Page 1 of 1

AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Wed Aug 15, 2018 1:47 pm
by airhunter
Verledejaar Desember bederf ek myself met n AIM kolf van Geno af.
Die kolf werk goed en ek gebruik dit suksesvol. Lateraan ondervind ek probleme met raakskiet en blameer myself maar.
Voorlaas Saterdag is ek, George en Paul op die baan en stel n magneto speed op (of strap hom aan).
Ek probeer my slot uithaal maar selfs met die wangstuk heel onder steek die slot vas.
Na n effense gesukkel is die slot uit. Ek kyk deur die loop om seker te maak ek skiet nie die chrony vlenters nie. Ek kyk in my recoil pad vas?
Ek besef daars groot fout. By nadere ondersoek vind ons dat die kolf "slap" is (geraak het) oor die pistool greep.

Ek neem n video van hoe die kolf flex en vra dadelik vir Geno raad.
Geno verduidelik sy huidige situasie met AIM en forward dadelik die video na Werner toe en Werner se besonderhede na my toe.
Ek maak kontak met Werner. Hy sê hy weet alreeds van die probleem en hy gaan dit dadelik uitsorteer. Watter kleur soek ek die vervangings kolf in?
Hy verduidelik dat dit n heel begin kolf is wat ek gekry het en dat hulle daardie probleem ondervind op die eerste model kolwe.
Hy onderneem om die eerste kolf wat beskikbaar raak te kleur na my smaak en aan te stuur.

Gister oggend kry ek n WA met foto van Postnet waybill.

Dankie Werner dit word hoog op prys gestel.
Dankie Geno vir jou onmiddelike reaksie en hulp.

Julle twee is CHAMPS ;D

Groete

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Wed Aug 15, 2018 1:50 pm
by Springkudu
2 Nuwe kolwe in een jaar se tyd, lekker!!!!

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Wed Aug 15, 2018 1:52 pm
by Swede
moes nie al daardie eerste modelle "recall" gewees het net?

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Wed Aug 15, 2018 2:02 pm
by airhunter
Swede wrote:moes nie al daardie eerste modelle "recall" gewees het net?

Dit mag so wees en was dalk?
Hoe dit ookal staan. Ten minste weet mens as jy n probleem het sal Werner na jou kyk?

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Wed Aug 15, 2018 2:10 pm
by Swede
airhunter wrote:
Swede wrote:moes nie al daardie eerste modelle "recall" gewees het net?

Dit mag so wees en was dalk?
Hoe dit ookal staan. Ten minste weet mens as jy n probleem het sal Werner na jou kyk?
Is so!!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Wed Aug 15, 2018 2:57 pm
by LUAN
Hy het myne ook vervang en dis nice. Ek kan net nie verstaan hoekom hy nie die wangstuk daai bietjie korter kon gemaak het? As die wangstuk bietjie uitgeskroef is kan ek nie die slot uithaal. En mens wil tog jou wangstuk posisie hou. Ek wil nie elke keer die wangstuk afskroef om die slot uit te haal as dit tyd is vir skoonmaak. Het hy dan nooit n howa aksie in die kolf gesit en als getoets voor hy die kolf in produksie sit? Dit sou die logiese ding gewees het om te doen maar nou ja...

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Wed Aug 15, 2018 3:11 pm
by airhunter
Luan. As jy n handige ou is met n Dremel en n klein pyp snyertjie kan jy jou posisie merk. Haal die wangstuk uit en gebruik die klein pypsnyertjie om n behoorlike haaks "ring" te merk om die pilaartjies. Maak nou met die dremmel n groefie in elke pilaartjie en skuif n O-ring oor. Nou jan jy die wangstuk verwyder en terugsit in dieselfde posisie elkekeer.

Ek besef n mens wil nie noodwendig modifikasies maak op goed nie maar soms is dit al wat oorbly.
Sans dit is ek hopeloos gelukkig met my kolf.

Lekker braai in die Baai

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Wed Aug 15, 2018 3:56 pm
by LUAN
airhunter wrote:Luan. As jy n handige ou is met n Dremel en n klein pyp snyertjie kan jy jou posisie merk. Haal die wangstuk uit en gebruik die klein pypsnyertjie om n behoorlike haaks "ring" te merk om die pilaartjies. Maak nou met die dremmel n groefie in elke pilaartjie en skuif n O-ring oor. Nou jan jy die wangstuk verwyder en terugsit in dieselfde posisie elkekeer.

Ek besef n mens wil nie noodwendig modifikasies maak op goed nie maar soms is dit al wat oorbly.
Sans dit is ek hopeloos gelukkig met my kolf.

Lekker braai in die Baai
Nee Dirk dis wat my ballas lam maak as jy betaal vir n ding maar moet eers aan hom werk om hom te kan gebruik. En dis nie so goedkoop kolf. Maar nou ja dit daar gelaat. Dis nou my probleem. Ek het geval vir die ophef wat oor die kolwe hier gemaak was.

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Wed Aug 15, 2018 4:45 pm
by airhunter
Dink jy Werner vat notas? :P

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Thu Aug 16, 2018 12:19 am
by Nico Harris
Luan soos jy weet ek is nie meer betrokke by aim nie. Ek het intussen al n handvol kolwe gehaad waarvan meer as helfte presies dieselfde probleem gehaad het. As jou wanstuk in die regte posisie is gaan hy daai probleem hê. Ek het self kolwe gehaad waar die slotakaksie raak aan die wangstuk sonder dat ek die probeer uithaal- normale werk vorentoe en agtertoe. Daar is regtig min kolwe- IN MY OPINIE- onder 15k wat regtig perfek is .
Wat my egter nooit sal ophou vertstom van die suid afrikaanse mark nie, is dat almal soek n 20k kolf vir 7k. My aim kolf slap en met al sy kwale het gereeld groepe in die .3 moa gegee op 900yds. Self na ek hom geknak het op die pistol grip(met moeite) het sy groepering nie verswak nie. Daar is baie idees te maak vir kolf bou- tot jy self probeer- dan maak baie van die “foute” sin.
Groete

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Thu Aug 16, 2018 9:11 am
by LoopSoosStroop
Ja, daardie wangstuk wat in die pad is van die slot uithaal is maar 'n problem op baie kolwe, duurder weergawes ook.

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Thu Aug 16, 2018 12:13 pm
by cassie_calvinia
myne loop oop.
werk baie hard. niks moielikhied.
solid.

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Thu Aug 16, 2018 4:01 pm
by LUAN
Nico Harris wrote:Luan soos jy weet ek is nie meer betrokke by aim nie. Ek het intussen al n handvol kolwe gehaad waarvan meer as helfte presies dieselfde probleem gehaad het. As jou wanstuk in die regte posisie is gaan hy daai probleem hê. Ek het self kolwe gehaad waar die slotakaksie raak aan die wangstuk sonder dat ek die probeer uithaal- normale werk vorentoe en agtertoe. Daar is regtig min kolwe- IN MY OPINIE- onder 15k wat regtig perfek is .
Wat my egter nooit sal ophou vertstom van die suid afrikaanse mark nie, is dat almal soek n 20k kolf vir 7k. My aim kolf slap en met al sy kwale het gereeld groepe in die .3 moa gegee op 900yds. Self na ek hom geknak het op die pistol grip(met moeite) het sy groepering nie verswak nie. Daar is baie idees te maak vir kolf bou- tot jy self probeer- dan maak baie van die “foute” sin.
Groete
Ok nou hoe maak die fout sin dat die slot moet raak aan die wangstuk? Sekerlik kon hy die wangstuk daai bietjie korter gemaak het want niemand se wang rus daar ver voor op die kolf anyway. Verder stry ek nie die geweer groepeer mooi met die kolf.

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Thu Aug 16, 2018 4:04 pm
by airhunter
Luan as jy nou n handige ou is met n ystersaag................ :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: AIM KOLF PLUIMPIE VIR WERNER en GENO

Posted: Thu Aug 16, 2018 4:10 pm
by LUAN
airhunter wrote:Luan as jy nou n handige ou is met n ystersaag................ Image Image Image Image Image Image
Ek wil nie eintlik dit doen maar ek kan as ek wilImage