Page 1 of 2
MAUSER AKSIE
Posted: Tue Oct 13, 2009 10:11 am
by BLOK
NOU JA SEKER N VREESLIKE DOM VRAAG WAT EK NOU GAAN GEE, MAAR IS GLAD NIE VERTROU MET DIE AKSIE VAN DIE NUWE VEKTOR 300h&h WAT EK SOPAS GEKOOP HET NIE.
DIE GEWEER GISTER GEKRY NA JARE SE WAG VIR MY LIKS. MAAR LYK MY NA DRIE JAAR SE STAAN HET DIE HANDELAAR OM NOOIT EERS PROBEER AFSTOF NIE. NOU JA DIS HOEKOM EK NOU IN PANARRIE SIT.
GISTERAAND TERWYL EK DIE SLOTAKSIE SKOONMAAK EN SUKKEL OM AL DIE GRIESERIGE STOF UIT AL DIE GAATJIES PROBEER KRY DRUK EK PERONGELUK DIE RETAINING PIN (WAT EK NIE VAN GEWEET HET) OP N MANIER DAT DIE SLOT SLUIT. NOU MY GROOT VRAAG WAT MY AL VAN GISTER 3UUR AG LAAT SUKKEL HOE KRY JY DIE SLOT OM TE ONTSLUIT.
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Tue Oct 13, 2009 11:11 am
by WillJak
Blok verduidelik so bietjie meer - wat bedoel jy met die "retaining pin" en waar sit hy op die aksie en wat bedoel jy met die slot het gesluit - sit hy toegemaak in die aksie en jy kry hom nie oop nie?
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Tue Oct 13, 2009 11:22 am
by Francois Marais
Blok
Jy is nou geblok my maat. (Sorry, konni hom laat glip nie

)
By die handelaar moes jy n sleuteltjie gekry het saam met jou gun, so n halfmaan vormige afferietjie, wat jy dan van agter op die slot insteek en die ding ontsluit. Moennie hom try force nie, gaan net jou slagpen/slot beskadig.
As jou handelaar jou nie kan help nie, probeer vektor self, die sleutels is almal dieselle en hulle moet daanvan he.
Hoop jy kom reg, sleg om met n geweer buite die kluis te sit wat toegesluit is
Mooi loop
Francois
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Tue Oct 13, 2009 12:02 pm
by BLOK
NEE EK HET DIE SLOT UIT DIE AKSIE UIT GEHAAL EN TERWYL EK AAN SY ONDERKANT AL DIE OU GRIES UITKRAP HET EK DIE RETAINING PIN (DIE PENNIEKIE AAN DIE ONDERKANT WAT MET N SPRING MEGANISME WERK) IN GEDRUK OM LANGS HOM SKOON TE MAAK TOE SKUIF HY DIE COCKING SLEEVE WAT NOU EK NEEM AAN IN DIE POSISIE IS ASOF DIE GEWEER OORGEHAAL IS.
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Tue Oct 13, 2009 1:28 pm
by Francois Marais
Blok
Jy het my nou bietjie verloor, die meeste van vandag se aksies, "cock on opening" so die slot moes gecock gewees het teen die tyd wat jy hom uit die aksie gehaal het. Wat ek aanneem wat gebeur het is dat die slot se cocking piece teruggespring het in die "relax" posisie, dieselle posisie wat dit in is sou dit in die aksie huls wees nadit dit n patroon geskiet het. Nou wil die slot nie terug in die huls gedeelte in nie. Is dit jou probleem???
Laat weet dan help ek verder.
Mooi loop
Francois
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Wed Oct 14, 2009 8:28 am
by BLOK
Francois
Dit is presies soos jy beskryf het wat gebeur het, maar hoe nou gemaak om hom weer in die geweer te kan kry.
BLOK
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Wed Oct 14, 2009 9:35 am
by Francois Marais
Blok
Hou die slot in jou linker hand, die bolt handle moet na links wys en die slot se kop moet weg van jou af wys, maw die slot le nou op sy rug. Vat n stewige platpunt skroewedraaier, of stukkie flat bar, en kyk aan die agterkant van die slot, bo soos jy hom nou vashou, is die gedeelte wat aan die sneller meganisme hak as jy die geweer sou laai. Hak jou s/draaier of flat bar hier en trek die slagpen terug na jou toe, daardie slagpen veer is hand en jy moet soma lekka sterk vat, trek hom terug vir ongeveer een sentimeter en draai hom ver genoeg na regs om net net te hak, meeste slotte het n klein holte op die huls waar die slagpen moet wees. Die slot sal dalk noggie wil heel ingaan nie, kyk dan maar net na jou slagpen agter en skuif hom meer links/regs om mooi in sy rail te laat pas.
Hoop jy kom reg, laat weet as jy sukkel, sal nog probeer help.
Mooi loop
Francois
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Wed Oct 14, 2009 11:28 am
by BLOK
Francois
Dankie jou raad gevolg hom maar in n lap in die skroef vas gedraai want daai veer so hard jyt twee hande nodig, ook maar n klein skroewedraaier en n grote gebruik.
Maar dankie vir jou hulp hys nou weer reg.
Blok.
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Wed Oct 14, 2009 12:14 pm
by Francois Marais
Blok
PLESIER, bly ek kon help, geniet hom.
Mooi loop
Francois
Mauser kaliber vraag
Posted: Fri Jan 08, 2010 7:12 am
by Plasmodium
More manne.
Ek is nuut op die forum. Ek het gister my eerste geweer gekry. Dit is 'n baie mooi 8 x 57 Mauser (eintlik 7.9mm) Ek het al lankal herlaai dies gekoop, maar dis 8.2mm. Ek sien die 7.9mm (.318) is die ouer weegrawe as die 8.2mm (.323). Ek het ook 'n kluis vol (7.9mm) army ammo gekry, asook 'n paar bokse Kynoch 7.9mm 227 grein jag ammo.
waar kry ek (nuwe) ammunisie vir die wapen? Die herlaaiers se eks op my eie... Wapenwinkels verkoop net 8.2 x 57 ammo.
wat nou gemaak? Of hou ek maar net die gun om nog ander lisensies te kry?
Johann
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Fri Jan 08, 2010 11:55 am
by DSBW
Probeer Rosenthal (Kaap of Windhoek), "many moons ago" het hulle nog albei aangehou, weet nie nou meer nie.
Dawie
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Fri Jan 08, 2010 6:19 pm
by WillJak
"Slug" eers die loop op daai geweer - die kanse is baie goed dat hy 8.2 mm (.323) gaan wees - die omskakeling is lank terug al gemaak op die militere gewere ook. Jy kry nog .318's maar oor die algemeen is hulle .323. Die .318 was die sg 8x57J en die .323 die 8x57S - op 'n stadium het jy JS ammo gekry - wat so tussen die bottel en die label was en nie regtig akkuraat in enige van die twee was nie. Die ammo is ook redelik afgelaai vir ingeval jy hom in die J loop skiet, waarvoor hy effens te groot was en kon druk probleme veroorsaak.
As jy .318 ammo by Rosenthals kry is die kanse baie goed dat dit ou militere ammo is wat met Berdan primers gelaai is - en die goed is baie "corrosive" - so maak maar vinnig skoon na die skiet. Jy kan ook 'n tool koop of laat maak om die Berdans uit te haal as jy wil herlaai, maar dis amper makliker en smyt net die doppe weg...
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Fri Jan 08, 2010 8:06 pm
by Plasmodium
Baie dankie vir die info. Ek sal julle laat weet wat ek uitgevind het.
Is dit die moeite werd om 'n silencer op daai Mauser te sit? Ek verkies om te jag met 'n silencer. Waar kan ek dit laat doen? Ek sal nie graag die gun wil wegstuur nie, en kan miskien die skroefdraad in ons dorp laat sny en dan seker net die regte grote knaldemper bestel?
Ek het net 2 dae terug my lisensie vir die gun gekry!!! Daar is nog baie om te leer vir my......
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Sat Jan 09, 2010 7:41 am
by britsman
Plasmo,
Vra vir Terminator hier op die forum
http//jaracal.com/index.php?action=profile;u=381 . Seker 50% van die aktiewe forum lede gebruik sy dempers. Beter is daar nie.
mooi Loop,
ou brits
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Sat Jan 09, 2010 9:17 pm
by Plasmodium
Dankie ek sal!
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Tue Feb 16, 2010 6:50 pm
by Plasmodium
Hi Almal! Ek het nou net uitgevind dat daai Mauser van my die 7.9mm is, so geen herlaai vooruitsigte vir my nie. Wat moet ek doen? Ek het redelik ammo, maar dis ou army ammo, en 'n paar boksies Kynogh 227 grein sagtepunte. Moet ek 'n 8.2 mm loop laat opsit? of moet ek maar net 'n nuwe 30-06 koop en klaarkry?
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Tue Feb 16, 2010 10:19 pm
by WillJak
Plasmodium, jy't 'n paar opsies - kyk vir punte, kry een van daai tools om die Berdans te trek en herlaai. Anders kyk vir 'n 8x60 loop - dis presies dieselfde ding, sy kamer is net 3mm langer gesny (daar was baie surplus 8x57's na die oorlog maar jy mag nie 'n weermag kaliber besit het nie, toe maak die manne maar so) en hulle was almal 8.2mm - jou aksie bly dieselfde. Of, soos jy s?, sit hom 'n 30-06 loop op. Persoonlik sou ek eers al daai ou ammo opgebruik het en dan plan gemaak het - doen nou al aansoek om die loop te verander en terwyl jy wag skiet jy die ou ammo op....

Re: MAUSER AKSIE
Posted: Wed Feb 17, 2010 6:49 am
by Beyers
Ditto
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Wed Feb 17, 2010 7:10 am
by Plasmodium
Dankie! Ek gaan so maak! Ek gaan die ammo die winter uitskiet, en dan daai loop opsit. Groete
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Sun Mar 07, 2010 7:04 am
by Plasmodium
Hi Almal.
Ek het gister baie lekker geskiet met daai 7,9mm Mauser. Die army ammo gooi hy so teen 2450fps, en die sagtepunt Kynogh 227 grein teen so 1950fps.
Eks heel tevrede met hom vir jag doeleindes. Ek gaan nou punte soek, en sien dat GS custom bullets .318 punte het, teen so R450 vir 50. Weet iemand van julle dalk waar ek miskien bietjie goedkoper punte kan kry in ons land vir teiken skiet? Ek wil ook weet of ek 8.2mm doppe kan gebruik om te herlaai?
Ek het die 8.2mm (.323) die set van Lee, sal ek dit kan gebruik om hierdie .318 kaliber te herlaai?
Dankie.
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Sun Mar 07, 2010 7:59 am
by Spanner
Plasmodium wrote:
Dankie! Ek gaan so maak! Ek gaan die ammo die winter uitskiet, en dan daai loop opsit.
As jy ander loop gaan opsit, moet jy nie weer deur die hele bl?rrie lisensie-aansoek storie gaan nie ? Selfs al is dit dieselfde kaliber kort jy nuwe lisensie, of hoe verstaan ek die dinge ?
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Mon Mar 08, 2010 8:41 am
by Plasmodium
Ja, soos ek verstaan is dit basies 'n nuwe lisensie aansoek...met motivering en als.
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Mon Mar 08, 2010 9:04 am
by Beyers
Plasmodium
Quest het punte, mens moet net bietjie werk om hulle te laat groepeer. Ek het amper moed opgegee, maahet met die tpl begin resultate kry.
Beyers
http://www.questbullets.com/
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Mon Mar 08, 2010 9:45 am
by tafjak
Spanner
Jou wapensmid kan 'n aansoek doen om ou/foutiewe te laat vervang en dit neem glad nie lank nie. Het al gesien dat die goedkeuring binne 14dae opdaag en dan is dit afgehandel.
Re: MAUSER AKSIE
Posted: Mon Mar 08, 2010 11:02 am
by Plasmodium
Baie dankie vir die goeie raad! Ek gaan bietjie kyk wat ek kan uitrig.