Page 1 of 1

Koe?l ontwerp -

Posted: Sat Oct 15, 2011 7:46 pm
by Biltongjagter
Talle koe?l vervaardigers ontwerp jagkoe?ls wat soms meer en ander weer minder suksesvol is in die jag van wild.

Ek het al baie gewonder of die vervaardigers wat minder suksesvolle koe?l ontwerpe op die mark plaas, werklik ernstig is in hulle pogings om die jagter van net die beste te voorsien?
Of is dit dalk 'n kwessie van 'n ekonomies vatbare slenter waarmee hulle vorendag kom net tot voordeel van hulle eie sak?

Hoe sal mens ooit weet!
Na my mening is gesonde verstand en 'n gesonde kennisvlak van koe?ls en hulle bewese vermo?ns met betrekking tot interne, eksterne en terminale ballistiese behalings, die enigste basis waarop die werklik ernstige en verantwoordelike jagter, hom kan beroep. Gesonde oordeel sal hier die koring van die kaf skei.

Kyk na hierdie foefie van Hornady -
308 Win 168 gr Z-MAX? en paar ander kalibers in handwapen koe?ls ook -                                                                                                                      http://www.hornady.com/store/308-Win-168-gr-Z-MAX/                                                             
Dit is nou goedkoop, sensasie tipe koe?ls wat ek wonder wie wat mee sal skiet!!!???

Ek vind dit moeilik om enigsins respek te h? vir 'n maatskappy en sy produkte wat so blatant belaglik in hulle optrede is.

Hoe sien ander jagters dit?

Groete,
Koos.

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Sat Oct 15, 2011 8:01 pm
by Flip Nel
Ek dink baie companys sal hulle siele verkoop vir geld.  Die gemorst is iemand gaan daai ammo koop en op bokke gebruik, en dan nie verstaan hoekom hulle kwes nie.  Of iemand dink dit is 'n joke en skiet iemand anders daarmee.  Gee party ouens 'n paar kappe in en so iets gebeur maklik

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Sun Oct 16, 2011 7:55 am
by pietjacobs
;D ;D ;D ;D ;D

Ek dink dit is skerp van Hornady se kant af. Bietjie humor. Wonder wie het dit al probeer bestel  ;)

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Sun Oct 16, 2011 8:48 am
by VdWalt
Ludwig wrote:
Enigiemand wat dit lees kan mos sien dit is as 'n gekskeerdery bedoel?
Hiehie - behalwe as jy aan Zombies glo!

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Sun Oct 16, 2011 8:50 am
by Jagtersdok
Ek dink hulle het duidelik klaar paar manne hier uitgevang.

Vreeslik skerp. Koos jammer maar jyt verniet ontstoke geraak. Dit is als een vet grap ;D

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Sun Oct 16, 2011 8:53 am
by Frikkie Coetzee
Piet

Ek stem saam. Dit is duidelik n grappie. Haloween is groot in Amerika en ek dink dit is n baie interssante en skerp bemarkings strategie.

Een van die dae is daaardie koels versamelaars items en dan sien ons wie dink dit was n simple idee.

Ek verskil egter met die idee dat n Vervaardiger soos Horbady enige iets sal doen om net te verkoop. Die VSA se mark is baie kompeterend en as jy swak produkte voorhou sal jy vinnig dit optel aan jou verkope en negatiewe publisiteit. Die Amerikaners is nie n " vat wat jy kry mark" nie maar baie eerder bied aan die klient wat hy wil he tipe mark.

Ek is baie erg oor Hornady produkte. ( het hulle begin gebruik oor ek nie Speer kon kry nie, vat wat jy kan kry????) en ek het baie goeie resultate ondervind. Skiet NET Hornady se 239 gr SST in my 7x57 AI en 55gr V max in my 223 en 87gr VMAX in my een 243.
Ek is baie gelukkig met die resultate.

As die Zombies kom pla hoop ek net die RSA het so paar pakkies Z MAX vir my ;)
Groete Frikkie

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Sun Oct 16, 2011 9:37 am
by Biltongjagter
Dit is als een vet grap  ;D
Grap of te nie, enige vervaardiger van produkte wat w?reldwyd bemark word, moet ook in ag neem dat wat in sy plaaslike mark aanvaarbaar en as humor beskou sal word, nie noodwendig elders in sy markgebied so gesien sal word nie.
Haloween beteken vir my en talle ander absoluut niks.

Maar nou ja, as net die malles bestellings by hulle plaas, kan dit al hulle advertensiekoste plus dek  :laugh:

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Sun Oct 16, 2011 8:38 pm
by Jaco Swart
Ek sien een Zombie wat gevang is ;D

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Mon Oct 17, 2011 1:04 pm
by Biltongjagter
En die Zombie gevang lyk nogal vrek bekend ook!

Image  ;)

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Tue Oct 18, 2011 6:05 pm
by Jaco Swart
Nee wat ou Koos. Jy het jou naam zombie gemaak. Aanvaar dit en gaan maar aan met jou lewe ;)

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Tue Oct 18, 2011 7:48 pm
by Biltongjagter
"Heellooo, I stay here because
I'm crazy not STUPID!"

:laugh: :laugh: :laugh:

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Tue Oct 18, 2011 8:30 pm
by Christo
Jaco Swart wrote: Nee wat ou Koos. Jy het jou naam zombie gemaak. Aanvaar dit en gaan maar aan met jou lewe ;)
;D Jy het 'n PUNT beet

Re: Koe?l ontwerp -

Posted: Tue Oct 18, 2011 9:08 pm
by Monrique (SJ)
Ai ai ai!!!