Page 1 of 1
Probleem op 308
Posted: Sun Aug 26, 2018 8:25 pm
by Conna Howa
Naand manne, ek post namens 'n vriend. Hy het die naweek bietjie gaan skiet en 'n probleem gekry met sy 308 se scope. Hy sê op 100m skiet die geweer laag en regs. Toe hy probeer opsteel, het hy geen meer clicks oor gehad nie. Wat kan die probleem wees? Al waaraan ek kan dink is die voorste en agterste Ringe was om geruil met die op Sit van die scope. Hy het nie 'n picatinny rail op nie.
Re: Probleem op 308
Posted: Sun Aug 26, 2018 10:25 pm
by Gawie(13mm)
Naandsê.
Sonder inligting oor die maak en model van die geweer en die tipe basisse en ringe, is jou kanse om 'n reguit antwoord te kry maar skraal. Ek kan jou verseker dat die teleskoop skeef op die geweer sit, maar dit sou 'n blinde man vir jou oor die telefoon kon sê.
'n Paar foto's sou al help.
Re: Probleem op 308
Posted: Mon Aug 27, 2018 6:46 am
by Armand Steenkamp
Probeer die ringe omruil
Groetnis
Re: Probleem op 308
Posted: Mon Aug 27, 2018 10:17 am
by Flip Nel
Laat hy 'n paar foto's neem dat mens kan sien waaroor dit gaan.