Page 1 of 1

Savage LRP

Posted: Fri Aug 17, 2018 4:17 pm
by Albert_7
Hi Manne

Ek beoog om 'n LRP in 6.5 CM of .260 te koop en wil graag hoor wie hier het 'n so geweer en wat julle ondervinding is.

Hoor graag van julle

Groete
Alberg

Re: Savage LRP

Posted: Fri Aug 17, 2018 5:43 pm
by Henlo
Koop maar eeder n howa

Re: Savage LRP

Posted: Fri Aug 17, 2018 5:48 pm
by Albert_7
Neem aan jy het probleme met joune gehad?

Re: Savage LRP

Posted: Fri Aug 17, 2018 8:03 pm
by Raditipa
Ek het biekie gesukkel met my LRP's uit die boks uit. Die savage competition accutrigger wou net nie reg werk nie. Hy het elke nou en dan "gelock" as jy hom trek en het net gewerk as die sneller reedelik swaar gestel was. Ek het met die savage man by huntex (2016) gesels oor die probleem en daar was besluit om die sneller te vervang. Die nuwe sneller was beeter maar het nogsteeds nie 100% gewerk nie. Die oplossing was n nuwe Rifle Basix Sav2. Die HS kolf was baie goed maar het my nie lekker gepas nie. Op die einde van die dag het dit my n klompie tyd en geld gekos om die geweer te kry soos ek hom wou he. As ons lisensie proses soortgelyk was aan Amerika het ek hom heel waarskynlik verkoop en net vir my n Tikka T3 Varmint gekoop.
Die werk wat in die LRP in gegaan het was,
1) GRS Beserk kolf
2) Aksie full length bedding
3) Rifle Basix Sav2 snelle
4) Nightforce 20moa rail en ringe
5) Vortex PST 6-24 EBR2
6) Atlas bipod
Na die skiet hy n hond uit n bos uit.

Re: Savage LRP

Posted: Sat Aug 18, 2018 7:12 am
by SakoTrippel2
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=28971

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=26587

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=14578

Sy looks het aanvanklik my oog gevang en toe ek die bogenoemde skakels/artikels lees was dit 'n uitgemaakte saak......

Ek het een in 243Ackley... Myne is nie eers Gebed nie en as ek my kant bring skiet hy darm bitter mooi...die storie met die sneller het my al oorgekom maar net omdat ek hom hopeloos te lig gestel het... 'n raps "stywer" en hy maak nie so nie.... Ekt ook 'n klein swart sponsie onder die slot geplak op die kolf waar hy toe maak.

Myne hou van die loop vuil.... Maak net elke 200 of so skote ordentlik skoon... Eerste 10 of so daarna lyk soos 'n haelgeweer dan settle hy weer.

Hys nou op 900 243Win skote en 650 Ackley skote.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180818/010f4393258aff90831bad6a8a685246.jpg

Die was begin van die jaar met om en by 1300 skote deur.

Groete
Frans