Page 1 of 1

Beursie saam met liksense gesteel....

Posted: Mon Aug 13, 2018 10:47 am
by Armand Steenkamp
Vrinne, my beursie is gister aand saa. Met al my liksense gesteel. Hoe maak n man nou? Ek voel ek wil elke jong wat ledig rondstaan tandpyn loop ge ....

Re: Beursie saam met liksense gesteel....

Posted: Mon Aug 13, 2018 10:49 am
by Flip Groenewald
Kry Polisie veklaring en mas nr en dan gaan jy na DFO toe, het twee jaar terug met my gebeur het binne 30dae nuwes gekry.

Re: Beursie saam met liksense gesteel....

Posted: Mon Aug 13, 2018 11:37 am
by Armand Steenkamp
Klink my iemand het die lee beursie opgetel. Kom ons hou maar duimvas

Re: Beursie saam met liksense gesteel....

Posted: Mon Aug 13, 2018 1:09 pm
by tripodmvr
Armand, al my lisensies is in een van my geweersakke se kantsakkie. As ek dus gaan skiet vat ek daardie sak en die kind se naam is Witwillem. Nie weer gesoek na lisensies wat so maklik wegraak nie. Om 'n foto op jou selfoon van jou lisensies te sit of te neem is ook 'n goeie idee.

Re: Beursie saam met liksense gesteel....

Posted: Mon Aug 13, 2018 6:11 pm
by Armand Steenkamp
Vrinde ek het als terug gekry. Maar nou wil ek graag hoor hoe maak julle manne. Ek koop kruit en primers so veel ek kan waar ek kan. Ek beplan nie n dag eenkeer n maand of watokal nie. Hoe maak julle manne? Kan n man nie gewaarmerkte afskrifte maak van die liksense nie? Of is wapenwinkels vol dinge?

Re: Beursie saam met liksense gesteel....

Posted: Mon Aug 13, 2018 8:34 pm
by Cobus(Cobb)
Foto op jou selfoon werk meeste van die tye....maar ek moet bysĂȘ dis by winkels waar ek gereeld kom.

Het al by n bekende ******** winkel, 5pakke primers op .22 liksens gekoop....

Cheers