Page 1 of 1
222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 12:56 pm
by baboonstalker
Ek het nou net met CFR in PTA gepraat en my .222 se lisensie is op die 5de Oktober goedgekeur! (3.5 maande na ek sy aansoek ingedien het)
Nou sal ek maar vannaand 'n paar koe?le moet instamp en m?re 'n skoot of twee gaan skiet

(en die papierwerk klaarmaak vir die plankgeweer sodat ek sy aansoek Maandag kan inhandig.
Aansoek het so geloop:
- My dokumente is op die 17de Junie 2011 by my plaaslike DFO ingehandig vir nuwe lisensie aansoek (222 rem.)
- update 27-06-2011: het vandag gehoor my aansoek is op die 23ste in die Kaap ontvang. Hulle moet nou "quality control" doen en dan na Pretoria stuur vir verwerking.
- Update 11-07-2011: Aansoek l? steeds by provinsiaal (Kaap)
- Update 19-07-2011: Aansoek is gister by CFR in PTA ontvang
- Update 31-07-2011: Aansoek was laas aan gewerk op die 20ste Julie. Die persoon wat die navraag hanteer het reken hy sal binne 'n maand afgehandel wees. (volgens sy ondervinding??)
- Update 14-10-2011: Aansoek is op die 5de Oktober goedgekeur. Kaartjie word nou geprint!

Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 12:58 pm
by Geno
Geluk Pieter!
Geniet daai gunnetjie!
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 1:09 pm
by Gerhard
Geluk man
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 1:12 pm
by BLOK
Baie geluk, darem n lekker gevoel as hy goedgekeur is.
Blok
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 2:12 pm
by FE
Blok, die lekker gevoel kom nog, as hy daardie eerste skoot af trek!
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 2:17 pm
by MJK
Geluk Pieter
Sal more kom kyk hoe lyk sy!
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 2:30 pm
by BLOK
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 2:31 pm
by 243Songdaug
Baie geluk ou Pieter! Dinge loop nou mooi
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 3:00 pm
by Lourens
Geluk BS, dis 'n lekker gevoel as daai liksense so vinnig deurkom....
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 3:41 pm
by Christo Els
Baie geluk met daardie een
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 5:00 pm
by Vurkster
Baie geluk broer'
Nuwe aansoek vir my .308 is twee maande terug ingehandig...hopelik is ek ook so gelukkig!
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 5:18 pm
by Hein M.
Geluk Pieter!
Hoop jy geniet die 222! Ek moet ook eersdaags aansoek doen
Groetnis!
Hein
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 6:32 pm
by DWB
Geluk ou Pieter!
Ek is bly jy kon daai een kry
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 6:59 pm
by Christiaan
Baie geluk, ek kan eerlikwaar se ek weet hoe jy voel. Het my 222 se aansoek ingedien 18 Julie by Brooklynn, Pretoria. Het vanmiddag oppad huistoe n sms gekry ek kan my kaartjie kom optel.
Hulle is more oop, so ek kry my so n bietjie voor joune
222 groete
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 7:56 pm
by Pvdw
Geluk man. Ek het my 223 aansoek 22 Junie ingegee en is op 4 Oktober goedgekeur. Ek wag ook nou vir die kaartjie
Ek is in elk geval nou so besig op naweke dat ek gaan sukkel om gou by skietbaan uit te kom so 'n week of 2 se wag gaan my nie doodmaak nie.
Ek is net baie bly hy is deur die proses en dar hy goedgekeur is.
Peet
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Fri Oct 14, 2011 8:08 pm
by Christiaan
Geluk aan jou ook Peet,
My lisensie was blykbaar die 27 Sept goedgekeur. So dit lyk my dis ongeveer so 3 weke se wag vir die kaartjie
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Sat Oct 15, 2011 9:38 am
by WillemS
Pieter
Baie geluk!!! Dis darm lekker speelgoed. Wat gaan sy dieet wees? Ek skiet die 50gr noslers met so 22.8gr S321 teen so 3140ft en wat 'n plesier! Geniet hom!!
Willem
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Sat Oct 15, 2011 4:35 pm
by baboonstalker
Dankie manne, ek sal hom virseker geniet.
Ek het gedink om die 22 hornet op 40gr, die 222 op 50gr vmax'e en die 223 op 55gr balistic tips te sit. Op die stadium gooi ek 50 gr'ers in die 223 maar ek dink hy kan beter doen met 55's
Groete
Pieter
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Sun Oct 16, 2011 6:47 pm
by Gerhard
Het die groepie die naweek van die skiet stoel geskiet op 120 meter.
40gr Nosler BT's
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... LmpwZw.jpg[/img]
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Sun Oct 16, 2011 6:57 pm
by Beretta
Gerhard
Moet nie vergeet om 40gr vmax te gooi nie hulle praat mooi in my 222
Beretta
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Sun Oct 16, 2011 6:59 pm
by Gerhard
Beretta,
Ek het nog klompie 50gr VMax en SP's
Ek sal hulle eers jag voor ek ernstig begin speel met die 40gr's
Nou doen ek lading ontwikkeling
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Sun Oct 16, 2011 7:05 pm
by Beretta
Gerhard
In my 222 is die 40gr vmax by verre die beste noem die punt en gewig en ek het hom getry reeds op my tweede loop.
Beretta
Re: 222 Lisensie goedgekeur!
Posted: Sun Oct 16, 2011 7:54 pm
by Gerhard
Wat maak die 40gr op n jakkals?
Wat se spoed kry jy op die 40gr?
Wat is jou ladings vir die 40gr?
Dalk maak jy die ontwikkeling van ladings somme lekke kort...