Page 1 of 1

Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 6:05 am
by geelslang
Goeie dag almal

Ek is tans in die mark vir 'n rangefinder. Ek skiet nie juis verder as 600m nie en wil darm 'n springbok kan range op daardie afstand. Ek sou graag 'n Leica 1600 model wou aanskaf maar soos julle weet is hy van die mark af.

Sal die Leupold Rx 1600 TBR 'n goeie alternatief wees of knyp ek oë toe en koop maar een van die Leica 2000 modelle?

Groete
Geelslang8

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 6:36 am
by Sangoma (IAN)
Buy once cry once.

Ek was gelukkig om n Leica 1600 tweede hands op te tel vir n bargain en baie gelukkig met hom. Shop rond, hulle kom so nou en dan op.

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 6:55 am
by Geno
Die Leica 2400R kom binnekort land in en behoort rondom R8600 te kos. Dit sal met gemak springbokke kan range op 600m en selfs op 1000m

Edit:
Ek het tans die 2700B en het voorheen die 1600R en 1600B gehad. Die 2700b is verskriklik nice en range baie vinniger as sy voorgangers. Ek vermoed hul sal selfde tegnologie in die 2400R sit.

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 9:10 am
by Malan123
Eks in dieselfde bootjie. Besluit nog tussen die leica en Sig kilo 2200...

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 9:22 am
by ruaanb
Ek het die Sig Kilo 2000 2de hands hier op die forum gekoop by iemand. Springbokke maklik gerange op 600m uit die hand uit op 600m met ons onlangse jag. Ek moet hom nog verder toets hopelik die naweek.

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 9:35 am
by Sako75
Spaar en byt vas tot jy die regte ding kan koop. Vir my werk die roete altyd beter. Volgende seisoen is nog entjie weg.

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 2:48 pm
by Koos Barnard
Ek kan maar net aansluit by Geno. Het altyd 'n 1600 Leica gebruik. Nou het ek die 2700-B en glo my dis 'n bul!
Mooi loop

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 3:15 pm
by Jaco B
Ek het die 1600B tweedehands gekoop en is nog nie n dag spyt nie.
Ek het hom vergelyk met my vriend se Leupold 1000 TBR en die Leica skop gat.

Spaar en koop eenkeer.

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 3:56 pm
by Wildjagter
Geelslang

Ek het daai Leupold 1600TBR onlangs aangeskaf en is baie gelukkig. Onlangse jag maklik springbokke verder as 600m gerange uit die hand en hy gee vinnig afstande terug. Het hom vir n baie goeie prys gekry en dus het ek vir hom gegaan op daai stadium. So ek sal nie huiwer as ek jy is om een te kry nie (indien prys reg is).

Maar mens kan nie verkeerd gaan met Leica nie. So nou en dan verkoop iemand een hier tweedehands, so wag maar as jy wil.

Soos ouens se....koop een keer reg.

Sterkte

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 4:06 pm
by geelslang
Ek het toe vanmiddag die Leica 2700-B gekry vir 'n goeie prys by Kloppers in Bloem. Glo ek sal nie spyt wees nie!

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 4:11 pm
by Springkudu
Jy kan nou nie ons so los sonder om die goeie prys bekend te maak nie

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 4:18 pm
by Capt. Yoda
Hulle verkoop hom vir R9990 as ek dit nie mis het nie, amper wat Geno vra saam met n bracket

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Aug 16, 2018 4:38 pm
by Smitstertjies
Kry sommer klaar by Geno n bracket en n teleskopiese monopod. Dis al wanneer jy regtig daai 2700 tot sy volle glorie gaan laat kom. Jy kan nie hom stil genoeg met die hand hou as jy oor 1000m range nie. Ek het laasweek bokke tot 1800 meter gerange met myne.

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Thu Oct 04, 2018 12:12 pm
by Geno
Geno wrote:Die Leica 2400R kom binnekort land in en behoort rondom R8600 te kos. Dit sal met gemak springbokke kan range op 600m en selfs op 1000m

Edit:
Ek het tans die 2700B en het voorheen die 1600R en 1600B gehad. Die 2700b is verskriklik nice en range baie vinniger as sy voorgangers. Ek vermoed hul sal selfde tegnologie in die 2400R sit.
Die 2400R is in die land.
R8550.00

Groete

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Sun May 26, 2019 10:50 pm
by Arnold
Het julle manne al terugvoer oor die 2800.com? Werk hy R5000 beter as die 2700B?

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Mon May 27, 2019 4:19 am
by Sangoma (IAN)
Het die naweek my 2700B probeer in mis (fog). Werk glad nie.....

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Mon May 27, 2019 7:14 am
by tripodmvr
Laser strale kom nie terug na die eenheid nie = geen funksionaliteit.

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Mon May 27, 2019 7:54 am
by Arnold
Sangoma (IAN) wrote:Het die naweek my 2700B probeer in mis (fog). Werk glad nie.....
Ek het dieselfde probleme met alarm beams in die mis ;)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Rangefinder keuse ?

Posted: Wed May 29, 2019 5:45 pm
by Arnold
Arnold wrote:Het julle manne al terugvoer oor die 2800.com? Werk hy R5000 beter as die 2700B?
Iemand met terugvoer?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk