Page 1 of 1
Tikka Sneller probleem
Posted: Fri Aug 31, 2018 12:10 pm
by Malan123
Die laaste ruk gee my tikka se sneller probleme. Indien ek hard oorlaai engage die sear nie en die skoot gaan af. As ek stadig en saggies oorlaai werk hy 99% van die kere. Ek het die spring al op sy styfste so dit is nie dit nie.
Waarna kan ek nog kyk?
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Fri Aug 31, 2018 12:24 pm
by Gawie(13mm)
Haal hom af van die geweer en was hom met kragparrafien of petrol. Dit haal al die jellie en fyn stof af. Gebruik gravietpoeier vir "smering" en probeer weer.
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Fri Aug 31, 2018 12:33 pm
by Malan123
Thanks Gawie, sal hom probeer en laat weet. Eks al redelik gatvol
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Fri Aug 31, 2018 12:36 pm
by tripodmvr
Die spuitblikke vir remskoene of enjin skoonmaak sal ook die spinnerakke mooi uitblaas en hulle is nie so giftig met die reuke soos petrol nie.
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Fri Aug 31, 2018 1:18 pm
by Malan123
Dankie Oom Driepoot. Is dit sommer iets wat ek by hardeware winkel soos builders kan koop?
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Fri Aug 31, 2018 1:39 pm
by tripodmvr
Midas of ander winkels soos Game, Makro of P&P het gewoonlik op die rak. Groot spuitblik wat olie goed verwyder en gou droog word.
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Fri Aug 31, 2018 3:44 pm
by Geno
https://img2.bobsbmw.com/8d37508d7f3c24c.jpg
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Fri Aug 31, 2018 3:45 pm
by Malan123
Dankie manne. Sal hom gaan soek ini shop
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Fri Aug 31, 2018 4:26 pm
by Riebeeker
Brake Cleaner
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Fri Aug 31, 2018 7:52 pm
by Arnold
Iets soos hierdie//uploads.tapatalk-cdn.com/20180831/6448a85ad44b9ec405eb97f5e702bd54.jpg
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Mon Sep 03, 2018 4:30 pm
by Malan123
Hy maak nogsteeds dieselfde...
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Mon Sep 03, 2018 4:40 pm
by Malan123
Die sneller lyk of hy reg is. Kan dit die slagpen wees? As ek stadig toe maak is hy 100. As ek hom hard slaan dan gaan hy af
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Mon Sep 03, 2018 4:44 pm
by Gawie(13mm)
Malan123 wrote:Die sneller lyk of hy reg is. Kan dit die slagpen wees? As ek stadig toe maak is hy 100. As ek hom hard slaan dan gaan hy af
Ek vernoed die probleem sal by die sneller lĂȘ.
My goeie vriend Chevvy se muilperd 300 het net so gemaak. Ek het 'n stywer veer in gesit. Dit smaak my hy skop nog net so, maar ten minste verras hy jou nie meer as jy die slot toemaak nie.

Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Mon Sep 03, 2018 4:54 pm
by Malan123
Hahahaha. Ek sal die oorspronklike veer terug sit en kyk of hy dan wil werk
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Mon Sep 03, 2018 7:28 pm
by Malan123
Gawie, lyk of jy reg is oor die veer. lees dit nou op amerikaanse forums ook raak. Dankie vir die hulp almal
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Tue Sep 04, 2018 7:26 am
by Malan123
Rookie mistake. Pennetjie was verkeerd om

Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Tue Sep 04, 2018 8:06 am
by Gawie(13mm)
Malan123 wrote:Rookie mistake. Pennetjie was verkeerd om

.....en dit is die rede hoekom daar 'n waarskuwing en 'n vrywaring op sommige gewere se lope gegraveer is.
Dit is ook die rede hoekom HOWA sy snellers verander het na die HACT. Hy werk of hy werk nie.
Malan, ek berispe jou glad nie. Dankie vir die les wat ons kon keer uit jou ervaring.
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Tue Sep 04, 2018 8:46 am
by Malan123
Wanneer ek begin karring is gewoonlik wanneer goed ophou werk

. Maar dis maar hoe mens leer ook!
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Tue Sep 04, 2018 12:46 pm
by ruaanb
Joune is gelukkig net 'n verkeerd om pennetjie.....my vrou se skottelgoedwasser werk nie meer nie.....
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Tue Sep 04, 2018 7:34 pm
by Diesel Dog
ruaanb wrote:Joune is gelukkig net 'n verkeerd om pennetjie.....my vrou se skottelgoedwasser werk nie meer nie.....
Staak jy dan Ruaanb!
DD
Re: Tikka Sneller probleem
Posted: Tue Sep 04, 2018 9:01 pm
by ruaanb
oplas ja