Page 1 of 1

Gesoek: Geweer sak

Posted: Thu Aug 23, 2018 3:23 am
by Klein Karoo
More Manne,

Ek is opsoek na n geweersak, soos die VORTEX RIFLEBAG - kry nie handelaars wat die sakke aanhou nie, kan julle my dalk in die regte rigting stuur asb, ander voorstelle sal ook welkom wees.

Vereistes: groot genoeg vir geweer, ammunisie, bipods, cleaning kit, verkyk goed ens, as dit kan dubbel as n skiet mat sal dit n bonus wees.

Groete.

Re: Gesoek: Geweer sak

Posted: Thu Aug 23, 2018 5:46 am
by Klein Chris
Kyk op junkmail. Daar is n ou wat pasmaak sakke maak

Re: Gesoek: Geweer sak

Posted: Thu Aug 23, 2018 7:33 am
by thys308
Ek sal jou kan help dalk. Gevestig in Malmesbury en ek het die sak middel Aug gemaak vir my. Dubble geweersak met 10mm jointex aan kante en tussen gewere en kan gebruik word vir skiet mat ook. Kyk fotos aangeheg.
Kan maak vir jou lengte geweer met kneldemper ens.[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201808 ... 821a51.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201808 ... fcd017.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201808 ... 59727c.jpg[/IMG]

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Re: Gesoek: Geweer sak

Posted: Thu Aug 23, 2018 7:46 am
by ruaanb
thys308 wrote:Ek sal jou kan help dalk. Gevestig in Malmesbury en ek het die sak middel Aug gemaak vir my. Dubble geweersak met 10mm jointex aan kante en tussen gewere en kan gebruik word vir skiet mat ook. Kyk fotos aangeheg.
Kan maak vir jou lengte geweer met kneldemper ens.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180823/71bd4a863493c059ad30485fd1821a51.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180823/1e0a8501a8c14a1748e72d2f6efcd017.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180823/5566b453fcf5cc0002d3b4d7e459727c.jpg

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Re: Gesoek: Geweer sak

Posted: Thu Aug 23, 2018 8:56 am
by nols
Ramon in welkom, van RS het baie lekker geweer sakke, in laasmaand se magnum het hulle een getoets. Skakel hulle gerus, 0573553304 of 0829072231

Sent from my S30 using Tapatalk

Re: Gesoek: Geweer sak

Posted: Thu Aug 23, 2018 9:14 am
by heywillie
Ek weet Peregrine het lekker dubbel geweer sakke met 'n skouer band ook.
Soortgelyk aan die een in die foto
j3kszbyss1gs2ylbmrt1gydhKRUGER HUNTING SAFARIS RIFLE BAG.png

Re: Gesoek: Geweer sak

Posted: Thu Aug 23, 2018 9:27 am
by Klein Chris
Wat prys die peregrine sakke?

Re: Gesoek: Geweer sak

Posted: Thu Aug 23, 2018 10:19 am
by NicovanderMerwe
Manne, ek het ook gesoek en gesoek tot ek die regte ding kry. Twee gewere is bietjie swaar, in een sak. Aanwending dus beperk. Maar die sakke wat Herman Rademeyer maak is 'n copy van die sniper dragbag van VSA se patroon. Ek het vir my een gekoop teen R2500. Dit is regtig ordentlik, stewig en regtig prakties. Die beste wat ek nog gesien het. Ek is nou so bly ek het by die regte een uitgekom ek sal nog koop en hom sterk aanbeveel. Hy is êrens in die Kaap 0713600277. Die ding kan jy agter op die bakkie gooi, vasmaak op 'n motorfiets, hy is baie stewig.

Re: Gesoek: Geweer sak

Posted: Thu Aug 23, 2018 11:36 am
by heywillie
Klein Chris wrote:Wat prys die peregrine sakke?
Jy sal moet bel en hoor, sien niks op website nie