Page 1 of 1

Prys per bok of per kg(vel aan)

Posted: Wed Aug 08, 2018 11:20 am
by Dolf014
Dag Vriende.

Boer no 1; Vra R35/kg vir sy blouwildebeest (met vel aan)

Boer no 2; Vra R6000 per bok vir sy blouwildebeeste.

Vergeet nou eers van die ander kostes (dagfooi, slagfooi, bakkie fooi, ens)

Waar sal jy gaan jag?

Re: Prys per bok of per kg(vel aan)

Posted: Wed Aug 08, 2018 11:33 am
by prohunt
Persoonlik by nie een van die twee nie maar boer 1 se prys per bok gaan jou heel waarskynlik goedkoper uitwerk ;) ;D

Jy kan ongeveer 10% by die rand/kg prys tel om by die karkasgewig sonder vel uit te kom, dit beteken natuurlik kop en pote af en binnegoed uit (nie seker of dit was wat jou R35/kg prys behels het nie).

Re: Prys per bok of per kg(vel aan)

Posted: Wed Aug 08, 2018 11:37 am
by Krobb
By boer 1 moet jy n wildebees skiet wat 171 kg met vel aan weeg om amper by R6000 te kom.
Boer 1 gaan vir my beter waarde vir geld wees.
As jy op enige van die twee plase wegry met n wildebees wat n 100kg met vel aan weeg gaan jy mos op plaas1 R3500 betaal en op plaas 2 R6000.
Eenvoudig gestel.

Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Re: Prys per bok of per kg(vel aan)

Posted: Wed Aug 08, 2018 11:39 am
by Chris (vdB)
Ek sal by boer nr 1 gaan jag, want dan weet jy vooraf presies wat jy per kg betaal. Het al deur die jare gesien dat n' man wat per kg vra se bokke mooi groot is en die man wat per bok vra het klein bokkies. Dit werk jou dan op die einde baie duurder per kg uit

Re: Prys per bok of per kg(vel aan)

Posted: Wed Aug 08, 2018 11:40 am
by joe rocket
Sal altyd R/kg skiet. Pryse per bok skiet die jagters net groot bokke. Dit hang ook af watter spesie gejag word. Groot Eland mag goedkoper wees per bok as per kg, maar alles hang af wat die bok se gewig is en wat die kg prys is.

Re: Prys per bok of per kg(vel aan)

Posted: Wed Aug 08, 2018 12:55 pm
by ruaanb
Per kg altyd.....R6k vir n bloue. ....nooit

Re: Prys per bok of per kg(vel aan)

Posted: Wed Aug 08, 2018 1:22 pm
by Springkudu
Verseker P/Kg

Re: Prys per bok of per kg(vel aan)

Posted: Wed Aug 08, 2018 9:46 pm
by win270
Stem saam oor die algemene advies hierbo . . . kyk egter ook na die res van jou kostes by beide boere om die uiteindelike R/kg pryse te oorweeg.

As jy R/kg gaan jag, bly weg van stokou groot manlike diere, die vleis is geneig om taaier te wees as jonger diere. Jy kry dus beter waarde vir geld om dan die beter klas vleis voor te betaal dws die jonger diere.

Re: Prys per bok of per kg(vel aan)

Posted: Thu Aug 09, 2018 7:30 pm
by Dolf014
Die rede vir my vraag; Ek het laas Saterdag oggend n blouwillem geskiet wat 174kg (vel aan ) uitgeslag het. Teen R35/kg het die bok my R6090 gekos. Na die braai het my kop gespin of ek die regte besluit geneem het. Daarom dat ek die julle opinie wou hê.

Bottom line; dit was 'n "once in a lifetime" bul. So ek gaan vergeet van die prys. Ek dink ek het n besonderse bok geskiet.

Anyway; die koel is deur die kerk (ek bedoel; deur die bok)

Re: Prys per bok of per kg(vel aan)

Posted: Thu Aug 09, 2018 8:56 pm
by snakker
So jy het R90 te veel betaal, so what? Dit kon baie anders uitgewerk het as jy nie daai once-in-a-lifetime (soos jy sê) geskiet het nie...

Sent from my Redmi Note 3 using Tapatalk