 02, 2018 6:50 pm
by Harambe
LoopSoosStroop wrote:Koop my Forester, sy bonnet is nog reguit.
Miskien eendag. Hoeveel wil jy vir hom he?

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Thu Sep 06, 2018 12:50 pm
by Smittie86
Jammer. Ek di k die R5100 bybetaling is n goeie kopie as ek die engin kap so beloer. Daar is dieper skade. Is nie net die enginkap nie.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Herstel van geringe skade aan enjinkap

Posted: Thu Sep 06, 2018 1:28 pm
by LoopSoosStroop
Harambe wrote:
LoopSoosStroop wrote:Koop my Forester, sy bonnet is nog reguit.
Miskien eendag. Hoeveel wil jy vir hom he?
R65k