Page 1 of 5
Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Aug 24, 2018 3:46 pm
by win270
Sommer 'n onderwerp waarby meeste van ons seker baat sal vind . . .
https://www.netwerk24.com/Weg/Toerustin ... e-20160909
Lyk my sekelbos is 'n goeie opsie.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Aug 24, 2018 3:49 pm
by win270
Hier die artikel as jy wil "download".
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Aug 24, 2018 3:51 pm
by Lourens Potgieter
Volgens my dennetolle. Groot geword daarmee.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Aug 24, 2018 3:52 pm
by Ratel
Ek weet nie van die beste nie maar ek gebruik sekelbos. Daardeur ondersteun ek darem ook die boere wie die sekelbos ontbos. Ek sal egter nie omgee om van Geno se kameeldoring te kan koop nie.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Aug 24, 2018 3:56 pm
by DriesdlR
Ek het n vriend wat elke maand Streepsakke hardekool van die plaas af bring.
Hy tel alles langs sy drade op en maak skoon anders klim die volk deur en oor sy drade om te steel en beskadig die grensdrade
Ek kies hulle daarna n kameeldoring en sekelbos!
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Aug 24, 2018 4:00 pm
by 308Win
Wattel, Sekelbos, kameel, rooipitjie, rooibos, pruim, haakbos, doringhout, mopanie en selfs mieliestronke as dit nodig is.
Hang af van waar ek my begewe.
Maar braai gaan ek braai.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Aug 24, 2018 4:30 pm
by PWV
308Win wrote:Wattel, Sekelbos, kameel, rooipitjie, rooibos, pruim, haakbos, doringhout, mopanie en selfs mieliestronke as dit nodig is.
Hang af van waar ek my begewe.
Maar braai gaan ek braai.
Mooi, man. Dit is die regte antwoord!!! Ou wat nie hierby kan inval nie, moet maar gaan doppies blaas!
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Aug 24, 2018 8:13 pm
by Gawie(13mm)
Akker hout. Veral daai lekker dik spye van die rooiwyn vate.
Veral as jy van die gebruik waarin hul 'n lekker sagte Merlot verouder het. 'n Lekker vet staan-rib wat langs so 'n vuur staan is doek-sag.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Aug 24, 2018 10:03 pm
by jankraay
Fruitstar in Eshowe het destyds suurlemoen bome afgesaag van n ou boord en ons het baie lekker met daai hout gebraai. Dit het die vleis n baie lekker smaak gegee en die rook het net so lekker geruik.
Dalk nou nie hout wat mens elke dag sal raakloop nie maar as julle van dit kan kry is dit die moeite werd om te koop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sat Aug 25, 2018 8:25 am
by johans
ek braai baie,3keer n week.en ek weier om met charcoal te braai.ek het al die volgende gebruik;
bloekom(die swakste)
black wattle
druiwestokke
kameeldoring
soetdoring(baie goed)
wilger
stronke(jy moet vinnig braai)
perskeboom
dennehout
sekelbos
vir my is daar niks wat kom by besembos knolle nie.min mense sal hom ken,dis die wortel vd besembos.hy maak sulke groot knolle.en as dit brand in die berg sal jy hom ook nie doodspuit met n brandspuit nie
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sat Aug 25, 2018 11:07 am
by andre007
Hier innie Oos Kaap loop Doringhout en Besembos stompe soos n jet
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sat Aug 25, 2018 11:12 am
by Frederik
Rooibos gemeng met mopane my gunsteling.
Hardekool word te warm en rooibos het vir my die perfekte hitte tussen in sekelbos werk ook mooi maar hy raak vir mynte vinnig klaar na hy top hitte bereik het.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sat Aug 25, 2018 11:14 am
by JohanvB
Ek het gevind dat die hout wat jy verniet kry, die lekkerste braai!!

Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sat Aug 25, 2018 12:09 pm
by spekieries
Frederik, my ooms en neefs in die bosveld, naby Louis Trichardt, glo ook Rooibos is die beste braaihout in die bosveld.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sat Aug 25, 2018 4:34 pm
by Capt. Yoda
Huidiglik braai ek met woolies charcoal,diep lekker. Moet maar kyk laat ek paar sakke van Geno se pa af kan kry laat ek die fk weet soos n mens kan braai weer
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sun Aug 26, 2018 1:01 pm
by Swede
Lyk vir my braaihout is soos rooiwyn!
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sun Aug 26, 2018 6:37 pm
by JK
Lyk my niemand het met Mopanie al gebraai nie, is een van die beteres. Hardekool en Kameel is dalk bietjieste hard en geneig om as te maak wat die kool smoor.
Maar ek ry maar altyd na paar sakke donkie balle saam, want die meeste hout is as voor die vleis gaar is.

Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sun Aug 26, 2018 7:06 pm
by DWB
Mopani!
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sun Aug 26, 2018 7:22 pm
by Kaalvoetthysie
Is ook maar 'n sekelbos fan, maar die dunner takke, nie die stompe nie.
Sent from my F8331 using Tapatalk
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sun Aug 26, 2018 7:36 pm
by Hein M.
Destyds het jy waboom daar in die Sederberge gekry. Sy stompe is 'n uitstaande braaihout. So ook taaiboshout.
Doringhout wat lekker droog is loop ook mooi.
Mooi aand!
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Mon Aug 27, 2018 8:06 am
by Carl
Capt. Oblivious wrote:Huidiglik braai ek met woolies charcoal,diep lekker.
Yuppie braaier!

Maar ek stem die groot sakke restaurant kwaliteit werk. Ek ondersteun die Sekelbos ontbossers, dalk eendag kan ons weer lekker jag in die Thabazimbi bosveld. Dit is braai vir 'n goeie doel.

As kind het ons baie in die Mopani omgewing gejag en waar daar baie is, is dit 'n goeie braai hout.
Ek het lekker gebraai op die plaas met Witgat/Matopi en so paar ander stompe wat mens optel, daar is 'n ander reuk aan daai hout wat my vir altyd aan my pa herinner.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Mon Aug 27, 2018 8:38 am
by Wouter Roets
More Manne
Ons is natuurlik verskriklik geseen met n wye verskeidenheid van hout keuses hier in die noorde van die land. Ons tak bestuurder hier in Irene maak so elke paar maande n bestelling op so tussen sy vriende wat hy dan weer op sy beurt weer by n ou vriend van Tabazimbie plaas. Nou die hout is hoofsaaklik snuifpeul met so hier en daar n paar stukke sekelbos by om basies die snuifpeul aangesteek te kry. Nou kom ek vertel julle dat ek dink dit is seker die lekkerste braaihout daar buite. Ek was so beindruk dat ek n hele interlink van die hout bestel het.
Groetnis
Wouter
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Mon Aug 27, 2018 8:45 am
by blaser
wouter
hoe is die hout verpak en wat is die prys
ek soek ook
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Mon Aug 27, 2018 10:58 am
by Wouter Roets
Blaser
Dit is verpak in redelike groot plastiek sakke. Julle kan dit kry waarvoor ek betaal het nl R15-00 n sak. O-ja en die hout is lekker droog, nie hierdie nat crap wat n mens langs die pad koop nie.
Groetnis
Wout
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Mon Aug 27, 2018 11:48 am
by blaser
ek sal graag 66 sakke wil he
ek bly omtrend binne julle yard in irene so ek kan dit daar optel
dankie